Deur : Skriba  /  January 25th, 2015

PREDIKANTSWYKE RUIL VIR 2015 – 2017.

Sien op kalender.

 

KALENDERS

2015 se kalenders is deur die ouderlinge in hulle wyke uitgedeel.  Indien u nog nie een ontvang het nie, kontak asb u ouderling.

 

MARNUS HAVENGA (TEOLOGIESE STUDENT)

Marnus doen vanjaar sy prakties by ons.  Hy is getroud met Angelique by Moedergemeente.  Sy kontakbesonderhede is 061 661 1005 / marnush@sun.ac.za

 

BASAAR

Indien daar nog enige u/s gelde vir die basaar is, vra ons of u dit asb so spoedig moontlik sal inbetaal by die kerkkantoor voor die einde van Januarie.

 

VERLORE BYBELS

Daar is heelwat verlore Bybels in die voorportaal wat al ‘n geruime tyd daar lê en waarin geen name is sodat ons die eienaars daarvan kan kontak nie.  Die Bybels is vandag na die erediens op die liturgiese ruimte beskikbaar.

 

WEEK VAN VERNUWING 26 – 28 JAN OM 19:00 BY WELLINGTON-OOS

Prof Ian Nell van die Kweekskool Stelllenbosch (vroeër predikant van Sonstraal) is die prediker.  Hierdie is ‘n gesamentlike byeenkoms waarby Noord en Moedergemeente ook inskakel.  Kinderbediening is beskikbaar v/a Sondag- tot Woensdagaand.

 

AAND VAN GEBED 29 JAN OM 19:00 BY WELLINGTON-NOORD

Dit is die afsluiting van die Week van Gebed en ons en Moedergemeente skakel ook hierby in.  Hierdie is ‘n geleentheid vir voorbidding vir die werksaamhede van die kerk en gemeenskap.

 

VREUGDEDIENSKOMITEE

Vergader Woensdag 28 Jan by Hetta Cloete se huis.

 

BIDUUR VIR DIE OES

Op 28 Jan v/a 09:00 tot 09:30 by Moedergemeente.

 

PA- EN KIND KAMP BY BEAVERLAC 30 JAN – 1 FEBR 2015

Toegangsfooi per voer- tuig is R20 en die volgende kostes is per nag:  18 jaar en ouer: R55; 4-17 jaar: R35 en onder 4 jaar: verniet.  Elke pa moet self op Beaverlac webtuiste bespreek vir sy voertuig en persone wat in die voertuig ry – http://www.beaverlac.co.za/camping-booking-form   Verder sorg elkeen vir sy eie slaap, kos en drinkgoed (soos wanneer jy self gaan kamp).  Vir navrae kontak Lennox Ochse 021 862 2192 (W) / 079 892 1988 / lennox@filmatic.com

 

VRUGTEFEES GR 4 – 11

Op Vrydag 6 Febr gaan ons lekker in ‘n plaasdam swem en vrugtefees hou.  Koste beloop R20 per kind.  Inligting by die kategete beskikbaar.  Laat weet asb u kind se kategeet voor of op 4 Febr indien u kind(ers) wil saamgaan.  Ouers ook baie welkom om saam te gaan.  Ons vertrek v/a Die Sentrum om 18:00.

 

VROUE GROEPSBYEENKOMSTE VIR ALLE WYKE DINSDAG 10 FEBRUARIE

Kontak asb jou ouderlingsvrou of groepleidster (sien kerkkalender) ivm die tyd en plek van hierdie byeenkoms.

 

SNR BURGERFUNKSIE DON 12 FEBR OM 19:00

Alle senior burgers word uitgenooi om hierdie funksie by te woon.  Indien u teen 6 Februarie nog nie ‘n uitnodiging ontvang het nie, kontak asb Hetta Cloete by 021 873 3158.

 

GRAAD 4 – 7 KAMP

Ons gaan see toe!  V/a 13 – 15 Febr kamp ons by Kleinmond.  Koste beloop R400 per kind.  Inskrywingsvorms beskikbaar by die kategete en die kerkkantoor.  Navrae Adell Erasmus 082 925 7190.

 

ONTBYT MET PROF. NICO KOOPMAN: WELLINGTON-OOS SE OPENBARE GETUIENIS

Saterdag 20 Februarie om 08:00 sal prof Nico Koopman van die Teologiese Fakulteit op Stellenbosch op ‘n informele wyse tydens ‘n ontbyt in die kerksaal met ons praat oor geleenthede en uitdagings wat ons getuienis in die openbare plaaslike en nasio- nale gemeenskap vir ons kerkraad en gemeentelede inhou. Die koste vir die ontbyt is R30.  Registreer asb.u naam by die kerkkantoor of by Ryk van Velden (082 857 4368) indien u die geleentheid gaan bywoon sodat ons weet vir hoeveel mense om voor te berei.  Registrasie sluit 17 Februarie 2015.

  

BELYDENISKLAS EN OUERS NEEM ASB KENNIS – ONS KAMP BY BEAVERLAC V/A 20 – 22 FEBRUARIE!

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 75: Hoe word jy in die heilige nagmaal daarop gewys en daarvan verseker dat jy aan die enige offerande van Christus aan die kruis en aan al sy weldade deel het?.

Antwoord: Christus het my en alle gelowiges beveel om tot sy gedagtenis van hierdie gebreekte brood te eet en van hierdie beker te drink. Daarby het Hy beloof (a), Ten eerste, dat sy liggaam so seker vir my aan die kruis geoffer en gebreek, en sy bloed vir my gestort is, as wat ek met my oë sien dat die brood van die Here vir my gebreek en die beker aan my gegee word. Ten tweede, dat Hy self my siel met sy gekruisigde liggaam en gestorte bloed net so seker vir die ewige lewe voed en verkwik as wat ek die brood en die beker van die Here, as ontwyfelbare tekens van Christus se liggaam en bloed, uit die hand van die bedienaar ontvang en met die mond geniet.

(a) Matt 26:26-28;  Mark 14:22-24;  Luk 22:19, 20;  1 Kor 10:16, 17;  11:23-25;  12:13.

DEUROFFER – ALTA DU TOIT

Alta du Toit skool/sentrum is in Kuilsrivier.  Hierdie instansie is vir mense wat intellektueel erg gestremd is.  Die leerders is hier omdat hulle nie kon byhou in die hoofstroomonderwys met akademiese vakke nie.  Daarom is die fokuspunt hier verskuif.  Hulle doen wel funksionele lees en wiskunde en leer skryf – die wat kan.  (Funksioneel  in dié sin dat ons vir hulle dit leer wat hulle in die alledaagse lewe nodig het om oor die weg te kom : tyd lees, geld hanteer, tekens ken, bv damestoilet, uitgang, ens).  Vaardighede soos selfversorging, sosiaal aanvaarbare gedrag, kommunikasie en produktiewe vaardighede (Mandjievleg- werk, borduur, koekies bak, tuinwerk) word egter baie beklemtoon.  Daar is 3 koshuise vir leerders wat van ver kom en daar is bussies wat dagskoliere vervoer.  Die nasorgsentrum maak voorsiening vir volwassenes.  Hulle vaardighede word optimaal ontwikkel met die hulp van ‘n maatskaplike werker en arbeidsterapeute.

In die Nuus