Auto Draft

Deur : Skriba  /  March 14th, 2018

WELLINGTON  –  OOS WORD 45  –  KUIERAAND

Kom vier saam die gemeente se verjaardag op Dinsdag 13 Maart vanaf 18:30 -20:00. Ons gaan saamkuier met druiwe en waatlemoen met die doel om mekaar beter te leer ken. Ons nooi in besonder al ons nuwe lidmate om saam met ons te kom kuier. Die treintjie sal ook gratis loop vir ons kinders.

 

DIE KERKKLOK
Die Kerkklok sal in die Lydenstyd tot Paasnaweek gedurende weeksdae om 12:00 lui om ons te herinner om te bid en ons self voor God te verootmoedig.

 

DONDERDAG  29 MAART  –  AANLOOP TOT GOEIE VRYDAG

Drie vertonings van skilderye wat die visuele boodskap “Duister tot Lig”, begelei met ‘n klankbaan van gedigte en musiek uitbeeld, open 29 Maart om 18h00 in NG-Oos Wellington. Die vertoning duur ‘n uur.  Die tweede vertoning begin 19.10 en die derde vertoning begin 20.20 en duur tot 21.20. Mense kan kom en gaan op eie tyd.  Die vertoning kan moontlik deur die Paasnaweek herhaal.

Aangrypende uitbeeldings deur die geskiedenis oor die wêreld heen, van oorloë en groot rampe tot jubelende gebeure word vertoon. Die klem val op Christus, die Middelaar, Redder, Versoener en Heiligmaker deur die eeue heen.Toegang is gratis. Daar sal ook ‘n houer wees vir bydraes om die onkoste te dek. Navrae kontak Mariëte Van Velden / 0798816861

 

 

 SPELETJIES: GROEP 5

Indien u enige ou speelgoed en klere het wat nie meer in gebruik is nie ,sal ons dit so vreeslik waardeer indien u dit aan ons kan skenk ten bate van die basaar. U kan vir Lara Smith kontak by  0725996840

 

POEDINGTAFEL: GROEP 6

Ons wil graag n verkoping van tweedehandse klere en huisraad hou ten bate van die basaar se poedingtafel. As jy dalk enige iets het wat jy nie gebruik nie en kan afstaan, bring dit asseblief na die kerkkantoor of kontak Amanda Anker by 0823271102 of 021 873 7263.

Byvoorbaat baie dankie.

 

MAKHATHINI  –  UITREIK

Ons het ‘n uitreik na Makhathini 23-30 Junie 2018. Ons gaan fokus op die versorging van sendelinge, tentveldtog by Ophansi (Jeuguitreik), kraalbesoeke in namiddae, instandhoudingswerk en begeleiding van Sorgwerkers (fisies en emosioneel). Enige persoon is welkom om saam te kom. Kostes is R1500-00 per persoon. Kontak vir Ds Jan.

 

 

DIE LIG

 

Meer oor die April-uitgawe: R38.80

 

Ons gesels met Rina Hugo oor haar loopbaan en haar huwelik van byna 50 jaar. En hoor Hykie Berg se inspirerende storie waar hy Jesus se liefde gesien en gevoel het.Ons gee raad oor hoe om met jou kind oor geweld in die Bybel te praat, en wat jy kan doen om jou kind se geestelike gawes te ontdek.Lees die verhaal van ‘n vrou wat deur haar kuns genesing vind, en ‘n gewone man wat die wêreld verander deur stories voor te lees.Ons wonder ook oor genadedood, en wat ‘n gelowige daarvan moet dink.

 

 

In die Nuus