Deur : Skriba  /  February 22nd, 2015

DS JAN IS OP 25 & 26 FEBR OP ‘N KURSUS.

VAKATURES: 

Indien ons van enige vakatures bewus is, sal dit op ons webwerf onder “Nuus” verskyn.

 

MAKHATHINI NUUS: 

Sien ons kerk se webwerf

 

NUUS VAN MIRIAM: 

Indien u ‘n maandelikse uitgedrukte weergawe verkies, kontak die kerkkantoor.

 

AKKERS:

Ons gaan weer akkers bymekaar maak en verkoop om fondse te in. U kan die akkers na die kerkkantoor bring of na Chris Olivier by Bainstraat 98. Vir verdere navrae kontak Chris 082 467 4386 / OlivierC@vodamail.co.za

 

KERKRAAD KENMEKAAR:

Kom leer ken jou medekerkraadslede op ‘n ander manier op Woens 25 Febr v/a 19:30 – 20:30 in Die Sentrum.

 

MINIBUS PROJEK – SOSATIE VERKOPE: 

Jeugbediening loods die jaar ‘n projek om  fondse in te samel vir die aankoop van ‘n minibus vir die kerk aangesien eie vervoer ‘n noodsaaklikheid geword het vir verskeie aksies binne die gemeente.  Ons gaan een keer per maand sosaties by Die Sentrum verkoop as een van die projekte om fondse in te samel.  Dit sal op Vrydagaande geskied vanaf 18:00 – 20:00 en ons eerste aand is 27 Febr.  Dit sal vir ma ‘n blaaskansie gee na ‘n lang week om vir een Vrydagaand nie hoef kos te maak nie.  Die sosaties kom van die Groot-Karoo en is werklik smaaklik en waarde vir geld.  Ons bied bees, vark en hoendersosaties aan teen slegs R15-00. Bestellings kan geplaas word by Elize (kerkkantoor), Tinus Broodryk 082 920 2290 of Anneli (Bromar Wines) 021 873 0565.  Voorsien u bestelling asb van ‘n e-pos adres of ‘n selfoonno sodat ons u die Donderdag kan herinner.

 

MANNEKONFERENSIE:

V/a 27 Febr – 1 Mrt in die Paarl. Die sprekers is Johan Smit van Moreletapark, Cassie Carstens, Braam Hanekom en Louis Britz. Kostes beloop R400-00. Vir meer inligting skakel Herbert Sills 082 374 3146.

 

ONTDEK JOU GAWES: 

Ontdek jou gawes en leef jou passies uit vir God in die kerk en in die wêreld.  2, 9, 23 & 30 Mrt v/a 19:00.  Die kostes beloop R50-00 pp.  Ons wil graag hê dat alle nuwe intrekkers hierdie kursus bywoon.  Almal wat belangstel, skakel die kerkkantoor voor of op 25 Febr.

 

DOOPKURSUS 3, 17, 24 & 31 MRT: 

Vir alle voornemende doopouers en ouers wat reeds gedoop het.  Gee asb u name deur aan die kerkkantoor voor of op Vrydag 27 Februarie.

 

UITSTAANDE BASAAR GELDE:

Indien daar nog enige u/s gelde vir die basaar is, sal u dit asb so spoedig moontlik inbetaal by die kerkkantoor voor die einde van Februarie.

 

BARMHARTIGHEIDSBEDIENING STRAATMARK 28 FEBR:

Ons hou ‘n straatmark om fondse te in. Klere en enige goeie bruikbare artikels kan na die kerkkantoor gebring word tot en met 23 Februarie.

 

DIAKONIE EN DIENSWERKERS VERGADER:

Woens 4 Mrt om 19:30 in die konsistorie

 

WêRELD BIDDAG VIR VROUE:

Donderdag 5 Mrt om 19:00 is daar ‘n gesamentlike diens by Moedergemeente. Die spreker is Helmut Meijer en die tema: “Verstaan julle wat ek vir julle gedoen het?”  Ons bid ook vir die Bahamas.  Vrydag 6 Mrt om 09:00 is daar ‘n diens by Oosgemeente.

 

WêRELD BIDDAG VIR MANS ONTBYT:

Sat 7 Mrt by die Spur, Welgeleë Plein vanaf 07:00.  Die spreker is Herman Bailey.  Kaartjies bekikbaar by Gemeentebediening se manne of kerkkantoor. Bring sommer jou seun(s) saam. R40-00 pp vir ‘n lekker Spur ontbyt en bodemlose koffie! Kontak Lennox vir navrae 079 892 1988.

 

DAG SONDER SKOENE 1 MRT: 

Op dié dag kan u kaalvoet kerk toe kom om te ervaar hoe dit is om nie skoene te hê nie.  U kan ook skoene saambring kerk toe om te skenk aan mense wat nie het nie.  Barmhartigheidsbediening sal toesien dat dit by die regte persone uitkom.

 

BYBELSTAP 11 MAART: 

Ons spring 18:00 weg in Gen Hertzoglaan regoor die Hoërskool se tennisbane en stap om die Perdeskoen.  Daar is ‘n 3 en 5km roete.  Die koste is R25-00 pp en die fondse is tbv die Bybelgenootskap.  Geen voorafinskrywings nie en elkeen kry ‘n medalje.

 

PIEKNIEK- EN FLIEKAAND BY DIE KERK:

Ons hou Vrydagaand 13:00 Maart om 18:00 piekniek op die kerk se gras terwyl ons fliek kyk.  Hou hierdie spasie dop vir verdere inligting.

 

FAMILIENUUS: 

Artikels en foto’s moet asb die kerkkantoor bereik voor 31 Maart.

 

IMAGINE TIENER SAAMTREK 10 – 12 APRIL:

Hou hierdie datum oop! Meer besonder- hede volg op ‘n later stadium.

 

FACEBOOK:

NG Kerk Wellington-Oos is nou op Facebook. “Like” ons asb sodat u op hoogte kan wees van wat in die gemeente gebeur. Indien u fotos wil plaas, skakel vir Marnus 061 661 1005.

 

FOTO’S:

Stuur asb foto’s van kerkaktiwiteite na die kerkkantoor vir ons webwerf.

 

PAARLBERG GEMEENTE BASAAR:

Op Sat 28 Febr v/a  08:00 by hul kerkterrein in Bo-Langstraat, Noorder-Paarl.  Daar sal allerlei basaar lekkernye wees, ‘n groot hoeveelheid boeke teen billike pryse, pagtige handwerk, en ‘n veteraan trekkers en masjiene word ook uitgestal. Die kinders sal met allerhande speletjies besig gehou word.

 

DEUROFFER – ZIMBABWE/MALAWI/MOSAMBIEK: 

Ons kerkfamilie het in 1891 met werk in die suide van Zimbabwe begin.  Die Reformed Church in Zimbabwe se hoofkantoor is op Masvingo. Onderwys (bv vir dowes op Morgenster en blindes by Kopota), teologiese opleiding, mediese dienste by hospitale en klinieke asook literatuur ontwikkeling (CAVA) kry steeds die ondersteuning van ons kerkfamlie. Die kerkleierskap en die personeel wat via die Sinode ondersteun word, moet in die haglike ekonomiese toestand van die land positief diens bly lewer. In die algemeen is hulle moedig, maar die toestande stel baie groot uitdagings aan almal.   Skakel gerus met dr Kobus Odendaal by 021 957 7179; missio@kaapkerk.co.za

In die Nuus