Auto Draft

Deur : Skriba  /  November 18th, 2016

UIT DIE KANTOOR

 

LEKKER FILTERKOFFIE TYDENS AANDDIENS (nie uitnaweke)

Kom geniet `n heerlike koppie filterkoffie vanaf 18:30 in die kerk. Ons sal dit waardeer indien u `n donasie van R5 kan gee om die onkoste te dek.

 

JEUG AKTIWITEITE

KIX AFSLUITINGSPIEKNIEK

Alle maats wat betrokke was by ons KIX midweekgroepie word uitgenooi om saam te kom speel, swem en kuier op Woensdag, 23 November.  Ons vertrek om 16:00 vanaf die kerk en sal om 17:30 terug wees. Bring saam: R20, swemklere en handdoek.

 

TIENERKAMP

Daar sal `n tienerkamp (Gr8 – 12) plaasvind vanaf 2 – 4 Desember te Disakloof.  Kom chill lekker saam.  Koste beloop R400.  Ons vertrek Vrydag 08:00 en sal terug wees Sondag om 16:00.  Inskrywings sluit Maandag 28 November om 14:00 – daar is slegs plek vir 20.

 

TEKKIES EN GRAAD 7’S- JAAREINDKAMP

Ons Jaareindkamp is Vrydag, 2 Desember tot Saterdag, 3 Desember.  Ons tema:  3!

Jy gaan n matras, beddegoed, swemklere en hope energie nodig hê!  Almal wat die jaar betrokke was is uitgenooi. Kostes R50 – Inligting by Tannie Adell!

 

AANDAG GRAAD 7’S VAN 2017!

Ons hou Avontuurkamp in Montague 20, 21 en 22 Januarie 2017.  Ons tema: Merke, gereed, LEEF!  “Voorbereid vir die uitdagings van my groot jaar.”  R300 per kind.  Plek vir 20! Ons gaan swem, trekker ry en alles wat lekker is doen.

Volledige inligting by Tannie Adell!

 

ALGEMEEN

VROUEDIENSAFSLUITING

Ons vrouediensafsluiting vind plaas op Maandag 21 November om 19H00-20H00 te Bainstr 46 (Susna du Toit) – Trump wen! Die musiek mis Leonard Cohen! Fratsvloede is SA! Dinge verander om ons….MAAR ons Heiland is gebore!  Kom vier dit saam ons!

 

GEROEP TOT DIENS VIR DIE HERE?

Indien jy geroepe voel om betrokke te raak by Kinder- en jeugbediening van ons gemeente, meld asb. aan.  Vir 2017 het ons nog hulp nodig met: Peuterkerk leier, Kategete vir Junior en Senior klasse, Hulp met Midweekbediening.

Kontak Adell  by 082 925 7190, indien jy kans sien .

 

BASAAR

Die basaar inkomste tot op datum is R277 268.00 – daar is nog heelwat kontantbeloftes uitstaande.  Ons versoek dat dit asb. so spoedig moontlik by die kerkkantoor/elektronies inbetaal word.

Daar is nog maalvleis @ R60 p/kg en wors @ R70 p/kg (Wellington-Oos se resep) beskikbaar by die kerkkantoor.

 

KERSFEESPAKKIES

Die Barmhartigheidsbediening wil graag vir 18 behoeftige inwoners van Silwerkruin (10 dames en 8 mans), asook Huis Lizelle (13 dames en 2 mans) `n toiletware pakkie gee.  Enige bydrae is welkom en kan by die kerkkantoor afgegee word.  Vir verdere navrae, kontak Suzanne Fabricius by 072 244 3931 / 021 864 1122.

 

G-VOUCHER

Daar vind `n vergadering op Woensdag, 23 November van 18:00 – 19:00 op die terrein plaas.  Dit behels die beplanning vir die jaar se afsluiting (sport en aansit ete, Vrydag 23 Desember).  Benodigdhede – hoender en groente vir potjiekos, rys, broodrolletjies of bolletjies, plaatkoek/cupcake/ander koekies, lekkers, chips, koeldrank, roomys en vrugte.

 

GLASFLESSE

Ons benodig glasflesse vir volgende jaar se Wilds-en Gemeentefees en kan by die kerkkantoor afgegee word.

 

In die Nuus