Auto Draft

Deur : Skriba  /  October 13th, 2013

Verkose kerkraadslede 2013 – 2014

Ouderlinge                                                Diakens

Wyk 20 – Danie Theart                           Wyk 14 – Attie Steenkamp

Wyk 32 – Theuns Botha                         Bordeaux – Danell Lilly (dienswerker)

Bordeaux – Frikkie Grobbelaar             Hertzog – Elize Hickman (dienswerker)

                                                                    Onder Berg-en-Dal – Ben Steenkamp (dienswerker)

 

FAMILIENUUS

Artikels vir die Kersuitgawe moet asb voor einde Okt by die kerkkantoor wees.

 

WYKSANGAAND

Ons wil die wyke of groepswyke nooi om elk ‘n lied te sing met die aanddiens op 10 November.  Gee asb u lied deur na Leana Engelbrecht 082 781 1360 / 021 873 4664 (H) / graad5@hugprim.co.za voor einde Okt.  Ouderlinge en/of groepsleiers kan dit reël.

 

VROUEDIENSAFSLUITING

Alle vrouelidmate word uitgenooi na die KK&K op 12 November om 19:00 in die kerksaal.

 

4X4 DAG

4 X 4 Dag wat op 19 Okt sou plaasvind, is afgestel.

 

SENIOR BEDIENING

Die ouer lidmate mis oom Gideon se besoeke.  As daar lidmate is wat bereid is om seniors bo 75 te besoek, skakel asb met een van die predikante.

 

NUUS VAN MIRIAM

Miriam het laat weet dat dit goed gegaan het met haar besoek aan Turkye en dat dit ‘n baie geseënde tyd was, maar dat sy ‘n geestelike laagtepunt beleef en min energie het.  Volgens haar terapeut is dit normaal na ‘n traumatiese ervaring.  So ONS MOET VIR HAAR BID!!  Sy is terug in Spanje, maar het verlede Donderdag (10 Okt) na Israel gevlieg as verteen-woordiger van haar organisasie op ‘n gebeds “summit”.  Sy keer volgende Woensdag weer terug na Spanje.

  • Bid asb vir eenheid met die onderhandelinge en teen aanvalle van die vyand
  • Bid ook asb vir vrede as sy deur die Israeliese grenspos gaan – haar vorige land se visum is in haar paspoort en kan baie vrae ontlok.
  • Bid asb vir die Here se beskerming weereens oor haar en dat Sy wil in haar lewe sal geskied.

 

POTJIEKOS VIR SNR BURGERS

Op 18 Okt om 12:30 kan ons senior burgers gratis kom smul aan potjiekos by die kerk.  Gee asb u name deur aan die kerkkantoor voor of op 11 Okt indien u dit wil bywoon.  Eie eetgerei.

 

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00 om by die basaar en ander geleenthede te dra.  T-hemde is te koop by Cummings Gastehuis.

 

LUISTERPROSES

Ons nooi elke lidmaat uit om Maandag 14 Okt v/a 19:00 – 21:00 by Die Sentrum te kom luister na wat ons reeds gehoor het uit die Skrif, navrae aan gemeentelede en uit die gemeenskap.  U insette sal waardeer word.  Ds Bossie Muller is die fasiliteerder.

 

MBEKWENI SOPKOMBUIS

Hulle het dringend nog fondse nodig vir die aankoop van bestandele vir die sop.  Indien u kans sien om bestandele en/of geld te skenk, kontak asb vir Baby Botha by 021 873 4612 / 082 501 7209 vir volledige inligting.

 

GEMEENTEBIDUUR WOENSDAE 09:00 IN KONSISTORIE

Indien u gebedsversoeke wil deurgee, skakel gerus met Steenkamp Claassen 021 873 3163 083 650 8104.

 

SUNFIELD VERVOER

Ons is opsoek na persone wat bereid is om 1 X ‘n kwartaal te help met die vervoer van Sunfield inwoners na die aanddiens.  Ons maak gebruik van Sunfield se vervoer.  U moet verkieslik in besit van ‘n PDP wees.  Kontak Adell Erasmus 082 925 7190 indien u kan help.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Baie dankie vir die Kerskaartjies wat ons reeds ontvang het.  Ons wil graag weer 600 kaartjies gereed kry om aan Hawequa en gevangenisse in die omgewing uit te deel om aan hulle geliefdes oor Kerstyd te stuur. Baie dankie vir elkeen wat ‘n kaartjie/s kan maak om ons te help.  Kontak Lounette van Niekerk  021 864 3175 / 082 774 9039.

 

KLEINGROEPE

Mense wat wil inskakel by ’n gesins- of Bybelstudiegroep skakel asb met ds NJ.

 

G-VOUCHER PROJEK

U kan G-Vouchers by die kerkkantoor koop en self vir mense in nood gee of u kan die koepons by die Posduifklub agter Moederkerk afgee en dan net die bedelaar van Maandag – Vrydag na die Posduifklub stuur.  Om 12:00 word hulle geestelik bedien, kry kos en moet help met opruiming.  Om die haweloses se menswaardigheid te probeer herstel, gaan ons hul as mense hanteer. Elke hawelose in Wellington se besonderhede gaan opgeteken word en die inligting in ‘n databasis versamel word.  Dit sal ons waardevolle statistiek kan bied vir toekomstige beplanning. Ons het ‘n inligtingsvorm vir elke individu wat ook sy foto insluit. Die Wellington gemeenskap word versoek om met hierdie proses te help. Enige vrywilliger kan Maandag tot Vrydag om 12:00 by die Posduifklub, waar ons kos gee, kom help om die inligting te bekom deur met die betrokke individu ‘n gesprek te voer en die vorm te voltooi.

Ons wil die inligting ook binnekort gebruik om persoonlike uitnodings aan hul te gee vir bywoning van World Homeless Day in Paarl op 10 Oktober.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

ACVV JAARVERGADERING

Die ACVV se algemene Jaarvergadering is op Donderdag, 17 Oktober om 10:00 by Silwerkruin.  Alle belangstellendes is baie welkom.

 

SINODE INLIGTING

Vir meer inligting sien asb hulle webwerf www.as2013.co.za

 

GEMEENTEKONSERT:   Tema: 40 jaar JONK!

Alle talentvolles, begaafdes en snaakses (of nie) kom meld asb aan vir die gemeente konsert.  Moet asb nie skaam wees nie – kontak vandag nog vir Adell Erasmus 082 925 7190 / Tannie Hetta  021 873 3158 / 082 717 3062.  Ons wil almal betrek – groot, klein, oud, jonk, snaaks, ernstig.

Oefentye is as volg:

Woensdagaand, 16 Ok  – 18:30 –  20:00  

Donderdagaand, 17 Okt – 19:00 -20:00

Woensdagaand, 23 Okt  – 19:00 – 20:00  

Donderdagaand, 24 Okt  – kleedrepetisie 19:00 tot klaar

Kan iemand in die gemeente dalk ‘n CD of plaat van die Grafsteensangers  en/of ou kerkhoede vir ons leen vir die konsert – kontak Lounette van Niekerk  021 864 3175 / 0827749039. 

  • Marktafel benodig asb al u ou hout klerehangers wat nie meer gebruik word nie asook leë 500 ml, 1L, 1.5L en 2L leë koeldrankbottels vir die maak van gemmerbier.  Hulle is ook op soek na alle leë papier meel- en suikersakkies.  Verder benodig hulle asb ook baie dringend enige groente-, vrugte- of kruieskenkings vir die dag van die basaar. Laat asb by die kerkkantoor of by Amanda Anker Sarembockstraat 10, 021 873 7263 of  082 327 1102.  
  • Mannetafel soek nog baie goeie bruikbare artikels wat u nie meer wil gebruik nie.  U kan dit by die kerkkantoor afgee of by Nico van Zyl Dorisrylaan 49 / 084 619 5507.
  • Kindertafel het ook 2L leë koeldrank bottels nodig asook Ricoffy blikke van alle groottes.
  • Ontbytkaartjies vir die oggend van die basaar is by die kerkkantoor te koop @ R45-00.
  • Nuwe tafel:  “2de Handse Speelgoed” – Ons wil graag nuwe tafels op die basaar begin.  Indien u enige 2de handse/gebruikte speelgoed het waarmee nie meer gespeel word nie, is u baie welkom om dit aan die kerk te skenk.  U kan dit by die kerkkantoor afgee of vir Hennie Engelbrecht kontak by 021 864 1799 / 082 562 3950 om dit af te haal.

Indien u enige plek wil help of enige ander bydraes wil lewer, skakel asb kerkkantoor.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 107: Het ons die gebod gehoorsaam as ons maar net nie ons naaste doodmaak, soos hierbo gesê is nie?

Antwoord: Nee, terwyl God afguns, haat en woede verbied, gebied Hy dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself (a). Ons moet teenoor hom geduldig, vredeliewend, sagmoedig, barmhartig en vriendelik wees (b), alles wat hom kan benadeel, sover moontlik probeer voorkom (c) en selfs aan ons vyande goed doen (d).

 

Vraag 106: Praat hierdie gebod net van doodmaak?

Antwoord: Deur doodmaak te verbied, leer God ons dat Hy die wortel daarvan (a), soos afguns, haat (b), woede (c) en wraaklus verafsku.. Dit alles is vir Hom heimlike moord (d).

 

Vraag 105: Wat eis God in die sesde gebod?

Antwoord: Ek mag nie self en ook nie deur iemand anders my naaste onteer, haat, beledig of doodmaak nie. Ek mag dit nie met my gedagtes, woorde of gebare doen nie en nog minder met die daad (a). Ek moet alle wraaksug laat vaar (b). Ek mag ook myself nie kwaad aandoen of moeds-willig in gevaar begewe nie (c). Daarom dra die owerheid die swaard om doodslag te weer (d).

In die Nuus