Deur : Skriba  /  February 3rd, 2015

KALENDERS

2015 se kalenders is deur die ouderlinge in hulle wyke uitgedeel. Indien u nog nie een ontvang het nie, kontak asb u ouderling.

 

UITSTAANDE BASAARGELDE

Indien daar nog enige u/s gelde vir die basaar is, sal u dit asb so spoedig moontlik inbetaal by die kerkkantoor voor die einde van Februarie.

 

GEBEDSBULLETIN

Die ruimte wat voorheen die weeklikse gebedsbulletin gedra het, sal voortaan een keer per maand ’n bydrae van die Vrouediens dra. Indien daar iemand is wat graag ’n bydrae tot die gebedsbulletin wil lewer, skakel asb vir Danie Theart 084 517 2610.

 

VROUEDIENSBESTUUR

Vergader Dinsdag 3 Febr om 18:00 by Karen van As se huis.

 

HUGENOTE HOëRSKOOL KANKERSTAP 4 FEBR SOOS OP KERKKALENDER VIND NIE MEER PLAAS NIE.

 

VRUGTEFEES

Ons hou vrugtefees vir al ons kinders wat in die kategese is by die kerk op 6 Febrarie v/a 18:00. Daar is lekker vrugte, ‘n waterwurm, springkasteel en ons treintjie ry. Ouers is ook welkom om te kom piekniek hou of te braai.

 

VROUE GROEPSBYEENKOMSTE VIR ALLE WYKE DINSDAG 10 FEBRUARIE

Kontak asb jou ouderlingsvrou of groepleidster (sien kerkkalender) ivm die tyd en plek van hierdie byeenkoms.

 

BASAARBEPLANNINGS- EN VISIONERINGSVERGADERING

Woensdag 11 Febr om 18:00 in die konsistorie. Baie belangrik dat u teenwoordig sal wees sodat ons almal se insette kry om van 2015 se basaar weereens ‘n groot sukses te maak.

 

SNR BURGER WORSBRAAI FUNKSIE

Hierdie funksie verskuif v/a Don 12 Feb na Don 26 Feb om 19:00 agv botsende belange.

 

GRAAD 4 – 7 KAMP

Ons gaan see toe! V/a 13 – 15 Feb kamp ons by Kleinmond. Die tema is “Ons Skepper en Saligmaker sê…”. Koste beloop R400 per kind. Inskrywingsvorms beskikbaar by die kategete en die kerkkantoor. Navrae Adell Erasmus 082 925 7190.

 

ONTBYT MET PROF. NICO KOOPMAN: WELLINGTON-OOS SE OPENBARE GETUIENIS

Saterdag 20 Februarie om 08:00 sal prof Nico Koopman van die Teologiese Fakulteit op Stellenbosch op ‘n informele wyse tydens ‘n ontbyt in die kerksaal met ons praat oor geleenthede en uitdagings wat ons getuienis in die openbare plaaslike en nasionale gemeenskap vir ons kerkraad en gemeentelede inhou. Die koste vir die ontbyt is R30. Registreer asb. u naam by die kerkkantoor of by Ryk van Velden (082 857 4368) indien u die geleentheid gaan bywoon sodat ons weet vir hoeveel mense om voor te berei. Registrasie sluit 17 Februarie 2015.

 

KERKRAAD KENMEKAAR 25 FEBR V/A 19:00 – 20:30

Ons nooi die kerkraad (ook die dienswerkers) om in Die Sentrum iets saam te gebruik en mekaar sinvol beter te leer ken.

 

ROLSTOELPROJEK

Ons is nog steeds besig om plastiese “broodknypertjies” bymekaar te maak wat verkoop word om rolstoele aan te koop. Bring dit asb nog steeds na die kerkkantoor asook alle plastiese doppies (melkbottels, koeldrankbottels ens).

 

DEUROFFER – GEMEENTEBEDIENING

Die kommissie se opdrag is die normale opbou en toerusting van die gemeente in sy verkillende ampte en bedieninge, opbou van die gemeente tot ‘n feesvierende gemeente sowel as die opbou van die huweliks- en gesinslewe en aandag aan kerkvervreemdes.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 74: Moet die jong kinders ook gedoop word?

Antwoord: Ja, aangesien hulle net soos die volwassenes in die verbond van God en sy gemeente ingesluit is (a). Ook aan hulle word nie minder as aan die volwassenes deur die bloed van Christus die verlossing van die sondes (b) en die Heilige Gees wat die geloof werk (c), beloof nie. Daarom moet hulle ook deur die doop as teken van die verbond in die Christelike kerk ingelyf en van die kinders van die ongelowiges onderskei word (d). So is dit in die Ou Verbond deur die besnydenis gedoen (e) in die plek waarvan die nuwe Verbond die doop ingestel is (f).

(a) Gen 17:7. (b) Matt 19:14. (c) Luk 1:15; Ps 22:11; Jes 44:1-3; Hand 2:39. (d) Hand 10:47. (e) Gen 17:14. (f) Kol 2:11-I3.

 

In die Nuus