Deur : Skriba  /  December 7th, 2014

SPESIALE DIENSTE BY ONS GEMEENTE GEDURENDE DESEMBER 2014:

Versoeningsdag:         Gesamentlike diens om 09:00

Kersdag:                     Kersdiens om 08:00

Oujaarsdag:                Middernagdiens om 23:30

KERSLIEDERE OP DIE TREINTJIE

Ons sing Kersliedere saam terwyl die treintjie deur Wellington se strate ry.  Ons sing vir die polisie aan diens, vir Silwerkruin en vir almal wat wil luister.  Ons nooi u uit om saam met ons te kom sing – bring asb ‘n flits/koplig saam om die woorde te kan lees asook iets om oor die hooibale te gooi waarop ons sit.

LERAARSVERLOF

Ds Jan neem langverlof tot 26 Desember 2014 en ds NJ is met verlof v/a 27 Des tot 18 Jan 2015.  Ons wens hulle ‘n aangename rustyd toe.

KERKKANTOOR SLUIT

Die kerkkantoor is gesluit op Maandag 15 Des en v/a 22 Desember tot  2 Jan 2015.

UITSLAG VAN STEMMING IVM VERANDERING VAN KERKORDE ARTIKEL 1: 

KR aanbeveling op 22/9/2014:                            55 Ja     0 Nee
Gemeente stem op 5, 12, 19 & 26/10/2014:    185 Ja   58 Nee
KR  stem  op 27/10/2014:                                   64 Ja     2 Nee    (1 Bedorwe stembriefie)

G-VOUCHER PROJEK

Dit is v/a 5 – 9 Jan Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos elke middag v/a 12:00.  Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104.

HAM HUIS MOPANIE

Die kinders van Huis Mopanie kry hierdie jaar weer geleentheid om hulle eie Kersgeskenke te koop.  Indien u hiervoor ‘n bydrae kan maak, kan u dit by die kerkkantoor betaal.  Indien daar persone is wat bereid is om die kinders te help vergesel op hulle inkopietog, skakel asb met Charl Marais 021 864 1595 / 082 421 7921.

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Baie ,baie dankie aan almal in die gemeente wat saamgewerk het aan hierdie besondere geleentheid om iets vir mense te kon doen wat ’n oninteressante en eensame  Kersfees sou hê die jaar.  Deur julle toedoen kan 1035 gevangenes dmv ’n kerskaartjie kontak maak met hulle geliefdes tuis en voel dat hulle nie, oor hierdie Kersseisoen, in die gevangenis vergeet word nie.  Hier volg ‘n uittreksel uit ’n briefie ontvang van Roy en Susan Glover – Godsdienswerkers by Goodwood Gevangenis:  “Baie dankie vir die groot geskenk vir ons Gevangenis en die pragtige Kerskaarte. Soos gewoonlik is hulle uitstaande!. Ons voel so geseënd om aan die ontvang kant te wees. Die gevangenes gaan uit hul vel spring van blydskap die Kersfees!  Mag die Here jou en almal wat ‘n hart vir die Tronk bediening het ryklik seen vir alles wat julle doen om God se koninkryk uit te brei.  Die Bybel sê dat dit beter is om te gee as om te ontvang, maar ons geniet dit so om al die geskenke uit die Here se hand te ontvang en dit dan weer weg te gee!”

WILDSVLEIS (KOEDOE)

Daar is nog maalvleis @ R50/kg en salami’s @ R120 elk beskikbaar by die kerkkantoor.

MBEKWENI SOPKOMBUIS

Baby Botha wat die afgelope 8 jaar die leisels geneem het, wil graag baie dankie sê vir almal se bydraes en ondersteuning oor die jare.  Ons gemeente is van 2015 nie meer betrokke by die sopkombuis nie en wil van die geleentheid gebruik maak om vir Baby en Theuns Botha te bedank vir hulle betrokkenheid en getroue harde werk.

BARMHARTIGHEIDSBEDIENING

Baie, baie dankie vir alles wat ons reeds ontvang het vir die inwoners van Silwekruin en Huis Lizelle se Kersfees pakkies.  Ons waardeer dit.  Ons het spesifiek nog die vlg nodig voor ons Maandagmiddag die pakkies pak:  15 x sjampoo, 20 x lyfroom en 2 x skeerroom,  Indien u u weg oopsien op enige van die genoemdes te skenk, sal ons dit waardeer indien u dit môre voor  14:00 by die kerkkantoor kan afgee.

021 864 5665 / 082 857 4368 rvanvelden@hugenote.com<mailto:rvanvelden@hugenote.com>

HAM SKOENDOOSPROJEK

Indien u wil deelneem aan die projek, kontak Elsabe Sauerman by 021 873 3834 of stuur ‘n e-pos aan elsabe@andrewmurray.org.za

DEUROFFER – RADIOKANSEL

Radiokansel is ‘n onafhanklike, transkerklike en transkulturele Christelike multimedia organisasie met die Goddelike opdrag om die evangelie van Jesus Christus hoofsaaklik aan alle Suid-Afrikaners te verkondig by wyse van hoë kwaliteit radio- en televisieprogramme, publikasies, die elektroniese media en uitreikaksies, met die doel om ongelowiges vir Christus te wen en gelowiges in hul Christelike geloof op te bou.

In die Nuus