Auto Draft

Deur : Skriba  /  September 18th, 2011

KATEGESE: Alle dooplidmate ontvang vandag ‘n dankofferkoevertjie. Die spesiale dankoffer word weer deur die dooplidmate op 25 Sept na die kerk gebring. Fondse word aangewend om die Jeugkommissie se begroting te diens.

GOD SE WIL VIR WELLINGTON-OOS: Ons wil saam luister na wat God se wil is vir ons gemeente. Die teks wat ons gebruik is Luk 10:1-11. Lees dit gerus en dink daaroor na.

MEDIESE HULPFONDSE: Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel. Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

BASAAR: U ouderling sal u besoek met ‘n lys vir ‘n kontantbydrae en ‘n lys vir produkte vir die tafels. Kom ons help mekaar om van 29 Oktober se basaar ‘n fees tot eer van die Here te maak.

GEMEENTEKONSERT: Mariëtte van Velden is die organiseerder. Skakel asb met haar by 021 873 2967 / 079 881 6861 indien u ‘n item het om te lewer.

MARKTAFEL: Die marktafel benodig dringend leë 500ml botteljies. Dit kan by die kerkkantoor afgegee word.

KOEKSISTERS TE KOOP: Koeksisters is te koop by die kerkkantoor of Suzanne Fabricius 021 864 1122 @ R10-00 per pakkie. R5-00 van elke pakkie is ten bate van Barmhartigheid in die gemeente.

BREIPROJEK: Baie dankie aan elkeen wat weer hierdie jaar op enige wyse betrokke was by ons breiprojek. Dit word opreg waardeer. Die volgende items is versprei: 20 sweetpakkies, 1 broekie, 126 truie, 55 musse, 45 serpe, 11 paar bedsokkies en 2 komberse. Dit het regtig baie vreugde in harte gebring. CV’S: Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

WERKGEWERS: Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

GELOOFSOFFERS: Hiermee % van Geloofsoffers wat ons ontvang het vanaf 1 Maart tot 31 Augustus 2011: Makhatini 40.3; Mosambiek 100+; Algemeen 42.3; Amos 95; Mbekweni 41.2; Noord-Afrika 83.3; Arbeidsbediening 100; TIW 100+; Madagaskar 80.5; Jeug 100+. Fondse ontvang, word van tyd tot tyd aan die begunstigdes oorbetaal. Die Getuieniskommissie wil lidmate hartlik bedank vir bydraes reeds ontvang, en ‘n vriendelike versoek rig dat u asb voortgaan totdat u beloftes ten volle inbetaal is teen 28 Feb 2012.

ROLSTOEL: Iemand in die ouetehuis wat beide haar bene verloor het, benodig ‘n batteryaangedrewe rolstoel. Om dit moontlik te maak, het sy 270kg plastiese goedjies waarmee broodsakkies toegebind word, nodig. Kom ons wend nog steeds ‘n spesiale poging aan om dit vir haar te help insamel. U kan dit by die kerkkantoor inhandig.

PORTERVILLE CHRISTUSFEES: Vanaf 7 – 9 Oktober 2011. Skakel die kerkkantoor vir meer inligting.

KEN EN VERSTAAN JOU 2 TOT 9-JARIGE KIND: Datum: 15 Oktober 2011. Plek: Hugenote Laerskool. Kostes beloop R350 per persoon (sluit notas, verversings en ligte middagete in). Let wel voertaal is Afrikaans. Vir navrae, skakel asb die kerkkantoor.

ARBEIDSBEDIENING WELLINGTON SAKEONTBYT: Wit en Swart? Jurianne Schreuder boer van Hopefield en spreker by Mighty Men Konferensies. Koste is R50 pp (ontbyt ingesluit). Woensdag, 28 September 2011 om 06:30 NG Noord Kerksaal. Vir kaartjies en meer inligting kontak Johan Crous (021 873 7024 / 072 289 0842) of NG Wellington-Noord kerkkantoor.

GOSPELAAND: 23 Sept 2011 om 19:00 in die Martha Saal. Kom en geniet ons plaaslike talent. Toegang vir volwassenes R30-00 en kinders R10-00.

INTERKERKLIK – DEURNAG VAN GEBED: Almal genooi. Datum: 23 Sept vanaf 18:00 tot 06:00 op 24 Sept 2011. Plek: Radio KC (2de Vloer Molco Towers Gebou) – volg aanwysings in die gang. Radio KC vier hulle 15de verjaarsdag op 24 September 2011. ‘n Spesiale Dankfees maak deel van die program uit om middernag (23 Sept).

UIT DIE BEEK 2012: Dié Bybeldagboek van ds Attie van Wijk (prys R99,95) is geskik vir jou persoonlike stiltetyd, en ook om tydens huisgodsdiens gebruik te word. Ontdek só dat die Bybel elke dag byderwets, nuut en vars is. Hierdie gewilde dagboek word nou met ‘n lekker afslag deur Bybel-Media aangebied. Koop 5 dagboeke en kry die 6de een gratis! Dit beteken 20% afslag – dit is minder as die rakprys. Beskikbaar vanaf einde September 2011. Bestel by 0860 26 33 42 of bestel@bmedia.co.za of faks na 021 873 0832.

In die Nuus