Auto Draft

Deur : Skriba  /  August 19th, 2016

JEUG AKTIWITEITE

 

TEKKIES EN KIX

Woensdag 24 Augustus 2016

KIX           16:00 – 17:00

TEKKIES  17:30 – 18:30

(Proe God se goedheid)

GR 7’S       17:30 – 18:30

 

FIETSTOER 30 SEPT – 2 OKT 2016

Ons ry vanjaar van Gansbaai tot by L’Agulhas.  Indien jy belangstel om deel te neem – Ds. NJ sal na die erediens inskrywingsvorms beskikbaar hê voor die preekstoel – daar sal ook inskrywingsvorms by die kerkkantoor beskikbaar wees van Maandag af.

 

CSV

Daar word elke Woensdag van 16:45 – 17:45 CSV aangebied by Hugenote Hoërskool.  Alle hoërskool leerlinge is welkom!

 

NOMINASIE VAN KERKRAADSLEDE

 

In die vlge wyke is vakatures vir 2017.  Nomineer asb by u wyksbyeenkomste, kerkkantoor of u wyksleraar.  Dit is ‘n voorreg om deel te wees van Wellington-Oos se kerkraad.

 

Ouderlinge

Wyke 1, 2, 5, 6, 8, 11, 12, 15, 17, 22, 23, 25, 26, 27, 32, 33, Les Hugenot A, Albatros, Onder Berg en Dal, Hertzog & Patatskloof.

 

Diakens / Dienswerkers

Wyke 2, 3, 4, 5, 6, 8, 10, 12, 16, 19, 23, 24, 25, 29, 31, 32, 34, Spruitrivier, Albatros, Onder Berg en Dal, Hertzog & Patatskloof.

 

UIT DIE KANTOOR

 

TERREINBESTUURDER/KOSTER

Chris Bester is aangestel vanaf 5 September 2016 en kan gekontak word by 021 864 1809 / 083 776 1021.

 

WILDSFEES

 

TREINTJIE

Ons gewilde treintjie loop tydens die wildsfees, soos volg:

Vrydag:  17:00 – 18:00

Saterdag:  09:00 – 12:00

Kaartjies teen R5 sal verkoop word tydens die fees.

 

BEDIENING VAN GEMEENSKAP

 

GOSPELKONSERT

Tommy Oliver en Tommy Dell hou `n gospelkonsert met getuienisse op 2 September om 19:00 in die kerksaal.  Koste beloop R50 p/p. Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor (slegs kontant).

 

Tommy Oliver sal ook sing tydens die oggenddiens van 28 Augustus 2016.

 

LOFPRYSINGSDIENS

Sondag, 4 September 2016 om 19:00 sal daar `n lofprysingsdiens plaasvind met Danie Botha.

 

G-VOUCHER

Benodigdhede vir G-Voucher:  Daar is `n dringende behoefte aan rys, kookolie (om te bak), hoendervleis en brood.

 

KOSKAS

Ons het `n dringende tekort aan voorrade vir die koskas – u bydrae sal waardeer word.

 

ALGEMEEN

 

INTERKERKLIKE WEEK VAN GEBED

28 Augustus – 4 Sepember 2016

Die week van gebed begin op 28 Aug van 16:00 – 17:30 in Hugenote Laerskoolsaal – daar sal geen aanddiens wees nie.

Ons is verantw. vir die gebedsessie op Di 30 Aug om 19:00 – 20:00 in Moederkerk se saal.  Ryk van Velden gaan dit vir ons lei. Ons is ook verantwoordelik vir weeklikse diensbeurte by die Boiler room in die Marthasaal vanaf Dinsdag 30 Aug om 19:00 – Woensdag 31 Aug om 07:00, asook Sondag 4 Sept van 07:00 – 19:00. Ons doen uurliks beurte waar ons slegs toesig hou in die saal – indien u kan help, ontmoet Anette de Kock na die diens by die preekstoel om u naam teenoor `n tydgleuf in te vul of kontak die kerkkantoor by 021 873 2690.

 

40 DAE VIR KLEINGROEPE

Vind plaas vanaf 14 Augustus tot 22 September.

 

FAMILIENUUS

Alle bydraes vir die familienuus moet asseblief die kerkkantoor voor of op 28 Augustus bereik.

 

EMBRACE

Dit is `n program wat op vroeë kindontwikkeling fokus, veral die eerste 1000 dae van `n kind se lewe – van bevrugting tot en met ouderdom 2.  In die program beoog ons om `n Omgee-mamma / ouma met `n minderbevoorregte swanger mamma te verbind.  Indien enigeen belangstel om `n Omgee-mamma / ouma te wees, skakel asb Eureka Smit by 021 873 5730 / 084 461 4028.

 

ALPHA MANNEKOOR

Anthony Abrahams (terreinwerker van ons gemeente) vorm deel van `n nie-winsgewende mannekoor wat die afgelope 26 jaar die Evangelie versprei as “Mans van die Woord”.  Kontak asb hul Sekretaris by 078 0344 858 indien u sou belangstel om `n bydrae te maak of vir meer inligting.

 

 

In die Nuus