Deur : Skriba  /  November 23rd, 2014

DS JAN LANGVERLOF: 

Ds Jan neem langverlof tot 26 Desember 2014.  Ons wens hom ‘n aangename rustyd toe.

 

UITSTAANDE BASAARGELDE: 

Ons versoek u weereens vriendelik om alle u/s bedrae (basaar- lyste & etekaartjies) so gou as moontlik in te betaal.

 

SNR BURGER KERSFUNKSIE: 

Woens 26 Nov om 19:00.  Die wat wil mag hulle eie “spesiale druiwesap” saambring.

 

KATEGESE UITSTAPPIE/AFSLUITING VIR GR 4 – 10: 

Sondag 30 Nov by Tweede Tol.  Ons verskaf hotdogs en sap.  Bring swemklere, handdoeke en snoepgoed.  Die kostes is R20-00 per kind en ons vertrek almal saam om 08:30 v/a die kerk.  Navrae aan Adell Erasmus 082 925 7190.

 

GRAAD 8 – 12 TIENERKAMP NA DIE EKSAMEN!! 

Ons gaan lekker kamp by De Hoop Natuurreservaat (Potberg) v/a 5 – 8 Des.   Ons vertrek Vrydag 10:00 en sal DV Maandag ± 13:00 terug wees.  Koste is R360-00 pp wat etes en verblyf insluit.  Neem asb ‘n geldjie en/of “padkos” saam vir die pad soontoe en terug.  Inskrywingsvorms beskikbaar by ds NJ, oom Charl en die kerkkantoor.  Inskrywings moet asb voor of op Maandag 01 Desember by die kerkkantoor wees.

 

GEMEENTEBRAAI 3 DES 18:00: 

Kom kuier lekker saam as wyke en as gemeente.  Die ouderlinge sal die reëlings deurgee.

 

WILDSVLEIS: 

Die vlg wildsvleis (koedoe) is beskikbaar:  Braaiwors R60/kg; maalvleis  R50/kg; patti’s R30/pakkie van 4; sirloin R100/kg; salami’s R120 elk en skenkels R40-00/kg.  Bestellings kan by Danie Theart 084 517 2610 / 021 873 1275 geplaas word en kan daagliks tussen 11:00 – 12:00 en 15:00 – 16:00 afgehaal word by Die Sentrum.  Vir afhaal na ure kan u ook met Danie reël.

 

SOPKOMBUIS: 

Hulle benodig dringend kontant donasies en/of pakkies sopmengsels om hulle in staat te stel om sop te kan maak tot die einde van die jaar.  U kan dit by die kerkkantoor afgee.

 

NOODKAS: 

Baie dankie vir al die bydraes wat ons ontvang het!  Die situasie met ons noodkas lyk nou soos volg:  ons het voldoende rys en pasta, maar ons benodig nog spesifiek margarien, grondboontjiebotter, blikkies vleis (bully beef), blikkes vis en tuna, boksies langlewe melk, Oats pap, lekkernye soos koekoes, lekkers, aanmaakkoeldrank en jellie vir die vakansie wat voorlê.

 

BARMHARTIGHEIDSBEDIENING: 

Ons wil graag vir die 122 inwoners van Silwerkruin asook die 11 inwoners van Huis Lizelle elk ‘n pakkie tuisgebakte koekies as Kersgeskenk gee.  14 van Silwerkruin se inwoners het ook toiletware nodig.  Indien u bereid is om koekies of enige toiletware te skenk, kan u dat na die kerkkantoor bring voor of op Vry 5 Des.

 

OP SOEK NA WERK: 

Een van ons gemeentelede, ‘n gestremde vrou (sy het ‘n kunsbeen) is dringend op soek na werk (admin en/of ontvangs).  Indien u kan help, skakel asb 072 186 0560.

 

LIG & KERKBODE: 

Indien u sou belangstel om vir 2015 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 24 November.  Onthou asb dat die Lig tydskrifte goedkoper raak hoe meer ons bestel.

 

DANKOFFERS: 

Elektroniese oordragte is makliker, goedkoper en tyd- en papierbesparend.  Ons wil u aanmoedig om u dankoffer per debietorder of elektronies oor te betaal aangesien u en die kerk dan bankkoste spaar.  Vir navrae skakel Carien Grobbelaar by die kerkkantoor 021 873 2180.

 

GELOOFSBELOFTEVORMS:

Ons herinner u aan u Geloofsbeloftevorm om sendelinge finansieel te ondersteun. U kan dit in die kollektebordjies tydens eredienste plaas of by die kerkkantoor ingee.

HAM SKOENDOOSPROJEK: 

Indien u wil deelneem aan die projek, kontak Elsabe Sauerman by 021 873 3834 of stuur ‘n e-pos aan elsabe@andrewmurray.org.za  

 

G-VOUCHER PROJEK: 

Dit is v/a 24 – 28 Nov  Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos elke middag v/a 12:00.  Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104.

 

G PROJEK NUUS VIR VOOR KERSFEES: 

  • Ons kry saam met raadslid, dr Thys Smith, ‘n  besoek van die Munisipaliteit Neumarkt in Bavaria, Duitsland op Don 27 Nov om te kyk hoe ons die haweloses kos en klere gee en geestelik bearbei en die projek uitvoer. Wie weet, miskien is daar ‘n Euro of twee beskikbaar vir die projek.
  • Moederkerk se kerkraad het gisteraand goedkeuring verleen vir die ontwikkeling van ‘n boorgat op die kerkterrein wat gratis water vir die G- tuin sal kan lewer. Strome van seëninge van onder!
  • Cliffard Asia en sy span het gister begin om self die kos voor te berei by punt van diens (agter NG Moederkerk) nadat die logistiek van kos vanuit Paarl ons gekortwiek het. Ons kan dus nou kosskenkings direk ontvang soos bv pasta, blikkies vis, visolie en enigiets waarmee ons sop en bredies en pastas kan maak. Ons het ‘n yskas.  U kan dit enige weeksdag om 12:00 by die dienspunt kom aflewer.  DIT SAL KOOK as u enige bydraes kan maak!  Ons bring binnekort ‘n G Voucher resepteboek uit wat beskikbaar sal wees by Writeshoppe.(hul hou ook G Vouchers aan).  Groete en weereens dankie vir u ondersteuning.

     

NGK STELLENBOSCH MOEDERKERK / KRUISKERK EERSTEJAARSKAMP 2015:  Word aan-gebied v/a 18 – 22 Jan 2015 te Bergkroon, Wellington.  Koste beloop R550-00 (etes, verblyf en vervoer ingesluit) en registrasie vind plaas op 18 Jan 2015 by die Kruiskerk, Stellenbosch.  Vir meer inligting sien www.kruiskerk.com of kontak Dawfre Theron by 021 883 3458 / 072 969 5915 / kamp@kruiskerk.com

 

INTERKERKLIKE GEBEDSBYEENKOMS: 

Die tweede byeenkoms word beplan vir 24 Nov by “Bethel Evangelistic Band”, Vredestraat 7, Newton (Eben Smith).

 

GEBEDSIMFONIE: 

Wellington se Gebedsimfonie (interkerklike bidgroep vir herlewing en sending) vergader weer op Son 23 Nov 15:30 by Eerste laan 22.  Almal welkom. Bring ook jou eie gebeds- onderwerpe. Meer inligting ds Attie van Wijk (082 557 9796).

 

OPLEIDING VIR GELOWIGES PER KORRESPONDENSIE: 

Die Hugenote-Bybelinstituut bied in samewerking met die Sentrum vir Kontekstuele Bediening by die Fakulteit Teologie, Universiteit Pretoria per korrespondensie die volgende geakkrediteerde tweejaarkursusse aan:  Bybel- en Godsdienskunde; Christelike Nood-en-Traumaberading (ook in Engels beskikbaar); Jeugbediening; Sending; Etiek.  Die kursusse is geskik vir jongmense, tuisteskeppers, sakelui en afgetredenes. Inskrywing kan enige tyd van die jaar geskied. Navrae aan 021 864 8283 / hbi@bmedia.co.za

 

ALTA DU TOIT NASORGSENTRUM: 

Hou basaar op 29 Nov!  Lekker stalletjies, musiek asook middagete kaartjies vooraf bespreek @ R40 elk – beessosatie, wors, noedelslaai en lekker braaibroodjie. Klaar verpak!  Besprekings vir middagete by Marina marina@altadutoit.org.za / 021 913 2106.  Daar is nog stalletjie beskikbaar, indien u wil aansoek doen, kontak Lelani Vermaak  021 913 2106 / lelani@altadutoit.org.za .  Alta du Toit Nasorg het hierdie jaar weer  3 pragtige nuwegeskenkpapiere ontwerpe – hartjies, klokke en engele @ R12/rolletjie (1 m x 70cm).   Die ontwerpe kan op Facebook gesien word.  Bestellings vir die geskenkpapier ook by Lelani.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 74: Moet die jong kinders ook gedoop word?

Antwoord: Ja, aangesien hulle net soos die volwassenes in die verbond van God en sy gemeente ingesluit is (a). Ook aan hulle word nie minder as aan die volwassenes deur die bloed van Christus die verlossing van die sondes (b) en die Heilige Gees wat die geloof werk (c), beloof nie. Daarom moet hulle ook deur die doop as teken van die verbond in die Christelike kerk ingelyf en van die kinders van die ongelowiges onderskei word (d). So is dit in die Ou Verbond deur die besnydenis gedoen (e) in die plek waarvan die nuwe Verbond die doop ingestel is (f).

(a) Gen 17:7. (b) Matt 19:14. (c) Luk 1:15;  Ps 22:11;  Jes 44:1-3;  Hand 2:39. (d) Hand 10:47. (e) Gen 17:14. (f) Kol 2:11-I3.

In die Nuus