Deur : Skriba  /  March 22nd, 2015

EREDIENSTYE VERANDER:

Onthou asb dat die oggenddienste se tyd verander vanaf 5 April 2015 na 09:30 vir die wintermaande (April tot September).

 

SANG- EN MUSIEKBEDIENING VERGADERING:

Let asb daarop dat hierdie vergadering verskuif v/a Woens 25 Mrt na Maan 23 Maart om 19:00 in die konsistorie.

 

VERLOF LERAARS:

Ds NJ is met verlof 22 Mrt en ds Jan v/a 1 Apr – 4 Mei.

 

BEGROTING 2015:

Ons wil nie vir ‘n tekort begroot nie, maar tans is daar wel ‘n lopende tekort van R65 000-00 op die kontant. Ons kan egter hierdie tekort maklik uitwis indien elke huis sy maandelikse dankoffer met R10-00 verhoog.

 

MAANDELIKSE DANKOFFER PER DEBIETORDER:

Ons is dankbaar vir heelwat gemeentelede wat van die debietorderstelsel gebruik maak vir oorbetaling van maandelikse dankoffers. In sommige gevalle het die bedrag egter vir ‘n geruime tyd onveranderd gebly. Die versoek is dus dat, waar van toepassing, ons ons bydrae-bedrag sal heroorweeg en hopelik dan aanpas soos gelei deur die Here. Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning van die Kerk van Christus en ons gemeente, en waarsonder ons nie ons bedieningsverpligtinge kan nakom nie – ons waardeer dit opreg.

 

DANKOFFERS: 

Elektroniese oordragte is makliker, goedkoper en tyd- en papier- besparend.  Ons wil u aanmoedig om u dankoffer per debietorder of elektronies oor te betaal aangesien u en die kerk dan bankkoste spaar.  Vir navrae skakel Carien Grobbelaar by die kerkkantoor 021 873 2180.

 

PAASSANGDIENS 29 MAART 19:00 BY MOEDERGEMEENTE:  

Dit is ‘n gesamentlike diens van die 3 NG gemeentes. Daar sal dus geen aanddiens by ons wees nie.

 

KOM BELEEF PAASFEES MET AL JOU SINTUIE: 

U word genooi om v/a Maan 30 Mrt – Don 2 Apr Moedergemeente te besoek.  Die kerk sal op wees vanaf 18:00 – 20:00. Gedurende hierdie tyd kan jy op jou eie tyd deur 12 Kruis-stasies beweeg.  Daar is geleentheid om dmv voel, proe, sien en lees iets van Jesus se lydensweek te beleef.

 

WES-KAAP IMAGINE TIENER SAAMTREK 10 – 12 APRIL:

Vind plaas by Mega Park in Bredasdorp. Inskrysingsfooi is R350-00 pp. U kan by die kerkkantoor inskryf of aanlyn by info@imaginemovement.co.za Inskrywings tot 27 Mrt en betalings moet die inskrywings vergelsel. Vir meer inligting skakel 086 100 0291 Marnus Havenga 061 661 1005.

 

HERWINNINGSPROJEK TBV DIE GEMEENTE:   

U kan al u plastiek, koerante, karton, boeke, glas en blik (skoon) in swartsakke (nie die deurskynende munisipale sakke wat vir die dorp se herwinningsprojek beskikbaar gestel is nie) aflewer by Boland Waste, Versailestr 54 (langs Boland Drukpers). Dit word dan tbv die kerk verkoop.  Let asb daarop dat die plastiese doppies en broodknypertjies nog steeds na die kerkkantoor gebring moet word vir die rolstoelprojek.

 

AKKERS: 

Ons gaan weer akkers bymekaar maak en verkoop om fondse te in.  U kan die akkers na die kerkkantoor bring of na Chris Olivier by Bainstraat 98. Vir verdere navrae kontak Chris 082 467 4386 / OlivierC@vodamail.co.za

 

DUVETPROJEK:

Sal al die liewe vroue wat met die laswerk gehelp het, my ASB kontak. Die oortreksels moet gestik word – net 3 nate en ‘n soom! Jy kry ‘n pakkie klaar geknip met aanwysings. Elsa Giliomee 021 873 0110 / 082 373 5853 / elsagiliomee@icloud.com

 

SOSATIE VERKOPE: 

Jeugbediening loods die jaar ‘n projek om  fondse in te samel vir die aankoop van ‘n minibus vir die kerk.  Ons gaan een keer per maand gebraaide bees- en hoendersosaties @ R15 elk by Die Sentrum verkoop as een van die projekte. Dit sal op Vrydagaande geskied vanaf 18:00 – 20:00 en ons vlg aand is 27 Mrt.  Bestellings kan geplaas word by Elize (kerkkantoor), Tinus Broodryk 082 920 2290 of Anneli (Bromar Wines) 021 873 0565.

 

FAMILIENUUS: 

Artikels en foto’s moet asb die kerkkantoor bereik voor 31 Maart.

 

PIEKNIEK- EN FLIEKAAND BY DIE KERK:

Ons hou Vrydagaand 17 April om 18:00 piekniek op die kerk se gras terwyl ons fliek kyk.  Verdere inligting sal op ‘n latere stadium gegee word.

 

AMOSBEDIENING: 

Is op soek na enige goeie tweedehandse (of nuwe) speelgoed.  U kan dit na die kerkkantoor bring.

 

SPEEL VAN KLAVIER: 

Daar word iemand dringend benodig om Don v/a 10:30 tot ± 11:15 klavier te speel by Silwerkruin se Alzheimer afdeling.  Vir meer besonderhede kontak Helen Palm dringend by   021 873 4181 voor 31 Maart.

 

SINODALE BYEENKOMS VIR VROUE IN DIE WES- EN SUID-KAAP:

U word uitgenooi na die vierjaarlikse  byeenkoms Woens 3 Junie v/a 09:00 – 13:00 (registrasie v/a 08:15) by Eensgezind, Durbanville.  Die koste beloop R150-00 p/p en dit sluit ‘n laatoggend ontbyt in. Alle vroue is welkom by dit by te woon.  Dr Nico Simpson behandel die geloofsreis   “Vroue met Vlerke” met ons.  Die tema: “Regtig begenadigde?”  Ons versoek dat persone van verskillende dorpe/gemeentes saamry om koste te spaar. Nader aan die tyd sal ons meer besonderhede asook ‘n padkaart stuur.  Vir verdere navrae kontak Karen van As 021 873 5222.

 

DEUROFFER – MAGDALENAHUIS:

Magdalenahuis gaan v/af 1 Mrt 2015 aan  meisies/vroue wie krisisswangerskap ervaar binne ‘n Dagsorgprogram versorg en ondersteuning  en bystand bied.  Betrokkenes sal buiten voedsame maaltye ook inskakel by ‘n gestuktureerde ontwikkelings, opvoedings, en vaardigheidsprogram met die oog op bemagtiging.  Meisies/vroue wat ‘n behoefte ervaar aan ‘n meer beskermde versorgings- opset  sal voortaan binne ‘n Veiligheidshuis versorg word.   Ander uitbreiding van ons  program is oa Gemeenskapsprojekte in agtergeblewe gemeenskappe met die oog op voorkoming van tienerswangerskappe en HIV.  Bg dienste is ‘n byvoeging tot ons reeds bestaande dienste.  Bestaande ander diensterreine waaronder swangerskapberading,  aannemings en herkomsfasilitering, gaan onveranderd voort.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 85: Hoe word die koninkryk deur die Christelike tug toe- en oopgesluit?

Antwoord: Volgens die bevel van Christus word die wat die naam Christen dra en tog ’n onchristelike leer huldig of hulle onchristelik gedra eers herhaalde kere broederlik vermaan. As hulle egter nie van hulle dwalinge of skandelike lewe wil afsien nie, moet dit aan die gemeente of aan die wat deur die gemeente daarvoor aangewys is, gesê word. As hulle hulle ook nie aan laasgenoemde se vermaninge steur nie, word hulle nie langer tot die heilige sakramente toegelaat nie en uit die Christelike gemeente en deur God self uit die ryk van Christus uitgesluit. Hulle word weer as lede van Christus en sy gemeente aangeneem wanneer hulle werklike verbetering beloof en bewys (a).

(a) Matt 18:15-17; 1 Kor 5:4, 5, 11; 2 Kor 2:6-8.

In die Nuus