Deur : Skriba  /  March 1st, 2015

KLANKOPERATEURS

Ons benodig dringend nog persone om Sondae met die klank te help. U naam kom op ‘n rooster – dit is dus nie elke Sondag nie en u sal vooruit weet watter Sondag u aan diens is. Indien u bereid is om te help en/of verdere vrae het, kontak Paul Stemmet 084 548 7173.

 

ONTDEK JOU GAWES

Kursus word uitgestel na Augustus 2015.

 

VAKATURES

Indien ons van enige vakatures bewus is, sal dit op ons webwerf onder “Nuus” verskyn.

 

MAKHATHINI NUUS

Sien ons kerk se webwerf

 

MIRIAM

Indien u ‘n maandelikse uitgedrukte weergawe verkies van haar nuusbriewe asook van die “Bid vir Libie” gebeds-epos, kontak die kerkkantoor. Die nuusbriewe is nie dieselfde as die “Bid vir Libië” nie.  Lg is ‘n “internasionale projek”’ waarmee sy help. Gelowiges in Libië lewe in vrees na onlangse onthoofding van Egiptiese Christene daar deur die IS.  Op Woens 4 Mrt vas en bid mense wêreldwyd om die houvas van vrees en intimidasie te breek en te vra vir beskerming en moed vir gelowiges.  Daar sal ‘n gebedstyd van 05:30-06:30 am by Maynardfeenstralaan 10, Berg-en-Dal gehou word.

 

DISSIPELSKAP

As u deel van ‘n dissipelskapgroep wil wees, skakel met Ryk van Velden 021 873 1181 (W) / 082 857 4368. Groeplede doen selfstudie en deel wat hul in die Skrif ontdek in die groep.

 

AKKERS

Ons gaan weer akkers bymekaar maak en verkoop om fondse te in. U kan die akkers na die kerkkantoor bring of na Chris Olivier by Bainstraat 98. Vir verdere navrae kontak Chris 082 467 4386 / OlivierC@vodamail.co.za

 

DUVETPROJEK

Sal al die liewe vroue wat met die laswerk gehelp het, my ASB kontak. Die oortreksels moet gestik word – net 3 nate en ‘n soom! Jy kry ‘n pakkie klaar geknip met aanwysings. Elsa Giliomee 021 873 0110 / 082 373 5853 / elsagiliomee@icloud.com

 

DOOPKURSUS 3, 17, 24 & 31 MRT

Vir alle voornemende doopouers en ouers wat reeds gedoop het. Gee asb u name deur aan die kerkkantoor voor of op Maandag 2 Maart.

 

DIAKONIE EN DIENSWERKERS VERGADER

Woens 4 Mrt om 19:30 in die konsistorie

 

WêRELD BIDDAG VIR VROUE

Donderdag 5 Mrt om 19:00 is daar ‘n gesamentlike diens by Moedergemeente. Die spreker is Helmut Meijer en die tema: “Verstaan julle wat ek vir julle gedoen het?” Ons bid ook vir die Bahamas. Vrydag 6 Mrt om 09:00 is daar ‘n diens by Oosgemeente in die konsistorie met dieselfde onderwerp. Susan Linde sal die spreekster by die geleentheid wees en ‘n kollekte sal opgeneem word.

 

WêRELD BIDDAG VIR MANS ONTBYT

Sat 7 Mrt by die Spur, Welgeleë Plein vanaf 07:00. Die spreker is Herman Bailey. Kaartjies bekikbaar by Gemeentebediening se manne of kerkkantoor. Bring sommer jou seun(s) saam. R40-00 pp vir ‘n lekker Spur ontbyt en bodemlose koffie! Kontak Lennox vir navrae 079 892 1988.

 

BYBELSTAP 11 MAART

Ons spring 18:00 weg in Gen Hertzoglaan regoor die Hoërskool se tennisbane en stap om die Perdeskoen. Daar is ‘n 3 en 5km roete. Die koste is R25-00 pp en die fondse is tbv die Bybelgenootskap. Geen voorafinskrywings nie en elkeen kry ‘n medalje.

 

MINIBUS PROJEK

Jeugbediening loods die jaar ‘n projek om fondse in te samel vir die aankoop van ‘n minibus vir die kerk. Ons gaan een keer per maand gebraaide bees- en hoendersosaties @ R15 elk by Die Sentrum verkoop as een van die projekte. Dit sal op Vrydagaande geskied vanaf 18:00 – 20:00 en ons vlg aand is 27 Mrt. Bestellings kan geplaas word by Elize (kerkkantoor), Tinus Broodryk 082 920 2290 of Anneli (Bromar Wines) 021 873 0565.

 

FAMILIENUUS

Artikels en foto’s moet asb die kerkkantoor bereik voor 31 Maart.

 

IMAGINE TIENER SAAMTREK 10 – 12 APRIL

Hou asb hierdie datum oop! Meer besonderhede volg sodra ons dit het.

 

PIEKNIEK- EN FLIEKAAND BY DIE KERK

Ons hou Vrydagaand 17 April (let asb daarop dat die datum verander het v/a 13 Mrt na 17 Apr) om 18:00 piekniek op die kerk se gras terwyl ons fliek kyk. Verdere inligting sal op ‘n latere stadium gegee word.

 

AMOSBEDIENING

Is op soek na enige goeie tweedehandse (of nuwe) speelgoed. U kan dit na die kerkkantoor bring.

 

FACEBOOK

NG Kerk Wellington-Oos is nou op Facebook. “Like” ons asb sodat u op hoogte kan wees van wat in die gemeente gebeur. Indien u fotos wil plaas, skakel vir Marnus 061 661 1005.

 

FOTO’S

Stuur asb foto’s van kerkaktiwiteite na die kerkkantoor vir ons webwerf.

 

ST GEORGE’S PRESBITERIAANSE KERK HOU BASAAR

Tbv van die “Green Bag” Projek. 7 Mrt 2015 v/a 8:00 – 12:30 in die Moederkerk se saal. Gebak, boeke, poeding, boereworsrolle, pannekoek, “white elephant” ens.

 

WORSHIP CONFERENCE 2015

Vind plaas v/a 17-19 Mrt by Helderberg Gemeente, Somerset-Wes. Die oorkoepelende tema van die konferensie is God bless Africa: Worship for a Time Like This”. Vir meer inligting kontak Joanie Batt 021 808 3381, Chrisna cmer@sun.ac.za of Wilma 021 808 3624 (wler@sun.ac.za) SPERDATUM: 6 Maart.

 

DEUROFFER – NOODFONDS

Fondse word aangewend vir kospakkies aan behoeftige gesinne binne en buite ons gemeente. Geldelike en/of bydraes in die vorm van nie-bederfbare produkte sal baie waardeer word.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 76: Wat beteken dit om die gekruisigde liggaam van Christus te eet en sy bloed wat vergiet is, te drink?

Antwoord: Dit beteken nie slegs om met ’n gelowige hart die hele lyding en sterwe van Christus aan te neem en daardeur vergewing van sondes en die ewige lewe te verkry nie (a). Dit beteken boonop om deur die Heilige Gees, wat tegelyk in Christus en in ons woon, al hoe meer so met sy geseënde liggaam verenig te word (b), dat ons vlees van sy vlees en been van sy gebeente is (c); al is Christus nou in die hemel (d) en ons op die aarde. Dit wil se dat ons deur een Gees – soos die ledemate van die liggaam deur een siel – ewig lewe en geregeer word (e).

(a) Joh 6:35, 40, 47, 48, 50, 51, 53, 54. (b) Joh 6:55, 56. (c) Ef 5:29, 30; 3:16; 1 Kor 6:15; 1 Joh 3:24; 4:13. (d) Kol 3:1; Hand 3:21; 1 Kor 11:26. (e) Joh 6:57; 15:1-6; Ef4:l5, l6.

 

In die Nuus