Deur : Skriba  /  December 1st, 2014

DS JAN LANGVERLOF: 

Ds Jan neem langverlof tot 26 Desember 2014.  Ons wens hom ‘n aangename rustyd toe.

 

KERKKANTOOR SLUIT: 

Die kerkkantoor is gesluit op Maandag 15 Des en v/a 22 Desember tot  2 Jan 2015.

 

UITSTAANDE BASAARGELDE: 

Ons versoek u weereens vriendelik om alle u/s bedrae (basaar- lyste & etekaartjies) so gou as moontlik in te betaal.

 

GRAAD 8 – 12 TIENER CHILL KAMP NA DIE EKSAMEN!! 

Ons gaan lekker kamp by De Hoop Natuurreservaat (Potberg) v/a 5 – 8 Des.   Ons vertrek Vrydag 10:00 en sal DV Maandag ± 13:00 terug wees.  Koste is R360-00 pp wat etes en verblyf insluit.  Neem asb ‘n geldjie en/of “padkos” saam vir die pad soontoe en terug.  Inskrywingsvorms beskikbaar by ds NJ, oom Charl en die kerkkantoor.  Inskrywings moet asb voor of op Maandag 1 Desember by die kerkkantoor wees.

 

GEMEENTEBRAAI 3 DES 18:00: 

Kom kuier lekker saam as wyke en as gemeente.  Die ouderlinge sal die reëlings deurgee.

 

HAM HUIS MOPANIE: 

Die kinders van Huis Mopanie kry hierdie jaar weer geleentheid om hulle eie Kersgeskenke te koop.  Indien u hiervoor ‘n bydrae kan maak, kan u dit by die kerkkantoor betaal.  Indien daar persone is wat bereid is om die kinders te help vergesel op hulle inkopietog, skakel asb met Charl Marais 021 864 1595 / 082 421 7921.

 

WILDSVLEIS: 

Die vlg wildsvleis (koedoe) is beskikbaar by die kerkkantoor:  Braaiwors R60/kg; maalvleis  R50/kg;  sirloin R100/kg en salami’s R120 elk. 

 

SOPKOMBUIS: 

Hulle benodig dringend kontant donasies en/of pakkies sopmengsels om hulle in staat te stel om sop te kan maak tot die einde van die jaar.  U kan dit by die kerkkantoor afgee.

 

NOODKAS: 

Baie dankie vir al die bydraes wat ons ontvang het!  Die situasie met ons noodkas lyk nou soos volg:  ons het voldoende rys en pasta, maar ons benodig nog spesifiek margarien, grondboontjiebotter, blikkies vleis (bully beef), blikkes vis en tuna, boksies langlewe melk, Oats pap, lekkernye soos koekoes, lekkers, aanmaakkoeldrank en jellie vir die vakansie wat voorlê.

 

BARMHARTIGHEIDSBEDIENING: 

Ons wil graag vir die 122 inwoners van Silwerkruin asook die 11 inwoners van Huis Lizelle elk ‘n pakkie tuisgebakte koekies as Kersgeskenk gee.  14 van Silwerkruin se inwoners het ook toiletware nodig.  Indien u bereid is om koekies of enige toiletware te skenk, kan u dat na die kerkkantoor bring voor of op Vry 5 Des.

 

UITSLAG VAN STEMMING IVM VERANDERING VAN KERKORDE ARTIKEL 1: 

KR aanbeveling op 22/9/2014:                           55 Ja     0 Nee
Gemeente stem op 5, 12, 19 & 26/10/2014:    185 Ja   58 Nee
KR  stem  op 27/10/2014:                                   64 Ja     2 Nee    (1 Bedorwe stembriefie)

GETUIENISAKSIE: 

Ons is besig om ons gemeente se bedieningslys 2015 op datum te bring.  Laat weet asb nog hierdie week indien u bediening nie op die lys is nie.   Ons wil veral gebedsgroepe byvoeg wat bereid is om nog lede in te neem.   Kontak Carina Theron by 021 864 2529 / 084 288 4259 of carina.t@ibits.co.za

 

NUUS VAN MIRIAM  NOV 2014: 

Mirriam  het die afgelope week klasgegee (Suffering & risk; security and safety on the field) wat die student insig gegee het oor wat dit behels om in Sending betrokke te wees.  Sy is baie dankbaar dat sy ‘n Afrikaanse vertaler vir die jaar van gebed vir haar Noord Afrika land, gekry het.  Sommige van hulle neem deel aan ‘n vas en gebed van nou tot einde Desember te voorbereiding vir die jaar van gebed.  Bid saam dat die Heilige Gees voorbidders wêreldwyd sal oproep tot gebed vir al die voorbereidings, vir die verskillende vrywilligers wat help met vertaling; advertensie; hulpbronne; die kindergids, ens.  Bid ook asb vir beskerming (fisies, geestelik sowel as eenheid) vir almal wat betrokke is.  Pogings in die verlede het gewys dat daar altyd sterk teenstand van die vyand is.  Sy keer terug na Suid- Afrika op 3 Desember 2014.

 

ORIËNTERINGSKURSUS VIR  SENDELINGE 23  JAN – 1 FEB 2015

Voornemende en huidige lang- of korttermynsendelinge  word uitgenooi om in te skryf vir ‘n  kort oriënteringskursus.  Die doel van die kursus is om  ‘n oorsig te gee van enkele van die mees belangrike dinge wat sendelinge moet weet, doen of bemeester ten einde ‘n betekenisvolle interkulturele bediening te bevorder.  Vind plaas by Pretoria, Potchefstroom, Kimberley of Wellington. (Die venue word bepaal deur die inskrywings.)  Die kursusfooi bedra R3 980-00 en sluit kursusgeld, akkommodasie, etes en lesingmateriaal in.  Sluitingsdatum vir aansoeke is 12 Des 2014 en taal van aanbieding is Afrikaans en/of Engels.  Vir inskrywingsvorms kontak Isebell Appolis 021 873 7664 iappollis@hugenote.com<mailto:iappollis@hugenote.com>  Vir navrae kontak  Ryk van Velden 021 864 5665 / 082 857 4368 rvanvelden@hugenote.com<mailto:rvanvelden@hugenote.com>

 

OP SOEK NA WERK: 

Een van ons gemeentelede, ‘n gestremde vrou (sy het ‘n kunsbeen) is dringend op soek na werk (admin en/of ontvangs).  Indien u kan help, skakel asb 072 186 0560.

 

DANKOFFERS: 

Elektroniese oordragte is makliker, goedkoper en tyd- en papierbesparend.  Ons wil u aanmoedig om u dankoffer per debietorder of elektronies oor te betaal aangesien u en die kerk dan bankkoste spaar.  Vir navrae skakel Carien Grobbelaar by die kerkkantoor 021 873 2180.

 

GELOOFSBELOFTEVORMS:

Ons herinner u aan u Geloofsbeloftevorm om sendelinge finansieel te ondersteun. U kan dit in die kollektebordjies tydens eredienste plaas of by die kerkkantoor ingee.

 

HAM SKOENDOOSPROJEK:  Indien u wil deelneem aan die projek, kontak Elsabe Sauerman by 021 873 3834 of stuur ‘n e-pos aan elsabe@andrewmurray.org.za  

 

NGK STELLENBOSCH MOEDERKERK / KRUISKERK EERSTEJAARSKAMP 2015: 

Word aangebied v/a 18 – 22 Jan 2015 te Bergkroon, Wellington.  Koste beloop R550-00 (etes, verblyf en vervoer ingesluit) en registrasie vind plaas op 18 Jan 2015 by die Kruiskerk, Stellenbosch.  Vir meer inligting sien www.kruiskerk.com of kontak Dawfre Theron by 021 883 3458 / 072 969 5915 / kamp@kruiskerk.com

 

OPLEIDING VIR GELOWIGES PER KORRESPONDENSIE: 

Die Hugenote-Bybelinstituut bied in samewerking met die Sentrum vir Kontekstuele Bediening by die Fakulteit Teologie, Universiteit Pretoria per korrespondensie die volgende geakkrediteerde tweejaarkursusse aan:  Bybel- en Godsdienskunde; Christelike Nood-en-Traumaberading (ook in Engels beskikbaar); Jeugbediening; Sending; Etiek.  Die kursusse is geskik vir jongmense, tuisteskeppers, sakelui en afgetredenes. Inskrywing kan enige tyd van die jaar geskied. Navrae aan 021 864 8283 / hbi@bmedia.co.za

 

In die Nuus