Auto Draft

Deur : Skriba  /  November 6th, 2017

ALGEMEEN

Hartenbos Chill Kamp (1-3 Desember)

Lekker ontspannende naweek by die see, met geestelike pitkos in die oggend en die aand. Inskrywings by kerkkantoor: R500 (deposito van R100 voor of op 15 November betaalbaar).

Navrae:  Ds NJ Van As of Theo Van Zyl ( 071 363 9446)

 

Kerskaartjies vir mense in gevangenes.

Die Sentrum gaan Vrydag 17 November tussen 14:00-17:00 oop wees vir enige iemand wat ’n kaartjie of 5 wil kom maak vir ons Kerskaartjie projek. Daar sal baie papier en kunsvlyt items beskikbaar wees om die kaartjies te maak. Al wat jy hoef te skenk is jou tyd. Kom loer in en maak ’n kerskaartjie, al is dit net vir 15 minute.

 

Kategese afsluiting:  Maandag 4 Desember om 18:30

(Ons wil graag dankie sê en julle van interessante inligting voorsien)

 

JEUG

Tienerselafsluiting:  Sondag 19 November om 17:30

Bring en Braai24 November 18:00 (Tienersel)

 

Gr.R-7 Koffiekroeg en Kerskaartjies Vrydag 17 November

Hou jy van kuier, koffie (Hot Choclate of koeldrank) en Kersfees? Kom kuier saam met ons in die Sentrum op 17 November 17:30 -19:30. Ons gaan lekker saam kuier en speletjies, maar ons fokus gaan wees om Kerskaartjies te maak vir mense wat in die tronk is. Dis altyd belangrik dat ons dink aan mense wat alleen en verstote voel, veral oor Kerstyd. Die gevangenes kan d.m.v. hierdie kaartjies vir hul geliefdes ietsie stuur oor Kersfees, sodat die mense by die huis nie van hulle vergeet nie, maar bo alles dat ons en hulle ook nie van Jesus se liefde vir alle mense vergeet nie.

 

Gr.4-7 Kuierkamp 1-3 Desember

Die Tekkies en # groep nooi alle Gr.4-7 om saam met hulle te kom kamp op Hermanus 1-3 Desember. Op hierdie Kuierkamp gaan ons tonne pret hê, lekker kuier en sommer net die jaar saam vier. Inskrywingsvorms is aanlyn beskikbaar op Facebook of kontak vir Annelet by 082 337 2161

 

 

 

In die Nuus