Deur : Skriba  /  March 6th, 2015

LERAARS OP KURSUS:

Di NJ en Jan is op ‘n predikante begeleidingskursus te Hermanus v/a 10 – 12 Maart.

 

EREDIENSTYE VERANDER:

Onthou asb dat die oggendedienste se tyd verander vanaf

5 April 2015 na 09:30 vir die wintermaande (April tot September).

 

AANDDIENSREEKS:

Gedurende Maart preek ons leraars oor die gelykenisse in Matt 13.

 

BEHEERRAADSVERGADERING:

Onthou asb om te gaan stem vir u skool se beheerraad

 

PAASSANGDIENS 29 MAART 19:00 BY MOEDERGEMEENTE:

Dit is ‘n gesamentlike diens van die 3 NG gemeentes. Daardie aand sal daar geen aanddiens by ons wees nie.

 

VROUEBIDUUR:

Let asb daar op dat die Vrouebiduur van Dinsdag, 10 Maart, om 09:00 uitgestel is na Dinsdag 17 Maart ook om 09:00.

 

KLANKOPERATEURS:

Ons benodig dringend nog persone om Sondae met die klank te help. U naam kom op ‘n rooster – dit is dus nie elke Sondag nie en u sal vooruit weet watter Sondag u aan diens is. Indien u bereid is om te help en/of verdere vrae het, kontak Paul Stemmet 084 548 7173.

 

ONTDEK JOU GAWES:

Kursus word uitgestel na Augustus 2015.

 

VAKATURES:

Indien ons van enige vakatures bewus is, sal dit op ons webwerf onder “Nuus” verskyn.

 

MAKHATHINI NUUS:

Sien ons kerk se webwerf

 

MIRIAM:

Indien u ‘n maandelikse uitgedrukte weergawe verkies van haar nuusbriewe asook van die “Bid vir Libie” gebeds-epos, kontak die kerkkantoor. Die nuusbriewe is nie dieselfde as die “Bid vir Libië” nie. Lg is ‘n “internasionale projek”’ waarmee sy help.

 

DISSIPELSKAP:

As u deel van ‘n dissipelskapgroep wil wees, skakel met Ryk van Velden 021 873 1181 (W) / 082 857 4368. Groeplede doen selfstudie en deel wat hul in die Skrif ontdek in die groep.

 

AKKERS:

Ons gaan weer akkers bymekaar maak en verkoop om fondse te in. U kan die akkers na die kerkkantoor bring of na Chris Olivier by Bainstraat 98. Vir verdere navrae kontak Chris 082 467 4386 / OlivierC@vodamail.co.za

 

DUVETPROJEK:

Sal al die liewe vroue wat met die laswerk gehelp het, my ASB kontak. Die oortreksels moet gestik word – net 3 nate en ‘n soom! Jy kry ‘n pakkie klaar geknip met aanwysings. Elsa Giliomee 021 873 0110 / 082 373 5853 / elsagiliomee@icloud.com

 

BYBELSTAP 11 MAART:

Ons spring 18:00 weg in Gen Hertzoglaan regoor die Hoërskool se tennisbane en stap om die Perdeskoen. Daar is ‘n 3 en 5km roete. Die koste is R25-00 pp en die fondse is tbv die Bybelgenootskap. Geen voorafinskrywings nie en elkeen kry ‘n medalje.

 

MINIBUS PROJEK:

Jeugbediening loods die jaar ‘n projek om fondse in te samel vir die aankoop van ‘n minibus vir die kerk. Ons gaan een keer per maand gebraaide bees- en hoendersosaties @ R15 elk by Die Sentrum verkoop as een van die projekte. Dit sal op Vrydagaande geskied vanaf 18:00 – 20:00 en ons vlg aand is 27 Mrt. Bestellings kan geplaas word by Elize (kerkkantoor), Tinus Broodryk 082 920 2290 of Anneli (Bromar Wines) 021 873 0565.

 

FAMILIENUUS:

Artikels en foto’s moet asb die kerkkantoor bereik voor 31 Maart.

 

WES-KAAP IMAGINE TIENER SAAMTREK 10 – 12 APRIL:

Vind plaas by Mega Park in Bredasdorp. Inskrysingsfooi is R350-00 pp. U kan by die kerkkantoor inskryf of aanlyn by info@imaginemovement.co.za Inskrywings tot 27 Mrt en betalings moet die inskrywings vergelsel. Vir meer inligting skakel 086 100 0291 Marnus Havenga 061 661 1005.

 

PIEKNIEK- EN FLIEKAAND BY DIE KERK:

Ons hou Vrydagaand 17 April (let asb daarop dat die datum verander het v/a 13 Mrt na 17 Apr) om 18:00 piekniek op die kerk se gras terwyl ons fliek kyk. Verdere inligting sal op ‘n latere stadium gegee word.

 

AMOSBEDIENING:

Is op soek na enige goeie tweedehandse (of nuwe) speelgoed. U kan dit na die kerkkantoor bring.

 

FACEBOOK:

NG Kerk Wellington-Oos is nou op Facebook. “Like” ons asb sodat u op hoogte kan wees van wat in die gemeente gebeur. Indien u fotos wil plaas, skakel vir Marnus 061 661 1005.

Kliek hier vir toegang tot die kerk se Facebook-blad.

 

FOTO’S:

Stuur asb foto’s van kerkaktiwiteite na die kerkkantoor vir ons webwerf.

 

WORSHIP CONFERENCE 2015:

Vind plaas v/a 17-19 Mrt by Helderberg Gemeente, Somerset-Wes. Die oorkoepelende tema van die konferensie is God bless Africa: Worship for a Time Like This”. Vir meer inligting kontak Joanie Batt 021 808 3381, Chrisna cmer@sun.ac.za of Wilma 021 808 3624 (wler@sun.ac.za) SPERDATUM: 6 Maart.

 

DEUROFFER – BYBELGENOOTSKAP:

Hul doelstelling is om die Bybel beskikbaar te stel, sonder enige dogmatiese aantekening of kommentaar, aan elke leser in sy eie taal teen ‘n prys wat dit binne bereik van die armste bring. Hul gereelde werksaamhede sluit vertaling, produksie en verspreiding in. Hul word gefinansier deur kerke, organisasies, skole en individue.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 83: Wat is die sleutels van die koninkryk van die hemel?

Antwoord: Die verkondiging van die heilige evangelie en die Christelike tug. Met albei hierdie handelinge word die koninkryk van die hemel vir die gelowiges oopgesluit en vir die ongelowiges toegesluit.

In die Nuus