Deur : Skriba  /  March 15th, 2015

EREDIENSTYE VERANDER

Onthou asb dat die oggenddienste se tyd verander vanaf 5 April 2015 na 09:30 vir die wintermaande (April tot September).

 

BEGROTING 2015

Ons wil nie vir ‘n tekort begroot nie, maar tans is daar wel ‘n lopende tekort van R65 000-00 op die kontant. Ons kan egter hierdie tekort maklik uitwis indien elke huis sy maandelikse dankoffer met R10-00 verhoog.

 

G-VOUCHER PROJEK

Dit is v/a 16 – 20 Maart Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos elke middag v/a 12:00. Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104. Baie dankie aan ons lidmate vir hulle getroue ondersteuning vir hierdie projek.

 

AANDDIENSREEKS

Gedurende Maart preek ons leraars oor die gelykenisse in Matt 13.

 

BEHEERRAADSVERGADERING

Onthou asb om te gaan stem vir u skool se beheerraad

 

PAASSANGDIENS 29 MAART 19:00 BY MOEDERGEMEENTE

Dit is ‘n gesamentlike diens van die 3 NG gemeentes. Daardie aand sal daar geen aanddiens by ons wees nie.

 

KLANKOPERATEURS

Ons benodig dringend nog persone om Sondae met die klank te help. U naam kom op ‘n rooster – dit is dus nie elke Sondag nie en u sal vooruit weet watter Sondag u aan diens is. Indien u bereid is om te help en/of verdere vrae het, kontak Paul Stemmet 084 548 7173.

 

VAKATURES

Indien ons van enige vakatures bewus is, sal dit op ons webwerf onder “Nuus” verskyn.

 

MIRIAM

Indien u ‘n maandelikse uitgedrukte weergawe verkies van haar nuusbriewe asook van die “Bid vir Libie” gebeds-epos, kontak die kerkkantoor. Die nuusbriewe is nie dieselfde as die “Bid vir Libië” nie.  Lg is ‘n “internasionale projek”’ waarmee sy help. DISSIPELSKAP: As u deel van ‘n dissipelskapgroep wil wees, skakel met Ryk van Velden 021 873 1181 (W) / 082 857 4368. Groeplede doen selfstudie en deel wat hul in die Skrif ontdek in die groep.

 

AKKERS

Ons gaan weer akkers bymekaar maak en verkoop om fondse te in. U kan die akkers na die kerkkantoor bring of na Chris Olivier by Bainstraat 98. Vir verdere navrae kontak Chris 082 467 4386 / OlivierC@vodamail.co.za

 

DUVETPROJEK

Sal al die liewe vroue wat met die laswerk gehelp het, my ASB kontak. Die oortreksels moet gestik word – net 3 nate en ‘n soom! Jy kry ‘n pakkie klaar geknip met aanwysings. Elsa Giliomee 021 873 0110 / 082 373 5853 / elsagiliomee@icloud.com

 

MINIBUS PROJEK

Jeugbediening loods die jaar ‘n projek om fondse in te samel vir die aankoop van ‘n minibus vir die kerk. Ons gaan een keer per maand gebraaide bees- en hoendersosaties @ R15 elk by Die Sentrum verkoop as een van die projekte. Dit sal op Vrydagaande geskied vanaf 18:00 – 20:00 en ons vlg aand is 27 Mrt. Bestellings kan geplaas word by Elize (kerkkantoor), Tinus Broodryk 082 920 2290 of Anneli (Bromar Wines) 021 873 0565.

 

FAMILIENUUS

Artikels en foto’s moet asb die kerkkantoor bereik voor 31 Maart.

 

WES-KAAP IMAGINE TIENER SAAMTREK 10 – 12 APRIL

Vind plaas by Mega Park in Bredasdorp. Inskrysingsfooi is R350-00 pp. U kan by die kerkkantoor inskryf of aanlyn by info@imaginemovement.co.za Inskrywings tot 27 Mrt en betalings moet die inskrywings vergelsel. Vir meer inligting skakel 086 100 0291 Marnus Havenga 061 661 1005.

 

FOTO’S

Stuur asb foto’s van kerkaktiwiteite na die kerkkantoor vir ons webwerf.

 

PIEKNIEK- EN FLIEKAAND BY DIE KERK

Ons hou Vrydagaand 17 April om 18:00 piekniek op die kerk se gras terwyl ons fliek kyk. Verdere inligting sal op ‘n latere stadium gegee word.

 

FACEBOOK

NG Kerk Wellington-Oos is nou op Facebook. “Like” ons asb sodat u op hoogte kan wees van wat in die gemeente gebeur. Indien u fotos wil plaas, skakel vir Marnus 061 661 1005.

 

DEPRESSIE EN ANGS ONDERSTEUNINGSGROEP

Woens 18 Mrt 19:15 in Moedergemeente se saal gaan ons ‘n wonderlike aand saam met Tanya O’Connor geniet.  Tanya is ‘n skrywer sowel as kunstenaar en gaan vir ons meer kom vertel van Inkleurterapie en ons bederf met haar eie sketse om in te kleur. Petro  021 873 4688 of 072 709 8000. ‘n Vrywillige donasie sal baie gaaf wees!

 

CAPE CONSORT BAROK-MUSIEKKONSERT VIR LYDENSTYD

Son 22 Mrt v/a 16:30 – 18:00 in die Toringkerk. Die besoekende Nederlandse Barokviolis, Antoinette Lohmann en die bariton, Charles Ainslie, word bygestaan deur oa Erik Dippenaar op orrel en klawesimbel.  Kaartjies by die deur verkoop.  Navrae: aan:  Charles by 0791611061.

 

WORSHIP CONFERENCE 2015

Vind plaas v/a 17-19 Mrt by Helderberg Gemeente, Somerset-Wes. Tema van die konferensie is God bless Africa: Worship for a Time Like This”. Vir meer inligting kontak Joanie Batt 021 808 3381 / wler@sun.ac.za voor 6 Maart.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 84: Hoe word die koninkryk van die hemel deur die verkondiging van die heilige evangelie oop- en toegesluit?

Antwoord: Volgens die bevel van Christus word aan die gelowiges gesamentlik en afsonderlik verkondig en openlik betuig dat al hulle sondes hulle waarlik deur God ter wille van die verdienste van Christus vergewe is so dikwels as wat hulle die belofte van die evangelie met ’n ware geloof aanneem. Daarenteen word aan al die ongelowiges en huigelaars verkondig dat die toorn van God en die ewige verdoemenis op hulle rus solank hulle hulle nie bekeer nie (a). Volgens hierdie getuienis van die evangelie sal God sowel in hierdie as in die toekomstige lewe oordeel.

(a) Joh 20:21-23; Matt 16:19.

In die Nuus