Deur : Skriba  /  January 18th, 2015

LERAARSVERLOF

Ds NJ is met verlof tot 19 Jan 2015.

KATEGESE 2015

Let asb daarop dat die kategese op Sondag 25 Jan weer begin.

WILDSVLEIS (KOEDOE)

Daar is nog maalvleis @ R50/kg en salami’s @ R120 elk beskikbaar by die kerkkantoor.

PA- EN KINDKAMP BY BEAVERLAC 30 JAN – 1 FEBR 2015: 

Toegangsfooi per voertuig is R20-00 en die volgende kostes is per nag:

18 jaar en ouer: R55-00; 4-17 jaar: R35-00 en onder 4 jaar: gratis.  Elke pa moet self op Beaverlac webtuiste bespreek vir sy voertuig en persone wat in die voertuig ry – http://www.beaverlac.co.za/camping-booking-form   Verder sorg elkeen vir sy eie slaap, kos en drinkgoed (soos wanneer jy self gaan kamp).  Vir navrae kontak Lennox Ochse 021 862 2192 (W) / 079 892 1988 / lennox@filmatic.com

WEEK VAN VERNUWING 26 – 28 JAN OM 19:00 BY WELLINGTON-OOS

Prof Ian Nell van die Kweekskool Stelllenbosch (vroeër predikant van Sonstraal) is die prediker.  Hierdie is ‘n gesamentlike byeenkoms waarby Noord en Moedergemeente ook inskakel.

AAND VAN GEBED 29 JAN OM 19:00 BY WELLINGTON-NOORD

Dit is die afsluiting van die Week van Gebed en ons en Moedergemeente skakel ook hierby in.

GEBEDSIMFONIE

Hierdie interkerklike biduurgroep vir herlewing en sending ontmoet weer op Son 18 Januarie om 15:30 by Eerste laan 22. Bring jou eie gebedsake ook saam. Sommige van ons sendelinge het  dringende gebedsonder steuning nodig.  Vir meer inligting, bel ds Attie van Wijk 082 557 9796.

DEUROFFER – GEMEENTE ONTWIKKELING: 

1.    Die doel van GKS:  Om gemeenteleiers te begelei om by God se sending na die wêreld betrokke te raak deur, saam as familie van kerke, nuwe geloofsgemeenskappe te ontwikkel.

2.    Fokusareas van GKS:

2.1.        Gemeentes en ringe te motiveer om nuwe geloofsgemeenskappe te ontwikkel.  Gefokusde navorsing te doen oor potensiële ontwikkelingspunte.

2.2.        Deurlopende begeleiding en ondersteuning aan nuwe geloofsge    meenskappe te gee.

2.3.        Toerustingsmateriaal oor die vestiging van nuwe geloofsgemeenskappe te ontwikkel.

2.4.        Opleiding van nuwe geloofsgemeenskapontwikkelaars aan te bied.

2.5.        Befondsing van nuwe projekte / geboue te voorsien.

3.    Hooffokus van GKS vir 2015:  Opleiding van persone wat die roeping ontvang het om nuwe geloofsgemeenskappe te vestig.  GKS het onder leiding van Ekklesia ‘n vennootskap met die “Fresh Expressions of Church” gesluit om die kursus, “Mission Shaped Ministry” in SA aan te bied.  Hierdie kursus help gevestigde kerke om die nuwe uitdagings waarvoor gemeentes en gemeenskappe staan, op nuwe en vars maniere aan te spreek.  In 2014 het 144 studente die MSM kursus in Kaapstad, Stellenbosch, Port Elizabeth en Pretoria / Johannesburg bywoon.  Hierdie jaar word die kursus in     Kaapstad, Strand, Oos-Londen, Polekwane en KwaZulu Natal aangebied.

In die Nuus