Deur : Skriba  /  March 29th, 2015

FAMILIENUUS

Artikels en foto’s moet asb die kerkkantoor bereik voor 31 Maart!

 

EREDIENSTYE VERANDER

Onthou asb dat die oggenddienste se tyd verander vanaf 5 April 2015 na 09:30 vir die wintermaande (April tot September).

 

VERLOF LERAARS

Ds NJ is met verlof v/a 6 – 9 April en ds Jan v/a 1 Apr – 4 Mei. Indien daar enige krissise is 6 – 9 April, skakel asb vir ds George Conradie 083 662 5126 of Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610 of Marnus Havenga 061 661 1005.

 

DS JAN BESOEK NEDERLAND

Hy vertrek 7 April as deel van Projek Zebra. Hy besoek ds Renze se gemeente in Nederland soos wat ds Renze by ons gemeente gedoen het.

 

PAASMAAL

Donderdag 2 Apr om 19:00 in Die Sentrum. Kom eet en gesels saam oor wat Jesus vir ons gedoen het.

 

KOM BELEEF PAASFEES MET AL JOU SINTUIE

U word genooi om v/a Maan 30 Mrt – Don 2 Apr die Moedergemeente te besoek.  Die kerk sal oop wees vanaf 18:00 – 20:00. Gedurende hierdie tyd kan jy op jou eie tyd deur 12 Kruis-stasies beweeg.  Daar is geleentheid om dmv voel, proe, sien en lees iets van Jesus se lydensweek te beleef.

 

SANG- EN MUSIEKBEDIENING VERGADERING

Let asb daarop dat hierdie vergadering weer verskuif v/a Maan 23 Maart na Maandag 30 Maart om 19:00 in die konsistorie.

 

BUURTWAG

Vergadering Dinsdag 31 Maart in ons kerksaal. Sien ons webwerf vir meer besonderhede.

 

BEGROTING 2015

Ons wil nie vir ‘n tekort begroot nie, maar tans is daar wel ‘n lopende tekort van R65 000-00 op die kontant. Ons kan egter hierdie tekort maklik uitwis indien elke huis sy maandelikse dankoffer met R10-00 verhoog.

 

MAANDELIKSE DANKOFFER PER DEBIETORDER

Ons is dankbaar vir heelwat gemeentelede wat van die debietorderstelsel gebruik maak vir oorbetaling van maandelikse dankoffers. In sommige gevalle het die bedrag egter vir ‘n geruime tyd onveranderd gebly. Die versoek is dus dat, waar van toepassing, ons ons bydrae-bedrag sal heroorweeg en hopelik dan aanpas soos gelei deur die Here. Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning van die Kerk van Christus en ons gemeente, en waarsonder ons nie ons bedieningsverpligtinge kan nakom nie – ons waardeer dit opreg.

 

DANKOFFERS

Elektroniese oordragte is makliker, goedkoper en tyd- en papierbesparend. Ons wil u aanmoedig om u dankoffer per debietorder of elektronies oor te betaal aangesien u en die kerk dan bankkoste spaar. Vir navrae skakel Carien Grobbelaar by die kerkkantoor 021 873 2180.

 

PIEKNIEK- EN FLIEKAAND BY DIE KERK

Ons hou Vrydagaand 17 Apr om 18:00 piekniek op die kerk se gras terwyl ons fliek kyk. Bring u eie piekniekmandjie en kombers/opvoustoel. Kostes beloop R50-00 vir volwassenes en R20-00 vir kinders. Kinders se kaartjie sluit springmielies en sappie in. Kaartjies is van Maandag af te koop by Salon Pappilon (agter Spar parkering), by Cherry Tree (by Checkers en by OK Minimark). Die fliek wat vertoon gaan word, sal ‘n lekker Afrikaanse komedie vir die hele gesin wees.

 

SUNFIELD VERVOER

Indien enigeen in besit van ‘n “PDP” lisensie bereid is om een maal per maand te help met die vervoer van die inwoners na die aanddienste, kontak asb Adell Erasmus 082 925 7190.

 

NOODKAS

Die Barmhartigheidsbediening sê baie dankie vir al die gereelde bydraes. Tans is ons voorraad min en behalwe vir rys, sal enige bydraes baie waardeer word.

 

HERWINNINGSPROJEK TBV DIE GEMEENTE

U kan al u plastiek, koerante, karton, boeke, glas en blik (skoon) in swartsakke (nie die deurskynende munisipale sakke wat vir die dorp se herwinningsprojek beskikbaar gestel is nie) aflewer by Boland Waste, Versaillestr 54 (langs Boland Drukpers). Dit word dan tbv die kerk verkoop. Let asb daarop dat die plastiese doppies en broodknypertjies nog steeds na die kerkkantoor gebring moet word vir die rolstoelprojek.

 

VERLORE KERKEIENDOM

Met ons jaarlikse voorraadopname op 28 Febr het dit onder ons aandag gekom dat baie van ons kombuisware verlore geraak het die afgelope jaar. Ons doen ‘n dringende beroep op elkeen om asb by die huis te kyk vir enige kerkeiendom. Indien u wel iets het, sal ons dit waardeer indien u dit na die kerkkantoor sal bring.

 

SOSATIE VERKOPE

Jeugbediening loods die jaar ‘n projek om fondse in te samel vir die aankoop van ‘n minibus vir die kerk. Ons gaan een keer per maand gebraaide en rou bees- en hoendersosaties @ R15 elk by Die Sentrum verkoop as een van die projekte. Dit sal op Vrydagaande geskied vanaf 18:00 – 20:00 en ons vlg aand is 24 April. Die rou sosaties word verkoop in pakke van 5 in sous ge”vacuumpack”. Bestellings kan geplaas word by Elize (kerkkantoor), Tinus Broodryk 082 920 2290 of Anneli (Bromar Wines) 021 873 0565.

 

AKKERS

Ons gaan weer akkers bymekaar maak en verkoop om fondse te in. U kan die akkers na die kerkkantoor bring of na Chris Olivier by Bainstraat 98. Vir verdere navrae kontak Chris 082 467 4386 / OlivierC@vodamail.co.za

 

AMOSBEDIENING

Is op soek na enige goeie tweedehandse (of nuwe) speelgoed. U kan dit na die kerkkantoor bring.

 

SPEEL VAN KLAVIER

Daar word iemand dringend benodig om Don v/a 10:30 tot ± 11:15 klavier te speel by Silwerkruin se Alzheimer afdeling. Vir meer besonderhede kontak Helen Palm dringend by 021 873 4181 voor 31 Maart.

 

In die Nuus