Auto Draft

Deur : Skriba  /  February 2nd, 2018

UIT  DIE KANTOOR

Ons wil u net daaraan herinner dat ons kerkkantoor nou weer op ‘n Woensdag aand oop sal wees tussen 17:30-18:30

KATEGESE EN PREDIKING

Vanaf 11 Maart volg ons die leesroosterteks met die prediking. Die kategeseontmoeting sluit dan aan by die Bybelgedeelte waaroor gepreek is. Ouers en kinders kan dan tuis ook verder gesels oor wat hul tydens die erediens en kategese gehoor het.

VERBLYF

Ons Jeugwerker Annelet Slazus is opsoek na ‘n 2/3 slaapkamer huisie wat diere vriendelik is. Indien iemand van iets weet kan u vir Annelet skakel by (082 337 2161)

 

VROUEKUIERAAND

Vrouekuieraand 22 Februarie 2018 om 19:00. Spreker Ds Marie Brits van Kruiskerk  Stellen-

Bosch. Die tema: Stemme wat ons lewens bepaal.

 

VROUEDIENS BESTUUR

Die vrouediensbestuur vergader Dinsdag 13 Februarie om 18:00 by Welvanpasweg 12

 

SENIOR BURGER ONTBYT

Ons nooi al ons Senior Burgers uit na ons eerste funksie van 2018. Dit is ‘n champaigne brunch, op Donderdag 15 Februarie om 10:30. Kontak asseblief vir Hetta Cloete by

(021 873 3158) of die kerkkantoor as u wil kom.

 

WERELDBIDDAG VIR MANS

 

Wêreldbiddag vir Mans: Ons nooi alle mans uit na ‘n Manne-ontbyt, Saterdagoggend 3 Maart om 7:00 by die Spur by Welgeleë Plein. Die spreker is Gerrit Coetzee van There4 Ministries. Kaartjies is R50,00 per kop en sluit ontbyt en 2 koffies in. Kaartjies is beskikbaar by Ds NJ,

Marnus Hugo en Roelof Prins.

 

Gemeente kuieraand: Die gemeente is 45jaar oud op 13 Maart 2018. Ons nooi u uit na ‘n

kuieraand om 18:00 tot 20:00 by die kerk. Kom ons kuier informeel saam rondom waatlemoen en druiwe en vier so ons verjaarsdag.

 

 

In die Nuus