Deur : Skriba / October 20th, 2014
GEMEENTEFEES 2014!!!!!!!
Ons hou weer basaar op Saterdag 25 Okt v/a 09:00. Ons skop reeds die Vrydagaand 18:00 af met ons nou reeds beroemde gemeentekonsert wat voorafgegaan word met treinritte vir die kleingoed en iets te ete en drinke. Sat om 18:00 sluit ons af met ’n heerlike hoenderbraai @ R55-00 vir volw en R20-00 vir kinders. Vir diegene wat nog nie kaartjies het vir hierdie heerlike hoenderbraai nie – Carien sal vanoggend direk na die oggenddiens in die kerkkantoor beskikbaar wees indien u etekaartjies wil afhaal en dan die geld of (1) EFT, of (2) die kontant later betaal of (3) eers betaal op betaaldag Okt. U kan ook nog op Maan 20 Okt kaartjies koop by die kerkkantoor.
BASAAR: Die vlg word benodig by die onderskeie tafels en kan by die kerkkantoor afgegee word:
- MANNETAFEL. Goeie bruikbare artikels wat u nie meer wil gebruik nie. U kan dit ook afgee by Nico van Zyl Dorisrylaan 49 / 084 619 5507.
- KLEINKOEKIES. Benodig nog droë koekies vir die basaar. Enige bydrae sal baie waardeer word. Besorg dit asb by die kerkkantoor of skakel Susan Linde by 021 873 2359 of 072 658 0858 om dit by u af te haal. Indien u dit verkies, sal ons dit verpak ook.
- MARKTAFEL.
- Emmelina Gerber vra leë 500 ml gaskoeldrankbotteljies – 021 873 3296 / 084 673 3296
- Hetta Cloete benodig houthangers van enige grootte – 021 873 3158 / 084 673 3296
- Kruie-, groente- en vrugteskenkings vir die marktafel. Enige hoeveel is welkom. Kontak
- asb Amanda Anker by 082 3271 102 / 021 873 7263 / ankeramanda@yahoo.co.nz as jy kan help, of bring dit sommer kerk toe op die dag van die basaar.
- Alle nie-bederfbare skenkings vir die marktafel kan gedurende die week voor die basaar by Sarembockstr 10 afgelewer word om gemerk te word. Kontak ook vir Amanda Anker.
- KAFEE.
- Gebruikte plat “foamalite” bakkies (die waarin vleis verpak word).
- Persone wat kan help pannekoeke bak vir ongeveer een uur op die dag van die basaar, skakel asb vir Ronel van Heerden 082 322 3689. LW! Groot bestellings vir pannekoeke MOET asb vooraf geplaas word by Ronel van Heerden 082 322 3689.
- TAFEL VIR DIABETE. Magriet Gerber wil graag ‘n tafel vir diabete begin. As daar mense is wat kan en bereid is om te help, kontak haar asb by 021 873 3668 / 082 569 3006.
- SPELETJIES. Benodig nog mense wat wil help by speletjies vir die kinders. Skakel asb vir Louise Engelbrecht 021 864 1799.
KLEINGELD VIR BASAAR: Die konvenors kan hulle kleingeld by Carien by die kerkkantoor afhaal v/a Woensdag 22 tot Vrydag 24 Okt tussen 08:00 en 13:00.
BASAAR SPELETJIES VIR KINDERS: Kinders, bring asb julle swemklere en handdoeke saam na die basaar toe – daar gaan lekker “nat” pret wees en ons wil nie hê julle mammas moet kwaad wees oor nat klere nie!
G-VOUCHER PROJEK: Dit is v/a 20 – 24 Okt Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos elke middag v/a 12:00. Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104.
FAMILIENUUS: Alle bydraes moet asb die kerkkantoor bereik voor of op 20 Okt om 12:00.
DATAPROJEKTOR: Die dataprojektor benodig 2 persone wat kan help om die rekenaar Sondag- oggende- en aande te beman. Jy sal elke 6de Sondag aan diens wees. Indien iemand bereid is om te help, kontak Andre Visser @ andrev@fabrinox.com
POTJIEKOS VIR SENIORS. Let asb daarop dat hierdie geleentheid verskuif vanaf 17 Oktober 2014 na ‘n datum in Februarie 2015.
NOODKAS: Ons verskaf tans maandeliks aan ± 10 gesinne kospakkies. Ons noodkas is nou feitlik leeg en ENIGE bydrae is welkom en sal baie waardeer word.
KERSKAARTJIES VIR DIE GEVANGENES: Baie dankie vir almal wat reeds Kerskaartjies gemaak het. Ons waardeer elke kaartjie regtig met opregtheid. Ons het egter nog heelwat nodig – so as dit vir u enigsins moontlik is om nog ‘n paar te maak, sal ons baie dankbaar wees. Ons sal weer met die Vrouediens afsluiting kaartjies kan maak – dit was verlede jaar baie gesellig en lekker om so saam te werk. Merk dus asb. nou al die datum, 11 NOVEMBER 2014 dat jy nie die aand misloop nie. Navrae: Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 77 49039 of die kerkkantoor
NUUS VAN MIRIAM: Miriam moet vir ‘n tyd die Schengen zone verlaat vir haar visum, sodat sy langer in Spanje kan bly vir die kursus waarmee sy help. Daarom vertrek sy die week na Turkye vir ‘n 2 weke seminaar: “Intensive counselling and member care seminar”- die inligting sal sy nuttig kan gebruik in die toekoms. Bid asb. gereeld vir haar.
GEBEDSIMFONIE: Interkerklike bidgroep vir herlewing en sending ontmoet weer op Son 19 Okt om 15:30 by Eerste laan 22. Alle bidders welkom. Bring jou eie gebedsonderwerpe saam.
DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP: Woens 22 Okt 19:15 in Wellington-gemeente se kerksaal in Kerkstraat. Die spreker is dr Irene Strydom, ‘n sielkundige, en die onderwerp “Hoe hanteer ek my tiener/jongmenskind wat depressie het?” ‘n Donasie is baie welkom. Vir meer inligting kontak Petro 021 873 4688 / 072 709 8000.
VOORGESTELDE WYSIGING VAN ARTIKEL 1:
Die kerkraad het Maandagaand 22 Sept eenparig aanbeveel dat Artikel 1 gewysig word soos aanbeveel deur die Sinode. Die gemeente kan nou vir of teen die aanbeveling van die kerkraad stem op 5, 12, 19 & 26 Okt na die oggenddiens op die verhoog tot en met 12:00. Die geleentheid om te stem sluit dus 26 Okt om 12:00. U lidmaatskap moet by hierdie gemeente wees om te mag stem. Bevestig asb by die kerkkantoor indien u onseker is. Op 27 Okt stem die kerkraad vir of teen die voorstel van die Sinode om Artikel 1 te wysig. Beide die kerkraad en die gemeente moet ‘n 2/3 meerderheid stemme hê ten gunste van die wysiging van Artikel 1 om te kan tel as ‘n “JA” stem.
VOORGESTELDE NUWE ARTIKEL 1 ( Byvoegings in vetgedruk)
1. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is gegrond op die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God.
2.1 Die leer wat die Kerk in ooreenstemming met die Woord van God bely, word verwoord in die ekumeniese belydenisse, naamlik die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius; en die Drie Formuliere van Eenheid, nl die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls.
2.2 Die Belydenis van Belhar is deel van die belydenisgrondslag van die Kerk, op so ’n wyse dat daar ruimte is vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit as in ooreenstemming met die Woord van God bely, sowel as vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit nie as ’n belydenisskrif onderskryf nie.
3. Die Kerk aanvaar dat haar roeping om haar geloof te bely, altyd geld en dat ’n uitbreiding van haar belydenisgrondslag sonder dwang geskied.