Deur : Skriba / January 26th, 2018
JEUG
Die graad 4-7 kamp: 9-11 Februarie vind plaas te Bergkroon (oppad na Bainskloof)
Kostes: R400
Belydeniskamp: 16-18 Februarie te Langebaan: Vir enige navrae kan u vir Ds Jan Grobbelaar kontak: 021 872 2347 / 084 585 3531
Pa & Kind Kamp: 23-25 Februarie te Jamaka in die Cederberge.
Kostes: R50 per kop. Navrae kan gedoen word by Wouter Viljoen by (0828027209)
#Imagine Kamp 6-8 April @ Bredasdorp
#Imagine is ‘n landswye beweging met die missie om jongmense (Gr.7-12) te bemagtig om hulle roeping in Suid-Afrika uit te leef. Hierdie jaar se mikpunt is om 3000 tieners by die feesgeleetheid 6-8 April in Bredasdorp bymekaar te kry om saam as jongmense ‘n verskil in die wêreld te maak.
Kostes: Tieners = R 570 en Volwassenes/groepleiers = R600
Meer inligting sal volg nader aan die tyd. Besoek gerus die webtuiste imaginemovement.co.za of kontak vir Annelet vir meer inligting.
PEUTER EN KLEUTERKERK
Indien jy ‘n liefde vir jong woelwaters het, kontak gerus vir Annelet om betrokke te raak by die Peuterkerk (0-2jaar) en Kleuterkerk(3-5jaar). Ons kort nog ‘n paar vrywilligers om so elke derde week ‘n diensbeurt te neem.
KAIROS KURSUS
Ryk van Velden bied weer vanjaar die lewensveranderende Kairos kursus vanaf 30 Januarie vir 9 byeenkomste in Wellington aan. Hierdie kursus gee ’n Bybelse, kulturele en strategiese oorsig hoe God individue en gemeentes inskakel by sy werk in die wêreld, hier plaaslik tot onder alle volke. Deelname aan die kursus is ’n geestelike belegging. Indien jy wil inskryf, kontak R van Velden (0828574368) of die kerkkantoor.
WEEK VAN VERNUWING VIR VOLWASSENES
4-7 Februarie : Die dienste sal gelei word deur prof Marius Nel van die Kweekskool Stellenbosch.
TEMAS
4 Februarie 2018: Sondagoggend – Handgemaak deur God
4 Februarie 2018: Sondagaand – Handgemaak vir ‘n tyd soos nou
5 Februarie 2018: Maandag – Handgemaak vir liefde
6 Februarie 2018: Dinsdag – Handgemaak vir wysheid
7 Februarie 2018: Woensdag – Handgemaak vir diens
In die aande is daar ook ‘n reeks vir laerskoolkinders wat deur Annelet Slazus aangebied sal word.