Deur : Skriba / November 20th, 2011
KATEGESE AFSLUITING: Vind plaas op 4 Des en nie op 27 Nov nie agv belydenisaflegging.
KINDERKERK: Ouers moet asb bywoningseëls saam met u kind stuur vir die einde van die jaar.
CHOMPS: Daar word ‘n kamp beplan vir die naweek van 2 tot 4 Desember 2011 agter Groenberg. Hou die spasie dop vir verdere inligting.
TIENERKAMP: Ons gaan vanaf 8 – 11 Desember by Die Hel in Gamkaskloof kamp. Alle Gr 8 – 12 leerders is welkom. Skakel oom Buks Oberholzer 082 377 7705 of oom Charl Marais 082 421 7921 of ds Jan vir meer inligting.
PREDIKANTE VERLOF: Ds NJ is met verlof v/a 29 November tot 2 Desember en weer v/a 6 tot 26 Desember en ds Jan vanaf 27 Desember tot 10 Januarie.
LIG & KERKBODE: Indien u sou belangstel om vir 2012 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 21 November.
LEER & AKTUELE KOMMISSIE: Soek dringend gemeentelede wat wil betrokke raak by hierdie kommissie. Kontak Hannetjie Burger 082 500 4143 of ds Jan vir meer inligting.
BASAAR: Daar is blikkies koeldrank @ R6 en gegeurde water @ R5-50 by kerkkantoor te koop.
HET LIEVE WELLINGTON FEES. By Mischa Wynlandgoed op 26 November v/a 12:00 tot laat. Kom geniet saam met die ander gemeentes en dieATKV ‘n heerlike dag van ontspanning en kom skep ‘n bord potjiekos tbv Sunfield. As jy wil help toutrek, skakel Drikus Kotzé 076 810 9276.
GEMEENTE-AFSLUITING OP DIE KERKTERREIN MET POTJIE OF BRAAI – 7 DES: U ouderling of kleingroepleier sal met u reël. Wykslede dra by vir pot of braai en die vernuftiges berei die maal voor en almal geniet dit saam.
MEDIESE HULPFONDSE: Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel. Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.
NOODKAS: Baie dankie aan almal wat so gereeld bydra. Ons voorraad is steeds min en enige bydrae is baie welkom. Items wat baie nodig is: mieliemeel, melk, hoender, konfyt, oats, suiker, koffie, pakkies sop, beef, grondboontjiebotter, marmite, tandepasta, toiletpapier, waspoeier, skeerroom, “roll-on” en shampoo.
SKOOLKLERE: Bring asb enige skoolklere van ons hoër- en 2 laerskole wat nie meer gebruik word nie en wat u bereid is om te skenk, na die kerkkantoor.
SOPKOMBUIS MBEKWENI: Benodig droë sopmengsel en blokkies beesvleisaftreksel. Indien u graag betrokke wil raak, skakel Baby Botha by 021 873 4612 / 082 501 7209.
HAM: Benodig dringend bababedjies (“cots”) asook baba-eetstoeltjies vir die Kinderhuis. “Camping cots” is ook welkom. Indien daar so iets in u huis of garage in onbruik staan, sal ons dit baie goed kan gebruik. Ons kan dit ook by u woning kom afhaal.
KERSGESKENKE POLISIE: Ons benodig 164 “slabs” sjokolade van 200g elk om vir al Wellington SAP lede as ‘n Kersgeskenkie te gee. Indien u bereid is om ‘n skenking of donasie te maak, kontak asb Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.
VREUGDEDIENS: Soek klein stolvormpies soos vir enkelporsies. U kan dit by die kerkkantoor of Hetta Cloete Sarembockstraat 12 afgee.
CV’S: Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.
WERKGEWERS: Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.
MANNEBYBELSTUDIEGROEP: Almal wat belangstel in ‘n mannebybelstudiegroep op ‘n weeksaand, skakel asb vir Buks Oberholzer 082 377 7705 of ds NJ.
GEOPENDE DEURE: Geopende Deure ondersteun gelowiges en hulle gesinne wat ly weens hul geloof in Jesus Christus. Indien u ’n bydrae wil maak vir vervolgde Christenekan u ’n donasie inbetaal by: Geopende Deure – ABSA Northcliff – Takkode: 632005 – Reknr: 160340 568.
KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES: Die Vrouediens (Getuienis) en die KIX kindertjies is besig om handgemaakte kerskaartjies te maak vir gevangenes in Hawequa gevangenis wat dit dan weer oor die Kerstyd vir hulle geliefdes kan stuur. Ons wil graag 500 kaartjies vir hulle gee. Posseëls kos tans R2.50 elk. Indien u dalkkan help om ‘n posseël of meer te skenk, of dalk ‘n geldjie wil gee om die uitgawes te help dra, sal ons dit baie waardeer. Kontak kerkkantoor of Lounette van Niekerk 082 774 9039 / 021 864 3175.
MOEDERGEMEENTE KERSMARK: Van Dinsdag, 29 Nov tot Vrydag 2 Des van 09:00 – 19:00 en Saterdag, 3 Des van 09:00 -13:00. Vanjaar is daar ook ‘n heerlike feestelike restaurant-tent buite die saal. Kom kuier, koop of kom loer gerus weer na al die oulike geskenkies vir kersfees en bederfgoedjies vir jouself! Skakel die kerkkantoor by 021 873 1561 soggens vir meer inligting.
WELLINGTON GEBEDSIMFONIE: Die Gebedsimfonie (interkerklike biduur vir herlewing en sending) ontmoet vanmiddag om 15:30 by Eerste laan 22. Johann en Marinda Lemmer kom vertel van die onlangse uitreik na die Richtersveld. Kom bid saam virWellington se gemeentes en sendelinge! Vir meer inligting: ds Attie van Wijk 082 557 996.
GEBED VIR PADVEILIGHEID: Sondag 27 November. Kom bid saam met gelowiges uit die hele gemeenskap vir die vakansieseisoen. TYD: 15:00 – 17:00. PLEK: VGK ZIONS, KLEIN DRAKENSTEINWEG, Paarl-Oos (langs Munisipale Swembad). Voorgestelde versoeke en spontane gebede afgewissel met lofprysing. Kontak Annebet Els 021 872 9199 / 072 269 5647 vir padaanwysings.
JAN KRIEL SE LIGGIEBOOMFEES: Op Saterdag 26 Nov. Onthou dit is die hoogtepunt van ons fondsinsamelingsprojekte vir die jaar en ons kinders het julle ondersteuning nodig! Kom hou piekniek op Jan Kriel se pragtige grasperke en geniet die musiek en atmosfeer vanaf 17:00. Daar sal ‘n kafee-area wees. Die Gospelkonsert begin om 19:00 en ons sing saam met Hilandi & CONF8 tot ons die liggies om 21:00 aanskakel. Jy kan ook ‘n liggie borg @ R60 of selfs net ‘n bydrae maak.
STELLENBOSCH EERSTEJAARSKAMP 2012: Aangebied deur NG Stellenbosch Moederkerk & Kruiskerk v/a 22 – 25 Jan 2012 en registrasie is 22 Jan 2012 by Kruiskerk, Stellenbosch. Die koste is R550 (etes, verblyf & vervoer ingesluit). Vir meer inligting kan u ons webtuiste besoek of my kontak. Dawfré Theron 076 385 7720 / www.moederkerk.co.za / kamp@moederkerk.co.za