Deur : Skriba / October 14th, 2016
UIT DIE KANTOOR
SPESIALE KERKRAADVERGADERING
Daar sal vanoggend net na die erediens ‘n spesiale KR vergadering wees in die Konsistorie.
Vakante Wyke: Ouderlinge: Wyke 1 Suid, 8, 12, 22, Patatskloof, Laer Uitsig, Groenberg
Diakans / Dienswerkers: Wyke 2, 4, 6, 21, 24, Spruitrivier, Onder B & D
BELYDENISKLAS 2015 BRAAI
Die Belydenisklas van 2015 braai vanaf so 11:30, na die matriekdiens, saam met hul ouers, by die Kalkoonde op die Hermonpad (12km links regoor Burgersdrift). Vir verdere navrae, kontak NJ by 084 584 1331.
GEMEENTE BASAAR, 5 NOVEMBER 2016
Kom ons vier fees tot eer van die Here. Indien u wil help, skakel asseblief met u sameroepster van u groep se tafel – u kan die inligting op die kalender onder gemeentefees kry. U Ouderling sal/het u besoek met `n basaarlys, waarop u `n kontantbydrae kan gee of bestanddele vir `n tafel. Die aand se hoenderbraai kaartjies is beskikbaar by u Diaken of die kerkkantoor.
LEKKER FILTERKOFFIE TYDENS AANDDIENS
Kom geniet `n heerlike koppie filterkoffie vanaf 18:30 in die kerk. Ons sal dit waardeer indien u `n donasie van R5 kan gee om die onkoste te dek.
GETUIENIS 16 OKTOBER 2016 TYDENS AANDDIENS
Tannie Poppie, deelnemer aan Kokkedoor (sy was ook by Wildsfees) gaan `n getuienis lewer
JEUG AKTIWITEITE
GROOT NUUS!
GRAAD 1 TOT 3 ONS KAMP SAAM MET JOSUA!
Kom slaan jou tentjie op of slaap in Ragab se huis, maar moet dit nie misloop nie.
Dit kos R80, vir jou lêplek, lekker kos en baie pret!
Vrydag, 21 Oktober vanaf 17:30 tot Saterdag, 22 Oktober om 12:00.
Inskrywingsvorms by Tannie Adell en die kerkkantoor.
NIEU-BETHESDA UITREIK
Hiermee bedank ons elkeen van ons gemeente en nie-gemeentelede vir die mildelike bydraes ten bate van ons uitreik. Ons is hier weg met ‘n honderd gebreide uiltjies, klere, boeke, klei, rugsakkies, heerlike padkos(te veel om op te noem) en lekker bederf pakkies vir Ds Charl en sy gesin. Ons span het BAIE hard gewerk om die sowat 180 kindertjies te bedien en die Woord te leer, maar ons weet elke sent en kilometer was weereens die moeite werd. Dankie dat julle saam met ons Christus se hande en voete in Nieu-Bethesda was.
Kom luister gerus vanaand tydens die aanddiens, na wat die Here in ons en die inwoners se harte kom doen het.
ALGEMEEN
FAMILIENUUS
Alle bydrae tot die familienuus moet asb die kerkkantoor teen 6 November bereik.
KOORFEES
Hiermee word u hartlik uitgenooi na die koorfees op Woensdag, 19 Oktober om 09:00 in die kerksaal. Toegang is R20.
GEMEENTE BASAAR – OLIFANTTAFEL
Maak skoon u huis van alle onbenullige goed wat rondstaan en bring dit gerus na die kerkkantoor vir ons Olifanttafel tydens ons gemeente basaar of kontak Suzanne Fabricius by 072 244 3931 vir verdere navrae.
G-VOUCHER
Daar is `n Voucher projek vergadering op 20 Oktober om 18:00 in die Konsistorie. Almal wat betrokke is of op een of ander manier betrokke wil wees, se teenwoordigheid sal waardeer word.
DEPRESSIE EN ANGSONDERSTEUNINGSGROEP
Hoe ervaar ons “man-wees” en “vrou-wees” in vandag se Suid-Afrika? Hoe verstaan en aanvaar ons ook die diversiteit van menslike liefdesverhoudings? Hierdie en ander vrae word onder die soeklig gebring wanneer Luc Scheepers die onderwerp van Gender en Seksualiteit aanbied. Hierdie sensitiewe onderwerp wat vandag baie relevant is, sal op Woensdagaand19 Oktober 2016 om 19:15 in dieMarthasaal bespreek word. Luc is ‘n kliniese sielkundige van die Paarl en hy leef met ‘n passie vir sy medemens. Luc se praatjie is in opvolg met verlede maand s’n wat Louis Rautenbach so mooi hanteer het. Kom luister, leer en voel saam met ons. Kontak Petro by 021 873 4688/072 709 8000 vir meer inligting.
CLIVIA PLANTJIES(GRATIS)
Danie Theart het 175 (1 jaar oud) clivia plantjies in potte wat hy aan gemeentelede wil gee(GRATIS), asook ‘n verpakte Springbok @ R600 (soos vir die Wildsfees). Bel hom by 084 517 2610 om in die volgende week af te haal(geen aflewering!)