Auto Draft

Deur : Skriba  /  February 19th, 2018

UIT  DIE KANTOOR

VERWELKOMING BY DIE DEURE

Ons benodig  mense/gesinne om mense by kerkdeure te verwelkom. As  u of u gesin bereid is om te help skakel asb met Susna du Toit sel : 0846641665
PREDIKANTSBEGELEIDING

NJ en Jan  is  Maandag op predikantebegeleidingskursus en NJ van Dinsdag tot

Donderdag besig met predikantebegeleiding te Volmoed , Hermanus
WYKSBYEENKOMSTE
Ons begin met ons eerste wyksbyeenkoms op 20 Februarie. Woon dit asb by en leer u wyk beter ken. U ouderling sal u kennis stel van plek en tyd.
KUIERAAND VIR DIE HELE GEMEENTE

Wellington – Oos is 45 op 13 Maart. Van  18:30- 20:00  kuier ons saam as gemeente. Ons nooi in besonder ons nuwe lidmate en intrekkers : Ons wil u graag ontmoet waar ons saam waatlemoen en druiwe gaan geniet. U is welkom om ‘n piekniekmandjie te
bring en selfs te braai. Die vure sal brand en die treintjie gaan loop vir die kinders.

 

DIE KERKKLOK
Die Kerkklok sal in die lydenstyd tot Paasnaweek gedurende weeksdae om 12:00 lui om ons te herinner om te bid en ons self voor God te verootmoedig.

KOLLEKTE TYDENS KATEGESE


Ons kinders kry die geleentheid om ook hul dankoffer tydens kategese te gee. Dit word weer aangewend vir jeugbediening.

AANDREEKS
Ons is Sondagaande besig met ‘n reeks oor die Apostoliese Geloofsbelydenis : Ek glo :

Tema:

18 Februarie: Getuienisnaweek

25 Februarie: Die Skepper van die hemel en die aarde

4 Maart: Jesus Christus, ons Here

11 Maart:                 Wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria

18 Maart:                 Gely het onder Pontius Pilatus

25 Maart: Sunfield Passiespel

1 April: Paasfees

8 April: Vakansie teks sal nog deurgegee word

15 April: Wat opgestaan het uit die dode en opgevaar het na die hemel

22 April: Van waar Hy sal kom om te oordeel

29 April: Ek glo in die Heilige Gees

6 Mei: Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk

13 Mei: Pinkster

20 Mei: Lofprysingsdiens

27 Mei: Die gemeenskap van die heiliges

3 Junie: Die vergewing van sondes

10 Junie: Die opstanding van die vlees

17 Junie: En ’n ewige lew

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

In die Nuus