Deur : Skriba / March 24th, 2017
UIT DIE KANTOOR
PREDIKANTE NUUS
Ds NJ is van 1 – 9 April 2017 met verlof.
Ds Jan is van 10 April – 14 Mei 2017 met verlof.
OGGENDDIENSTYE
Neem asseblief kennis dat die oggenddienste se tye verander vanaf 2 April 2017 na 09:30!
REFORMASIE 500
500 Jaar gelede het Martin Luther o.g.v. Rom 1: 16 – 17 besef dat ons slegs o.g.v. ons geloof in Jesus Christus deur God vrygespreek word en dat ons nie vir ons sonde kan betaal of die vryspraak verdien nie. Ons behandel ook nou die 5 solas in die wyksbyeenkomste: 1 Net geloof, 2 Net genade, 3 Net Jesus, 4 Net die Skrif en 5 tot eer van God. U sal van tyd tot tyd `n pamflet in die afkondigings ontvang met meer inligting omtrent die reformasie of hervorming.
GEBEDSGELEENTHEID
Op 22 April vind ‘n gebedsgeleentheid plaas in Bloemfontein. Aangesien almal nie daar teenwoordig kan wees nie, word hier op Wellington ook ‘n gebedsbyeenkoms deur die kerke gereël. Huidiglik is dit in die Moederkerk om 15:00.
G-VOUCHER
Dit is weer vanaf 27 – 31 Maart 2017 NG Kerk Wellington-Oos se diensbeurt by die G-Voucher projek – ons benodig die vge produkte: Hoender, Maalvleis, Wors, Aartappels, Tamaties, Brood, Blikkies groente, Gevriesde groente
KOFFIE TYDENS AANDDIENS
Daar sal vanaand geen koffie wees nie, a.g.v. die passiespel wat plaasvind.
JEUG AKTIWITEITE
DINKJEUG
Indien u `n ouer, kategeet of predikant is en hulpmiddels t.o.v. jeug soek, kan u gerus die volgende webtuiste besoek – www.dinkjeug.ngkerk.net.
GOOI EN GESELS SPELETJIE
Hierdie speletjie is spesiaal ontwerp om geloofsgesprekke tussen alle ouderdomsgroepe op `n speelse manier te laat plaasvind en kan bestel word by die Wes Kaap Jeugkantoor.
ALGEMEEN
MISS DEAF SOUTH AFRICA
Indien u enige bydraes wil maak t.o.v. Janie Visser se projek (fondsinsameling vir `n kogliêre inplanting van ‘n 5 jarige seuntjie), kan u dit in die volgende rekening inbetaal: Miss Deaf South Africa, ABSA Centurion, 9311314652, verw. DCC Janie Visser.
HERFSVREUGDE KOOR
Onthou asseblief jul afspraak, Maandag om 10:00 by die Wimpy!
WELLINGTON GEBEDSIMFONIE
Wellington se Gebedsimfonie (interkerklike gebedsgroep vir herlewing en sending) ontmoet op Sondag 26 Maart in die Martasaal, Jan van Riebeeckstraat om 3:30 nm. Dit is weer die gesamentlike vergadering met die voorbidders van Hugenote Kollege, Bybel-Media en SIM. Kom skakel asseblief ook in! Vir meer info, bel ds Attie van Wijk 082 55 7979 6.
AMOS BEDIENING
Hou `n Plaasmark ten bate van Plaasbearbeiding op 1 April op die sypaadjie onder die Spur in die Strand. Vir navrae kontak JB Wessels 083 233 4533.
PAASFEES MET KUNS
Gedurende Paasnaweek en tot Pinkster sal die kruisboodskap mbv skilderye in die kerk uitgebeeld word olv Mariette van Velden. Tydens die aanddiens van Paassondag gaan ons luister na getuienisse van mense wat die kunswerke gedoen het.
OUER-TIENERVERHOUDING
Die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus beoog om ’n studie te doen met ’n spesifieke fokus op die welstand van die ouer-tienerverhouding. ’n Moontlike wyse waarop hierdie soms delikate verhouding verbeter kan word, sou kon wees wanneer ouers en tieners saam verantwoordelikheid vir hulle verhouding neem. Die studies gaan plaasvind in Wellington, Stellenbosch, Worcester, Paarl & Franschhoek. Ouers en hulle tienerkind(ers) tussen 13 en 17 jaar wat toestemming verleen dat `n stemopname gemaak kan word van die inligting wat gedeel word, word gesoek om aan hierdie studie deel te neem. Die studies sal bestaan uit 1 tot 1 gesprekke en groepbesprekings. Indien u belangstel, kontak Me Louise v Wyk by 021 864 3593 of Louise.VanWyk@nwu.ac.za. Daar is pamflette beskikbaar in die voorportaal.
BASAAR
Indien u enige ou speelgoed of “soft toys” het wat nog in goeie bruikbare kondisie is en in u pad is, kan u dit na die kerkkantoor bring, waar Groep 5 dit gaan deel maak van die Tombola tafel.