Auto Draft

Deur : Skriba  /  October 9th, 2011

MEDIESE HULPFONDSE:  Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

BASAAR:  Dankie vir u bydraes en ondersteuning. Kom ons maak dit ‘n fees tot eer van die Here.

 

GEMEENTEKONSERT:  Mariëtte van Velden is die organiseerder.  Skakel asb met haar by 021 873 2967 / 079 881 6861 indien u ‘n item het om te lewer.

 

BASAAR MANNETAFEL:  Indien u goeie, bruikbare items het, bring dit asb na die kerkkantoor of Hennie Engelbrecht (Fouriestraat 6) of Nico van Zyl (Dorisrylaan 49).

 

BASAAR POEDINGTAFEL:  As iemand bereid is om te help met die maak van poeding (bestandele sal voorsien word), kontak asb Veronica Basson 021 864 8600 (W)  / 021 864 3895 (H) of 084 664 3895.  Hulle benodig ook leë 2L roomysbakke wat by die kerkkantoor afgegee kan word.

 

BASAAR KAFEE:  Skakel asb Obie Prins 021 864 3253 / 082 566 7867 indien iemand kan help met die bak van jaffles die dag van die basaar.

 

FAMILIENUUS KWARTAALBLAD:  Artikels vir die laaste kwartaal se Familienuus kan weer aan Christa van Rooyen of die kerkkantoor gestuur word voor Maandag 24 Okt. Christa se epos adres is christa@safj.co.za en telnrs 021 864 1644 (h) / 084 948 1644.

 

MANNEBYBELSTUDIEGROEP:  Almal wat belangstel in ‘n mannebybelstudiegroep op ‘n weeksaand, skakel asb vir Buks Oberholzer 082 377 7705 of ds NJ.

 

CHRISTELIKE LEKTUURFONDS:  Nuwe publikasies beskikbaar – Die Huwelik, Gestuurdes, Ek is … waardevol en Geseënd is die vredemakers.  CLF beskik ook oor ‘n reeks gratis pamflette spesiaal vir gemeentes met temas soos Nagmaal, Dankoffers, Begrafnis, Wederkoms en vele meer.  Kontak hulle by 021 873 6964.

 

CV’S:  Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS:  Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

“VOUCHER PROJEK” OF KOEPONSTELSEL:  Die Paarl is besig met ‘n projek waar mense koepons koop om vir haweloses te gee wat op hul beurt dit gebruik om kos te kry.  Persone wat bereid is om te gaan leer hoe dit werk om dit later hier in Wellington toe te pas, kan skakel met Jacques Heyns 021 872 1179 / 083 872 9626 of Franci Malan 021 872 1179.  Verdere navrae by ds NJ of dr Fanie Marais van Moedergemeente.

 

SKOENBOKS PROJEK:  Vir meer inligting rondom hierdie projek wat by kinderhuise betrokke is, skakel Gerhard Visagie 083 406 0796.

 

THE SOUND OF MUSIC :  Wellington Produksiehuis bied vanjaar die baie gewilde verhoog- produksie aan.  Dit word vervaardig deur Johann Enslin en hy hanteer ook die musikale regie.  Die baie bekende sanger, Niël Rademan hanteer die regie en Ignatius van Heerden is die choreograaf.  Die Amerikaanse dirigent, Garrett Martin gaan die volgrootte simfonieorkes dirigeer saam met die 300 stuk massakoor.  Captain Von Trapp sal gespeel word deur André Weideman en die rol van Maria deur Marlie Kock.  Die 30 stuk cast is elk briljant in hul rolle!  Datums:  11 Oktober (Spesiale voorvertoning vir skoolgroepe)  en 13 -16 Oktober om 20:00 (16 Oktober het ook ‘n 15:00 vertoning).  Kaartjies is beskikbaar by:  Musiklood (Paarl), Write Shoppe (Wellington) of elektronies by tickets@wellingtonproductionhouse.co.za

 

WILLISTON-STROOIDAK-FEES 2011: Vrydag en Saterdag 14 en 15 Oktober 2011 net langs die Strooidak-kerkgebou.  Vir meer inligting kontak asb Kobus of Annette Jooste van Williston by 072 255 4313 of Attie du Plessis van Strooidak by 082 452 8253.   Strooidak se kerkantoor 021 872 4396 of 021 872 5384.

 

MANNE VIR CHRISTUS:  Die spreker by die vlg byeenkoms op Donderdag 13 Oktober 2011 om 19:30 is Johan Carstens van Opus i-Dei Marketplace Ministries in Johannesburg.  Die venue is by die plaas D’Olyfboom in die Paarl (voorheen bekend as Le Joubert).   Sang word gelei deur Nic Slabber.  Vir verdere inligting skakel die kerkkantoor.

 

BERADINGS- EN BEVRYDINGSKURSUS:  21 – 23 Okt te Hoërskool Gimnasium deur Pieter en Helené Theron.  Kontak:  Amada Naudé  078 132 7407 / 021 872 6284 of Karen Stemmet 084 5728 639  /  kstemmet@gmail.com vir verdere inligting.

 

VERKOSE KERKRAADSLEDE 2011 – 2012:

Ouderlinge:         Uitsig-Suid     –           André Gilliland

                              Groenberg      –           Kobus le Roux

Diakens:              Wyk 8               –           Johan du Plessis

                              Uitsig-Suid      –           Melanie Aylward

Dienswerkers:    Blouvlei           –           Helmien van der Merwe & Jacques van Zyl

In die Nuus