Deur : Skriba / October 2nd, 2011
MATRIEKETE: Vind plaas op Woensdag 12 Oktober om 19:00. Indien jy nog nie ‘n uitnodiging ontvang het nie, kontak asb die kerkkantoor.
VERLOF: Ds Jan is met verlof vanaf 3 – 6 Oktober en ds NJ vanaf 6 – 9 Oktober. Suzanne Fabricius is met verlof v/a 30 September tot 9 Oktober. Philip de Villiers los af as koster – kontak hom gerus gedurende hierdie tyd by 021 873 2934 / 082 979 2685.
MEDIESE HULPFONDSE: Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel. Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.
BASAAR: Dankie vir u bydraes en ondersteuning. Kom ons maak dit ‘n fees tot eer van die Here.
GEMEENTEKONSERT: Mariëtte van Velden is die organiseerder. Skakel asb met haar by 021 873 2967 / 079 881 6861 indien u ‘n item het om te lewer.
BASAAR POEDINGTAFEL: As iemand bereid is om te help met die maak van poeding (bestandele sal voorsien word), kontak asb Veronica Basson 021 864 8600 (W) / 021 864 3895 (H) of 084 664 3895.
CV’S: Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.
WERKGEWERS: Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.
“VOUCHER PROJEK” OF KOEPONSTELSEL: Die Paarl is besig met ‘n projek waar mense koepons koop om vir haweloses te gee wat op hul beurt dit gebruik om kos te kry. Persone wat bereid is om te gaan leer hoe dit werk om dit later hier in Wellington toe te pas, kan skakel met Jacques Heyns 021 872 1179 / 083 872 9626 of Franci Malan 021 872 1179. Verdere navrae by ds NJ of ds Fanie Marais van Moedergemeente.
SKOENBOKS PROJEK: Vir meer inligting rondom hierdie projek wat by kinderhuise betrokke is, skakel Gerhard Visagie 083 406 0796.
DS ERIC BERNARDO: Ds Bernardo is nou gekoppel aan die gemeente Agter-Paarl.
SILWERKRUIN Sê DANKIE: Namens die inwoners van Silwerkruin ‘n opregte woord van dank aan lidmate wat finansiële bydraes gemaak het wat aangewend kon word om losiestekorte van behoeftige inwoners mee aan te vul. Dit dra by tot gemoedsrus vir die inwoners sowel as die bestuur. Wees verseker van ons opregte waardering vir u meelewing en betrokkenheid.
PORTERVILLE CHRISTUSFEES: Vanaf 7 – 9 Oktober 2011. Skakel die kerkkantoor vir meer inligting.
THE SOUND OF MUSIC : Wellington Produksiehuis bied vanjaar die baie gewilde verhoog- produksie aan. Dit word vervaardig deur Johann Enslin en hy hanteer ook die musikale regie. Die baie bekende sanger, Niël Rademan hanteer die regie en Ignatius van Heerden is die choreograaf. Die Amerikaanse dirigent, Garrett Martin gaan die volgrootte simfonieorkes dirigeer saam met die 300 stuk massakoor. Captain Von Trapp sal gespeel word deur André Weideman en die rol van Maria deur Marlie Kock. Die 30 stuk cast is elk briljant in hul rolle! Datums: 11 Oktober (Spesiale voorvertoning vir skoolgroepe) en 13 -16 Oktober om 20:00 (16 Oktober het ook ‘n 15:00 vertoning). Kaartjies is beskikbaar by: Musiklood (Paarl), Write Shoppe (Wellington) of elektronies by tickets@wellingtonproductionhouse.co.za
PLEISTERS VIR DIE SIEL: Ons dorp is so geseënd om besoek te ontvang van die bekende spreker van RSG, ds Riekert Botha. Kom geniet ‘n koppie koffie/tee en verversings saam met ons. Datum: Saterdag, 5 November 2011. Plek: NG Kerk Wellington-Noord Kerksaal. Tyd: 10h00. Prys: R50.00 per persoon. Kaartjies beskikbaar by ons kerkkantoor.
WILLISTON-STROOIDAK-FEES 2011: Vrydag en Saterdag 14 en 15 Oktober 2011 net langs die Strooidak-kerkgebou. Vir meer inligting kontak asb Kobus of Annette Jooste van Williston by 072 255 4313 of Attie du Plessis van Strooidak by 082 452 8253. Strooidak se kerkantoor 021 872 4396 of 021 872 5384.
VERKOSE KERKRAADSLEDE 2011 – 2012:
Ouderlinge:
Uitsig-Suid – André Gilliland
Groenberg – Kobus le Roux
Diakens:
Wyk 8 – Johan du Plessis
Uitsig-Suid – Melanie Aylward
Dienswerkers:
Blouvlei – Helmien van der Merwe
– Jacques van Zyl
BEDIENING AAN DIE JODE: Bid asb vir ds Francois Wessels en me Cecilia Burger wat na Jode uitreik met die evangelie, asook vir die Messiaans-Joodse gemeente Beit Ariel in Kaapstad. Messiaanse Jode is Jode wat glo dat Jesus die Messias en Here is, dit wil sê Christen-Jode. Beit Ariel gemeente het Joodse en nie-Joodse lidmate. Beit Ariel hou eredienste, vier Joodse feeste en leef hulle geloof uit vanuit die perspektief dat die Messias reeds gekom het en weer kom.
STRAATWERK: Straatwerk is ‘n Christen organisasie wat uitreik na mense in nood in Kaapstad. Ons reik o.a. uit na: vroue vasgevang in prostitusie (en hulle kinders), hawelose mense en diegene wat betrokke is in die nagklubkultuur van ons stad (dwelmhandelaars, mans betrokke in prostitusie, nagklubgangers, ens). Ons hoofdoel is om die Goeie Nuus van Jesus Christus met hulle te deel en om hulle te help hoe ookal moontlik (kos, klere, basiese medeise hulp, krisisverblyf) Met Projek OPRUIM / Jesus Saves word hawelose mense ‘n geleentheid gebied om ‘kontant in die hand’ te verdien en met die Waardevol vir Jesus Veldtog is ons poging om voor komend op te tree teen prostitusie, pornografie en misbruik.