Auto Draft

Deur : Skriba  /  November 2nd, 2018

 

NUUT VERKOSE KERKRAAD

Baie geluk aan die volgende Kerkraad wat verkies is:

VAT 5 LEIERS :Tinus Broodry,Gordon Johnston, John Smith, Du Toit Fourie,

Ronél Van Wyk

 

VERTEENWOORDIGERS VIR DIE VOLGENDE GROEPE:

 Senior Burgers:  Jannie Fourie

Jongvolwassenes:  Nicole Rautenbach

Manne:  Herman Le Roux

Vroue:  Antonette O’ Ehley

BEDIENINGE

 Gemeentebediening:  Roelof Prins

Diensteverhouding:  Pé Marais

 Eiendomme:  Drikus Kotzé

 Finansies:  Pieter Du Toit

 Getuienis:  Ryk Van Velden

 Omgee:  Peter Colling

 Jeug:  Kobus Oosthuizen

VROUEBEDIENING:  Karen Van As

                

                                 VAT 5 VERTEENWOORDIGERS

Baie dankie aan almal wat bereid is om ‘n VAT 5 verteenwoordiger te wees. So kan ons meer mense wees wat minder doen. Indien daar nie VAT 5 verteenwoordigers in u wyk is nie, wil ons u nooi om verantwoordelikheid te neem vir net 4 mense in u wyk. Kom ons stel belang in mekaar en gee om vir mekaar. Jesus sê mos as julle mekaar liefhet ,sal die mense weet dat julle my dissipels is ( Joh 13:35). As die Here met u hieroor praat, skakel asb met u ouderling/diaken/kerkkantoor of predikant.

 

DIE BYBEL@KINDERS

Nuwe uitgawe!!!! Die Bybel is nou teen halfprys te koop net vir gemeentelede en kerke

Die Bybel@kinders bevat die Ou en Nuwe Testament in ʼn taal wat kinders verstaan. Dit is ideaal vir voorlees, maar tog is die taal so maklik dat dit net reg is vir selflees ook. Aan die begin van elke boek is daar ’n kort inleiding wat die opsomming van die inhoud gee, om dit maklik en verstaanbaar te maak.Die Bybelboeke is ook in korter dele ingedeel met ’n opskrif wat mooi verduidelik waaroor die spesifieke deel gaan.Die sinne is lekker kort en lees maklik omdat eenvoudige woorde gebruik is. Indien u belangstel bestel voor 25 November by kerkkantoor.

 

SAVE THE DATE”

Dit is alweer die tyd van die jaar waar ons vroue lekker gaan saamkuier om die jaar af te sluit. Hou die volgende aand oop vir ons lekker kuier!!!

Donderdag 15 November 19:00

 

BEROEP VAN MEDELERAAR

‘n Pre Advieskommissie bestaande uit die Diensteverhoudinge en Dagbestuur (Pe Marais – voorsitter, Herman le Roux ,Daan Agenbag, Roelof Prins, Jaco Breedt, Lappies Labuschagne en predikante) en gekoöpteerde lede( Margaux Reitsma, Suzan Wust, Ronel van Wyk en Pieter du Toit) is deur die kerkraad aangewys om die proses  te bestuur. ‘n Advertensie verskyn in die Kerkbode vanaf 16 November en lidmate kry ook die geleentheid om name van predikante te nomineer by die kerkkantoor. Die genomineerde predikante sal in kennis gestel word en hulle kan dan reageer deur hul CV  te stuur. Uit al die name van
aansoekers en genomineerdes word ‘n kortlys van 3 persone (tesame met al
die ander name) aan die kerkraad voorgelê. Die kerkraad kies/ beroep dan
die medeleraar. Ons sal sal u as gemeente op hoogte hou van die proses.
Die voorlopige advertensie sal Sondag na kerk ter insae wees vir kommentaar.

VLEISVERKOPE

Wors, maalvleis, sosaties, patties en kaasworsies is nog te koop in die sentrum Dinsdag 06 November vanaf 17:30-18:30. Daar sal ook vandag na die erediens vleis te koop wees in die sentrum.

 

BASAARNABETRAGTING

Almal wat insette wil lewer oor die afgelope basaarnaweek en plaasmark is welkom Dinsdagaand 06 November om 18:00 in die konsistorie.

 

GROOT BYBELPROMOSIE

Geldig vanaf 1 November – 31 Desember 2018 terwyl voorraad hou. Die Bybels te koop in verskillende tale en die mooiste omhulsels en voorblaaie. Indien u belangstel kontak die kerkkantoor vir verdere inligting.

 

WIT OLIFANTTAFEL VERKOPE

NB:  Die Wit Olifanttafel se artikels sal op Saterdag 10 November vanaf    08:00-11:00 te koop wees onder die bome voor die           kerk. 

 

 

In die Nuus