Auto Draft

Deur : Skriba  /  March 2nd, 2018

 

MODERAMEN

Dii  Jan en NJ is Woensdag en Donderdag by die Moderamenvergadering te Stellenberg.

KUIERAAND VIR DIE GEMEENTE

Op 13 Maart is die gemeente 45. Ons wil dit vier deur 18:30 – 20:00 saam te kuier. Daar sal heerlike waatlemoen en druiwe wees om te geniet. Ons nooi veral ons nuwe lidmate uit, sodat ons mekaar beter kan leer ken. Die treintjie sal ook gratis loop vir die kinders.

WELKOM AAN NUWE LIDMATE:

Sakkie & Annaleen Muller                                     Zandberg Kamfer

Wikus & Lizaan Van der Merwe                            Westley Collinson & Teresa Theunissen

Stephan & Nicolise Wessels                                 Nicoline Viljoen

Sakkie & Suzette Theunissen

Pierre & Mardha Van Rensburg

Annelet & Ettiene Snyman

 

MOSLEM-TOERUSTINGSGELEENTHEID

Dr Andreas Maurer ,skrywer van die boek “ask your muslimfriend”kom rus ons toe en leer ons om vriendskappe met moslems te bou.

Datum: 5&6 Maart

Plek: 5 Maart by die kleinsaaltjie Paarlvallei Gemeente

6 Maart by Christ Church Paarl

Tyd:  19:00

 

DIE KERKKLOK
Die Kerkklok sal in die Lydenstyd tot Paasnaweek gedurende weeksdae om 12:00 lui om ons te herinner om te bid en ons self voor God te verootmoedig.

GEMEENTEROEI

Ons vra dat die groep wat gaan roei op 2 April 2018 sal agterbly na vanaand se

erediens. Daar is nog plek beskikbaar vir diegene wat graag saam wil gaan roei.

KOSTE
R3490 per volwassene;
R2990 per kind (Graad 12 en jonger)
Die koste sluit in:
– kampering op die eerste in die basiskamp;
– alle etes van aandete op die dag van aankoms tot ontbyt op die dag van vertrek (drinkgoed en peuselgoed uitgesluit)
BESPREKING
– die deposito van 1050.00 per persoon
– die vorms en bewys van betaling moet ge-epos word na info@amanzitrails.co.za. Bevestiging van jul bespreking gaan dan ge-epos word saam met ‘n lys van benodigdhede en aanwysings na die basiskamp.

Kontak die kerkkantoor  vir inskrywingsvorm. (021 8732690)

 

BEHOEFTE:

Ons wil graag kombuiskaste verskaf aan behoeftige mense wat dit nie het nie. Indien u dalk het kan u die kerkkantoor skakel.

 

In die Nuus