Deur : Skriba / September 7th, 2018
JEUG
Kinder/Jeugdankoffer 16 September
Sondag 16 September is kinder/jeugdankoffer dag. Maak deur die week tyd om met jou kind(ers) te gesels oor hoekom ons ekstra gled vir die kerk gee. Moedig hulle aan om van hulle eie geld Sondag saam te bring en in te gooi. Gaan loer gerus by http://www.onsglo.co.za/2017/03/06/4-dankbaarheid/ vir ‘n gedeelte wat julle as huisgeloof of selfs in persoonlike Bybelstudie kan gebruik.
Gr.1-3 Oorslaap Kamp 19-20 Oktober
Is jy reg vir baie lag, speel en gesels? Skryf dan in vir die Gr.1-3 oorslaap 19-20 Oktober by die kerksaal. Bring jou tent, matras en beddegoed en kom kuier lekker saam. Kostes beloop R50 per kind. Inskrywingsvorms is beskikbaar by Ds. Annelet of by die kerkkantoor
Movie en Milkshake Aand Vrydag 14 September
T.b.v. Smartstart hou ons ‘n fliekaand! Moet dit nie mis nie. 17:45-19:45 is dit fliektyd vir Gr.1-6. Kostes is R40 wat insluit pizza, milkshake en popcorn. Bespreek jou plek teen Vrydagoggend 14 September om 12:00 by Annelet deur jou naam, graad en allergië te whatsapp na 082 337 2161 sodat daar genoeg pizza bestel kan word.
Gr.7-12 se fliektyd is 20:00-22:00 en kostes beloop R15 vir milkshake en popcorn.
Navrae: Kontak Annelet by 082 337 2161
Middelburg Tiener Uitreik 1-6 Oktober
Snoekfees en Wildsfees is al bekende terme in die gemeente. Hierdie jaar neem ons dit
‘n stappie verder en gaan op ‘n Jeuguitreik na
Middelburg. Het jy ‘n hart vir kinders en wil ander jongmense ook bemagtig om die kinders in hulle dorp te bedien? Kom dan saam op die uitreik! Dis 6 dae van ver pad, baie eet, lekker lag, min slaap, groot verskil maak en Jesus se liefde deel! Kostes beloop R 550 per persoon (Borgvorms en Donasies is beskikbaar) Vir vorms en meer inligting, kontak
Ds. Annelet.
Smartstart September
Smartstart fokus op die vroeë kind ontwikkeling van 3-4 jariges in die armste areas van ons land deur werklose vroue op te lei om kleuterskole by hulle huise te begin. Alhoewel hierdie vroue opleiding het oor hoe om kinders te help ontwikkel om sodoende elke mylpaal te bereik, is hulle hulpbronne om dit te doen baie beperk. Die jeug van NGK Wellington-Oos wil graag ‘n verskil maak by hierdie groepe en tydens die maand van September gaan hulle verskeie
projekte loots.
Gee en doen lysie vir die week:
14 September: Movie en Milshake aand. 17:45-19:45 Gr.1-6.( Koste beloop R40. Dit sluit in 2 stukke pizza, popcorn en ‘n milkshake) 20:00-22:00 Gr.7-12 (R15 vir popcorn en milkshake)
Waslappe
Papier waarop slegs eenkant gedruk is
Borg ‘n tiener gedeeltelik vir die fietstoer.
Navrae: Kontak gerus vir Ds. Annelet of Eureka Smit