Deur : Skriba  /  December 17th, 2014

WEEK VAN VERNUWING: 25 – 28 Januarie

Prediker : Prof Ian Nell: Kweekskool Stellenbosch.

 

LERAARSVERLOF

Ds Jan neem langverlof tot 26 Desember 2014 en ds NJ is met verlof v/a 27 Des tot 18 Jan 2015.  Ons wens hulle ‘n aangename rustyd toe.

 

WILDSVLEIS (KOEDOE)

Daar is nog maalvleis @ R50/kg en salami’s @ R120 elk beskikbaar by die kerkkantoor.

 

HAM SKOENDOOSPROJEK

Indien u wil deelneem aan die projek, kontak Elsabe Sauerman by 021 873 3834 of stuur ‘n e-pos aan elsabe@andrewmurray.org.za  

 

ARBEIDSBEDIENING WELLINGTON

Vanjaar was weer eens ’n jaar waarop ons met groot dankbaarheid kan terugkyk en besef hoe geseënd dié bediening en gemeenskap is. Ons is bevoorreg om deel te wees van ’n gemeenskap wat werklik omgee.  Wat ’n paar jaar gelede nog ’n droom was het ‘n realiteit geword agv jul betrokkenheid.  Daar het soveel dinge gebeur te midde van ‘n huidige ekonomiese krisis.  Jul bydrae het ‘n verskil gemaak in die lewens van mense wat julle ewig dankbaar sal wees. Elke suksesstorie is slegs te danke aan al ons besighede wat hulle harte oopgemaak het en hierdie bediening as ’n projek van die Here sien. Met ondersteuning van mense soos u weet ons dat daar ‘n besondere plan is vir Arbeidsbediening in Wellington.

Ons het baie waardering vir julle gemeente en besigheid om die volgende sake:

  • Dankie vir die kollekte/ bydrae wat julle as gemeente en/of besigheid maak.  Dra asseblief ons dank aan die kerkraad/ bestuur oor.
  • Die voorbidding wat gemeentes/ besighede ook vir Arbeidsbediening doen. 

Aan my Hemelse Vader: Dankie vir al die wonderlike mense in die besighede wat U deel van  ons lewe gemaak het.  Dankie vir julle vertroue, ondersteuning, deelname, gebede en liefde – julle vennootskap is vir ons onmisbaar.  Ons bede is dat die vennootskap in die toekoms verstewig mag word.  Mag elkeen goed uitrus en ‘n geseënde Kerstyd ervaar.  Johan Crous

 

NUUS VAN MIRIAM

Ek is terug in Suid-Afrika.  Dankie vir julle gebede en ondersteuning die afgelope 3 maande in Spanje.  Die Here se genade was vir my genoeg- Hy het my wysheid gegee met een van die studente wat elke week ‘n ander plan/visie gehad het (ek het maar ‘clueless’ gevoel aan die begin); Hy het vir my voorsien sodat ek my skuld (vir die verblyf) kon afbetaal voor my terugkoms (die OTM het my geld geneem)- dis maar net 2 situasies waar Hy my op die regte tyd gehelp het met wat ek nodig gehad het.

Nou is ek weer terug in die land van beurtkrag, hard aan die werk die week aan die Jaar van Gebed vir ‘my Noord-Afrika land’ voor ek die 16e Desember my vakansie neem.  Ek kontak kerke en groepe om betrokke te raak by die Jaar van Gebed en het alreeds ‘n paar geleenthede waar ek optree.  Bid asb hiervoor (dis nogal ‘n uitdaging vir my- bemarking is nie my sterk punt nie).  Met die kragonderbrekings in gedagte, het ek aan ‘n manier gedink om ons te help om vir my NA land te bid.  Wanneer die krag afgaan, bid vir die plaaslike gelowiges en ook werkers van wie sommige in vrees lewe; oorweldig deur die duisternis om hulle.  Bid vir moed en uithouvermoë om hul lig voor hul familie en vriende te laat skyn.  Wanneer die krag weer aangeskakel word, bid dat die Lig van die wêreld (Jesus) die mense sal verlig wat verlore is en in duisternis lewe in daardie land.  Julle kan 30 sekondes, ‘n minuut of langer bid- so  help ons om die wierook bak voor die troon van die Almagtige God te help opvul (Openbaring 5:8).  Oujaarsaand beplan ek ‘n gebedstyd om 23:00 (by my ma se huis) om die Jaar van Gebed te help ‘afskop’.  Indien julle van Wellington is of naby bly, is julle baie welkom om te kom.  Vir die wat ver bly, wil ek uitnooi om julle eie geleentheid te organiseer of net ‘n paar minute saam met vriende en familie te neem om vir die land te bid.  Om in te teken om die weeklikse gebedsnuus vir die Jaar van Gebed vanaf Januarie te ontvang, gaan na www.pray4libya.net  Daar is ‘n Afrikaanse opsie.  Of stuur julle adresse na my (oases@highrange.org) en ek sal dit vir julle doen.  Dankie weereens vir julle saamwerk in die Konikryk die jaar. Ons lewe in tye van chaos en baie hartseer nuus.  Maar Jesus is Immanuel, God by ons. Ek bid dat Hy julle elkeen met sy teenwoordigheid sal vul oor die Kerstyd. Geseënde Kersfees.  Tot 2015.  Miriam

 

MA’S-VIR-WELLINGTON

Dankie aan ons Hemelse Vader vir ’n jaar van oorvloed, seën en groei!  Dankie vir elke onderneming, huishouding, individu, skool en kerk se bydrae, liefde en onder-steuning, waarsonder dit nie moontlik sou wees nie.  Dankie dat ons kan hande vat en so Jesus se liefde na ander kan uitdra.  Ons kan net getuig van God se liefde en oop hand vir ons kinders.  ALLE EER AAN DIE HERE!!  Dankie dat jy saam JESUS se hande en voete was die afgelope jaar!  Vir meer inligting kontak Lizette Ferreira 084 368 7667 admin.mvw@telkomsa.net of Stephanie Henderson 083 459 5961.

In die Nuus