Auto Draft

Deur : Skriba  /  August 11th, 2017

ALGEMEEN
BASAAR WIT OLIFANT TAFEL

Ons soek asseblief goeie, bruikbare artikels vir die Wit Olifant tafel. Die artikels kan by die kerkkantoor afgegee word of kontak Suzanne Fabricius by:
021 864 1122 / 072 244 3931

BASAAR 28 OKTOBER
Wat ‘n voorreg is dit vir ons om te sê dat ons ‘n baie hulpvaardige gemeente het. Dankie aan die wat reeds hul name opgegee het om te help by die Basaar en sommer baie dankie by voorbaat aan die wat nog hul name gaan opgee. Ons benodig nog heelwat mense asseblief. Hoe meer siele hoe meer vreugde!!!! Vul asseblief u naam in by die tafel waar u wil help.U kan by enige tafel volgens u keuse help of bydra.By elke deur van die kerk is ‘n lys geplak of jy kan jou naam by die kerkkantoor opgee. Ons is ook opsoek na iemand wat die weg sal sien om ons uit te help met die koeldrankverkope die Vrydag en Saterdag.

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES
Ons alweer besig om Kerskaartjies vir die gevangenes in Hawequa en omliggende gevangenissete maak wat hulle aan hulle geliefdes kan stuur oor die Kerstyd. Hulle voel gewoonlik baie uitgesluit en alleen oor die feestyd as al hul familielede bymekaar kan wees en hulle nie.Ons sal baie bly wees indien u kan help om ‘n kaartjie of twee te maak – dit kan op enige eenvoudige manier gemaak word en probeer dit versier deur eie inisiatief te gebruik. Bid asb. terwyl u ‘n kaartjie maak vir die gevangene wat dit gaan kry sowel as hulle geliefde aan wie dit gestuur gaan word, dat hulle deur die kaartjie, Jesus se liefde sal ervaar.Ons sal ook dankbaar wees vir koeverte en seëls saam met elke kaartjie of as u nie ‘n kaartjie kan maak nie.(Kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 77 49039)

HELMIEN VAN DER MERWE FONDS
Op 18 Augustus bak die Voortrekkers Maalvleis boepensbroodjies (jaffles) om geld in te samel vir tannie Elmien van der Merwe se mediese onkoste t.o.v haar kogliere inplanting. Die koste is R15 per jaffle op vooraf bestelling en kan vanaf 17:30 tot 19:00 afgehaal word by Wamakersvallei Voortrekkers. Bestellings kan geplaas word by Marinda Ehlers 0828520665 of marinda.ehlers@pioneerfoods.co.za teen 16 Augustus 2017

BASAAR TOMBOLA TAFEL
Indien u enige bruikbare speelgoed het wat nie meer `n plekkie in die huis het nie, kan u dit gerus by die kerkkantoor afgee vir ons tombola tafel tydens die basaar.
UIT DIE KANTOOR

WEEK VAN GEBED
Vanaf 28 Augustus – 3 September het ons ‘n week van gebed in die hele Drakenstein gebied en Franschoek. Ons bid vanjaar vir Geestelike ontwaking van die kerk , Redding van siele en Sosiale herstel.

DIENS VAN BARMHARTIGHEID
Die gemeente fokus jaarliks gedurende Augustus op Barmhartigheid. U Diaken/Dienswerker sal vir u ‘n koevert bring waarin u ‘n bydrae kan maak vir die Alimantasiefonds(vir mense in nood). Die fonds word aangewend vir kospakkies, krag en finansiële nood van gemeentelede. Maandelikse bydraes word ook gemaak aan die ACVV, Silwerkruin en die dienssentrum. Op 27 Augustus kan u die koevert (u bydrae )kerk toe bring. Baie dankie vir al die bydraes, finansieel en ook voorraad vir die noodkas. Dankie aan elkeen wat help met die brei van sokkies, mussies, truitjies en kombersies, Dit word opreg waardeer.

40 DAE: 6 AUG – 10 SEPT
Ons gaan 6 Donderdae preek oor die Solas (1) Net geloof,(2) Net genade, (3) Net Jesus,(4) Net die Skrif (5) tot eer van God (6) om gestuur te wees) en dit in kleingroepe bespreek. Boekies sal beskikbaar wees met dagstukkies. Daar sal weer geleenthede in die kerk gereël word vir mense wat nie deel van `n kleingroep is nie. Ons wil gemeentelede aanmoedig om in hierdie tyd nuwe kleingroepe te vorm. Skakelpersoon is Pieter du Toit (083 638 9823)

WILDSFEES (25&26 Augustus0
DIS FEES IN WELLINGTON!!!!!!

Vrydag 25 Augustus: 14:00 – 21:00. Wildsvleis Verkope
Daar sal stalletjies in tent en op terrein wees vir klein en groot.
Saterdag 26 Augustus: 8:30 Plaasontbyt @R60, Wintervrolikheid, Stalletjies tot 14:00
Saterdag Aand: Steak ete @ R100. Kaartjies is beskikbaar by kerkkantoor.
Vir stalletjies reël met Roné Sills (062 053 3114). Bring u vriende en familie!!!!
Huisvesting van Middelburgers -Danie Theart (084 517 2610)
NAVRAE: Tinus Broodryk (082 920 22900) & Danie Theart (084 517 2610)

BUSSIE PROJEK
Skaapstertjies – R65 per pakkie , Skilpadjies – R50 per pakkie, Wilds-patti’s – R45 per pakkie,Skoongemaakte droë bokkoms – R20 per porsie by die kerkkantoor te koop, ten bate van bussie projek. Skakel Tinus Broodryk (tel no 082 920 2290) vir verkope na ure.

VKO (Vroeë Kind Ontwikkeling)
Die volgende behoeftes is geidentifiseer deur Nal’i Bali (VKO):
• Papier vir kinders om te teken
• Leesboekies vir klein kinders – Afrikaans, Engels en Xhosa
• Tydskrifte
Kontak persoon is Emmalina Gerber: 084 673 3296

WELLINGTON GEBEDSIMFONIE
Die Gebedsimfonie (Gebedsgroep vir herlewing en sending) ontmoet weer op Sondag 13 Augustus om 3:30 nm by Eerste Laan 22 om saam te bid vir ons gemeentes en sendelinge. Vars gebedsonderwerpe sal beskikbaar wees. Bring jou eie ook saam. Vir meer inligting, skakel Attie van Wijk (082 557 9796)

In die Nuus