Deur : Skriba / October 23rd, 2017
BASAAR ELEKTRONIESE INBETALINGS
Ons herinner u net aan die inbetaling van die kontant wat u aan basaar belowe het.
Indien u’n elektroniese inbetaling doen vir die basaar, moet u asseblief duidelik op die verwysing sit waarvoor die inbetaling is. BV : Basaar/ brood & beskuit ens. Indien u nie seker is nie kan u gerus die kerkkantoor skakel
WIT OLIFANT TAFEL (BASAAR)
Ons soek nog baie artikels vir die wit olifant tafel. Indien u enige goeie bruikbare artikels het kan u dit by die kerkkantoor afgee.
MARKTAFEL (BASAAR)
Ons soek mense wat vir ons die volgende artikels kan maak of skenk: gevriesde bobotie, hoenderpasteie, spaghetti bolognaise, macaroni & kaas of wildspasteie. Vir meer inligting kontak vir Gerda Smit by 076 601 7921
VOORAF VLEISVERKOPE
Ons gemeentefees verkoop hierdie jaar weer heerlike vleis uit Namibië. U kan vooraf vleis bestel by kerkkantoor. Fantastiese pryse!! Vleis kan afgehaal word op Maandag & Dinsdag aand tussen 18h00 en 19h00 by die sentrum.
PRYSE:Mince @ R30 vir 500gr
Beeswors @ R35 vir 500gr
Biltong @ R55 vir 250gr
Droëwors@ R45 vir 250gr
Kerriesous & uie Sosaties @ R60 vir 4 per pak
Gedroogde beesvet en vleis @ R55 vir 250gr (Heerlik) !!!!!!!!
LIG TYDSKRIF
LiG se November-uitgawe gaan jou oë laat vonkel! Ons vra wat sukses in God se oë regtig is, en kyk wat die Bybel oor sterre sê.Nadia Beukes vertel van haar droomtoer na New York, en ons word geïnspireer deur gewone mense wat groot droom én doen.LiG vertel watter vaardighede jou kind kan aanleer wanneer hy help in die kombuis. Ons praat oor die hoekoms, moets en moenies van tienerselfdood. En vertel van ‘n vrou wat 22 jaar lank aan kleptomanie gely het. Kundiges gee ook raad vir vroue wat voel dat hulle mans nooit tuis is nie.LiG gee jou die geleentheid om stil te raak, te ontspan en jou lewe te verryk met mooi, sinvolle inhoud. LiG – vir jou en jou mens
GEEENTEFEES PROGRAM 27 & 28 Oktober
Vrydag: Saterdag:
18:00 Treinritte (Gratis) 07:30 Pretloop vanaf kerk R10 Volw/R5 Kind
19:30 Gemeentekonsert (Gratis) 09:00 Opening
Hotdogs + Koeldrank te koop 18:00 Hoenderbraai eTE
Kaartjies te koop by Kerkkantoor)
R70 vir volwassenes & R30 Kinders
KOM DEEL IN ONS FEES !!!
Jaffels, Pannekoek, Hamburgers, Brood & Beskuit, Kleinkoekies, Speletjies, Poeding,
Lekkers, Speelgoed, Marktafel, Teetuin , Grootkoeke, Gereedskaptafe;, Vleistafel,
Treinritte, Kwekery, Witolifanttafel, Craftbeer Proe (10:00-12:00)
KOM ONS BID VIR:
SIEKELYS: Margie Stemmet (Les Hug A), Dawid Lombard (Wyk 32), Mariana Geldenhuys(wyk 12), Christo Gerber (wyk 16) Rika Visagie (wyk 50), (Stephen Le Roux (wyk 23),George Marais Ammie Van Dyk (wyk 13), Hannes Lotze ,Chris Buys (Wyk 35) Tiaan Ferreira (Wyk 16)
MEDELYE:
Ons harte gaan uit na die volgende persone met die afsterwe van hul geliefde:
(Moeder)
Junanda Carstens