Auto Draft

Deur : Skriba  /  February 3rd, 2017

UIT DIE KANTOOR

 

PREDIKANTE NUUS

Ds NJ is vanaf 14 – 16 Februarie betrokke met predikantebegeleiding te Volmoed naby Hermanus.

CLF (CHRISTELIKE LEKTUUR FONDS BROSJURES)

Brosjures oor verskeie onderwerpe is gratis beskikbaar in voorportaal van die kerk.

 

LEKKER FILTERKOFFIE TYDENS AANDDIENS

(nie uitnaweke en skoolvakansies)

Kom geniet `n heerlike koppie filterkoffie vanaf 18:30 in die kerk. Ons sal dit waardeer indien u `n donasie van R5 kan gee om die onkoste te dek.

 

KOERANTE EN PAPIERE

Bring gerus u ou koerante, papiere en karton na die Bin by die kantoor.  Ons verkoop dit ten bate van Getuienisfonds.

 

JEUG AKTIWITEITE

PEUTER-EN KLEUTER NUUS

Peuter- en Kleuterkerkmaats kom Sondae oggende saam in die Jeuglokaal(groen deur) bymekaar. Die peuterkerktannies , Marina Botha en Nina Osche sal dan met die klein maats na die Peuterkerk beweeg vir hulle les en  hulle kan daar afgehaal word. Ons benodig asb. goeie, bruikbare speelgoed vir ons Peuterkerk. Indien daar ‘n mamma is wat bereid is om vir ons groot balle speelklei(soutklei) te maak sal ons dit baie waardeer.

Navrae of indien u kan help: Kontak Adell Erasmus 0829257190

 

GR 4 – 7 KAMP

VIS & BROOD-kamp vir alle Graad 4 – 7’s!  Kom jy saam kamp?

Vrydag, 10 Februarie en Saterdag, 11 Februarie.  Dis ‘n een nag kamp in jou tent, slaap onder die sterre plaaservaring rondom die Woord van God.  Koste: R200 per kind Volledige inligting vandag by kategete beskikbaar, asook in die Sentrum by tannie Adell of maak ‘n draai by die kerkkantoor.  Alle navrae kontak Adell Erasmus

 

BELYDENISKAMP

Vind plaas té Drie Kuilen naby De Doorns van 17 – 19 Februarie.  Nodige inligting word deurgegee aan belydenisklas.  Inskrywingsvorms is beskikbaar by die kerkkantoor.

 

IMAGINE TIENERKAMP

Vind plaas vanaf 18 – 20 Maart.  Inskrywingsvorms is by skool en kerkkantoor beskikbaar.  Navrae kan gerig word aan Ds Theo van Zyl – sel 071 363 9446.

 

MUURPROP

Vind plaas op Donderdae vanaf 18:30 – 20:00 in die Sentrum en is `n geleentheid vir tieners tussen 14 en 18, (maar almal is welkom) om saam te groei, leer en God te ervaar.  Ons gaan speletjies speel, praise en worship en `n kort boodskap deel!

 

WÊRELD BIDDAG VIR VROUE

Vind plaas op Donderdag 2 Maart om 19:00 by Wellington-Oos.  Proponent Jacobie Visser is die spreker en gaan praat oor die onderwerp “My genade is vir almal”.

 

MANNE ONTBYT (WÊRELD BIDDAG VIR MANS)

Vind plaas op 4 Maart om 07:00 by die Wimpy.  Spreker: Conrad Pool, Koste is R50 p/p.  Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor en lede van gemeentebediening.

 

JONG VOLWASSENES (WERKENDES EN STUDENTE)

Die kleingroep vir jong volwassenes kom Donderdagaande om 19:00 by Van der Merwestraat 27 bymekaar.  Indien u sou belangstel om deel te vorm, kontak Nina Oberholzer by 072 888 0266.

 

KLEINGROEP VIR ENKELLOPENDES

Indien u tussen die ouderdom van 40 – 70 jaar is en belangstel om in te skakel by `n kleingroep vir enkellopendes, skakel Johan Carstens by 083 234 5703.

 

OUER-KIND BEGELEIDING KURSUS

Immergroen Ouerskapkursus word vanaf die eerste week in Februarie vir 7 opeenvolgende weke aangebied. Die kursus hanteer o.a. waardes, norme, gesagstrukture, persoonlikheid van kinders, asook dissipline en gedrag.  Dinsdag of Donderdagaande vir 2 ure. Kostes: R600 per persoon / R1100 per ouerpaar.  Sluit werkboek en persoonlikprofiele in.

Kontak Adell (0829257190) vir volledige inligting en inskrywingsvorm. Inskrywings sluit Donderdag, 2 Februarie.

 

SKILDERKUNS VIR PAASTYD

Mariëtte van Velden bied `n 2 maande skilder werkswinkel aan tydens Februarie en Maart.  Tema:  Paastyd. Die werk gaan gebruik word tydens Paas-en Pinkstertyd om `n visuele impak van die Paastema te maak saam met Woordverkondiging.  Vir verdere navrae, kontak Mariette van Velden by 079 881 6861/ 021 873 2967.

 

BEDIENINGE

Indien u leiding neem by enige bediening en u kontakbesonderhede het verander, of indien u bediening nog nie gelys is by ons, kontak Emmelina Gerber by 084 673 3296.

 

In die Nuus