Deur : Skriba  /  February 15th, 2015

VAKATURES

Indien ons van enige vakatures bewus is, sal dit op ons webwerf onder “Nuus” verskyn.

 

MAKHATHINI NUUS

Sien ons kerk se webwerf

 

NUUS VAN MIRIAM

Indien u ‘n maandelikse uitgedrukte weergawe verkies, kontak die kerkkantoor.

 

SNR BURGER WORSBRAAI FUNKSIE

Hierdie funksie verskuif v/a Don 12 Febr na Don 26 Febr om 19:00 agv botsende belange.

 

GEBED VIR LIBIë

Op  Dins 17 Febr (die 4e herdenking van die Libiese rewolusie) beplan ons ‘n wêreldwye dag van vas en gebed vir Libië. Ons nooi julle uit om ook deel te neem aan die gebedsgeleentheid.  Daar sal ‘n gebedstyd in die Paarl of Wellington gehou word.  Vir verdere inligting kontak Miriam by 061-0263486, 021-8642529 of oases@highrange.org indien jy sou belangstel om deel te neem. Miriam lewer ook haar getuienis tydens die oggenddiens van 15 Febr.

 

DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP

Op Woensdagaand 18 Febr om 19:15  by die kerksaal in Kerkstraat kom Mariette van Velden ons HOOP gee. Sy is ‘n gerekende kunstenaar.  Sy doen kunswerkswinkels, werk in Mbekweni en voeg waarde toe tot ander se lewens.  Daar is tans ‘n uitstalling van haar in die Breytenbach Sentrum.  As jou sakkie van hoop vir ons land, ons dorp of vir jouself boomskraap is, dan is dit net die aand wat jy moet bywoon.  Kom luister en gaan HOOPvol huistoe!! ‘n Vrywillige bydrae sal baie wel- kom wees. Petro 021 873 4688 / 072 709 8000.

 

VROUEDIENS KENMEKAARAAND

Don 19 Febr om 19:00 in die kerksaal. Kom staan vanaand in die skoene van ‘n kankerlyer asook die van ‘n pa van ‘n dwelmver- verslaafde. Trek u gunsteling skoene aan en kom deel die aand met ons!

 

ONTBYT MET PROF. NICO KOOPMAN: WELLINGTON-OOS SE OPENBARE GETUIENIS

Sat 21 Febr 08:00 sal prof Nico Koopman van die Teologiese Fakulteit op Stellenbosch op ‘n informele wyse tydens ‘n ontbyt in die kerksaal met ons praat oor ge- leenthede en uitdagings wat ons getuienis in die openbare plaaslike en nasionale gemeen- skap vir ons kerkraad en gemeentelede inhou. Koste vir ontbyt is R30. Registreer u naam by die kerkkantoor of by Ryk van Velden 082 857 4368 indien u die geleentheid gaan bywoon sodat ons weet vir hoeveel mense om voor te berei. Registrasie sluit 17 Febr.

 

YSSKAATS VRYDAG 20 FEBR!

Hoërskool leerders leerders kom skryf jou naam op ‘n lys na kerk by oom Charl Marais en koop Woensdagaand tussen 18:00 en 19:00 die kaartjies @ R35-00 elk by die kerkkantoor.

 

KERKRAAD KENMEKAAR

Kom leer ken jou medekerkraadslede op ‘n ander manier op Woens 25 Febr v/a 19:30 – 20:30 in Die Sentrum.

 

MINIBUS PROJEK – SOSATIE VERKOPE

Jeugbediening loods die jaar ‘n projek om fondse in te samel vir die aankoop van ‘n minibus vir die kerk aangesien eie vervoer ‘n noodsaaklikheid geword het vir verskeie aksies binne die gemeente. Ons gaan een keer per maand sosaties by Die Sentrum verkoop as een van die projekte om fondse in te samel. Dit sal op Vrydagaande geskied vanaf 18:00 – 20:00 en ons eerste aand is 27 Febr. Dit sal vir ma ‘n blaaskansie gee na ‘n lang week om vir een Vrydagaand nie hoef kos te maak nie. Die sosaties kom van die Groot-Karoo en is werklik smaaklik en waarde vir geld. Ons bied bees, vark en hoendersosaties aan teen slegs R15-00. Bestellings kan geplaas word by Elize (kerkkantoor), Tinus Broodryk 082 920 2290 of Anneli (Bromar Wines) 021 873 0565 voor of op 20 Febr. Voorsien u bestelling van ‘n e-pos adres of ‘n selfoonno sodat ons u die Donderdag kan herinner.

 

BELYDENISKLAS EN OUERS NEEM ASB KENNIS – ONS KAMP BY BEAVERLAC

Kampgelde en inskrywings @ 16 Febr by die kerkkantoor asb!

 

MANNEKONFERENSIE

V/a 27 Febr – 1 Mrt in die Paarl. Die sprekers is Johan Smit van Moreletapark, Cassie Carstens, Braam Hanekom en Louis Britz. Kostes beloop R400-00. Vir meer inligting skakel Herbert Sills 082 374 3146.

 

ONTDEK JOU GAWES

Ontdek jou gawes en leef jou passies uit vir God in die kerk en in die wêreld. 2, 9, 23 & 30 Mrt v/a 19:00. Die kostes beloop R50-00 pp. Almal wat belangstel, skakel die kerkkantoor voor of op 25 Febr.

 

UITSTAANDE BASAAR GELDE

Indien daar nog enige u/s gelde vir die basaar is, sal u dit asb so spoedig moontlik inbetaal by die kerkkantoor voor die einde van Februarie.

 

BARMHARTIGHEIDSBEDIENING STRAATMARK 28 FEBR

Ons hou ‘n straatmark om fondse te in. Klere en enige goeie bruikbare artikels kan na die kerkkantoor gebring word tot en met 23 Februarie.

 

WêRELD BIDDAG VIR VROUE

Donderdag 5 Mrt om 19:00 ‘n gesamentlike diens by Moedergemeente en Vrydag 6 Mrt om 09:00 by Oosgemeente.

 

WêRELD BIDDAG VIR MANS ONTBYT

Sat 7 Mrt by die Spur, Welgeleë Plein vanaf 07:00. Die spreker is Herman Bailey. Kaartjies bekikbaar by Gemeentebediening se manne of kerkkantoor. Bring sommer jou seun(s) saam. R40-00 pp vir ‘n lekker Spur ontbyt en bodemlose koffie! Kontak Lennox vir navrae 079 892 1988.

 

PIEKNIEKAAND 13 MRT

Hou hierdie spasie dop vir verdere inligting.

 

LOFPRYSINGSKURSUS

17 – 19 Mrt by Helderberg gemeente. Vir verdere inligting sien http://ekklesia.org.za/events/worship-conference-2015

 

FAMILIENUUS

Artikels en foto’s moet asb die kerkkantoor bereik voor 31 Maart.

 

IMAGINE TIENER SAAMTREK 10 – 12 APRIL

Hou hierdie datum oop! Meer besonder- hede volg op ‘n later stadium.

 

FACEBOOK

NG Kerk Wellington-Oos is nou op Facebook. “Like” ons asb sodat u op hoogte kan wees van wat in die gemeente gebeur. Indien u fotos wil plaas, skakel vir Marnus 061 661 1005.

 

PREKE ARGIEF

Alle preke word opgeneem en u kan die kerkkantoor kontak indien u ‘n kopie van ‘n opname wil hê.

 

FOTO’S

Stuur asb foto’s van kerkaktiwiteite na die kerkkantoor vir ons webwerf.

 

GEBEDSBULLETIN

Die ruimte wat voorheen die weeklikse gebedsbulletin gedra het, sal voortaan een keer per maand ’n bydrae van die Vrouediens dra. Indien daar iemand is wat graag ’n bydrae tot die gebedsbulletin wil lewer, skakel asb vir Danie Theart 084 517 2610.

 

ROLSTOELPROJEK

Ons is nog steeds besig om plasties “broodknypertjies” bymekaar te maak wat verkoop word om rolstoele aan te koop. Bring dit asb nog steeds na die kerkkantoor asook alle plastiese doppies (melkbottels, koeldrankbottels ens).

In die Nuus