Auto Draft

Deur : Skriba  /  February 19th, 2018

ALGEMEEN

VROUE AFSKOP

Donderdag 22 Februarie 18:30 vir 19:00 by Perfect Place. Spreker is Ds Marê Brits van die Kruiskerk Stellenbosch. Die tema: “Stemme wat ons lewens bepaal.”

Toegangsfooi: Enige nie bederfbare produkte ten bate vir ons eie koskas. Kom

geniet ’n heerlike goedvoel kuieraand wat ons geestelik sal voed.

 

WERELDBIDDAG VIR VROUE

Vrydag 2 Maart 09:00 in die sentrum. Die diens sal gelei word deur Prop Annelet Slazus. Die Tema is:” Hoe wonderbaar is U skepping

Iets koel vir die keel sal na afloop van die diens bedien word.

 

WIT OLIFANT TAFEL

Ons begin hierdie jaar vroeg bymekaar maak vir die wit olifant tafel. Indien u enige

onbruikbare items het wat net in u pad staan of wat u nie meer gebruik nie, kan u dit vir ons kom afgee by die kerkkantoor. Enige iets is welkom. Van ’n teelepel tot ’n Porche. Dankie vir u wonderlike bydrae elke jaar. Vir enige navrae kan u vir Mariska by die kerkkantoor skakel.

 

 SPELETJIE: GROEP 5

Indien u enige ou speelgoed en klere het wat nie meer in gebruik is nie ,sal ons dit so vreeslik waardeer indien u dit aan ons kan skenk ten bate vir die basaar. U kan vir Lara Smith kontak by  0725996840

 

POEDINGTAFEL: GROEP 6

Ons wil graag n verkoping van tweedehandse klere en huisraad hou ten bate van die basaar se poedingtafel. As jy dalk enige iets het wat jy nie gebruik nie en kan afstaan, bring dit asseblief na die kerkkantoor of kontak Amanda Anker by 0823271102 of 021 873 7263. Byvoorbaat baie dankie.

 

DEPRESSIE & ANGSONDERSTEUNINGSGROEP

Dit is met groot vreugde en opgewondenheid wat ek hierdie kennisgewing stuur. Ons eerste vergadering van 2018 is op Dinsdagaand 20 Februarie om 19:15 in die Marthazaal, Wellington. Dr Fanie Marais is ons spreker en sy onderwerp is Leef oplettend : 25 skilderye. Fanie is ‘n kunstenaar van formaat  en ‘n mensekenner! Hy weet beslis weet hoe om met mense te werk.

Kom drink heerlike vrugtesap, luister na ‘n interessante onderwerp en gaan met vreugde huis toe. Kontak my indien jy meer wil weet. Onthou, die deure staan oop vir almal, dis nie net vir depressievegters nie.

021 873 4688

072 709 8000

Petro

DIE LIG:  Meer oor die Maart-uitgawe:

Ons ry saam op ‘n boeke-bus wat hoop vir kinders bring. En vertel van ‘n ouma wat deur haar seun se dood en haar eie kanker steeds sê: “God is goed!”

Hanna Grobler en Liza Brönner vertel dat hul vriendskap ‘n seën van God is. Predikant, Jaco Strydom inspireer ons om te lééf soos ons glo.

Vir ouers is daar uitstekende raad oor hoe om vir jou kind ‘n emosionele woordeskat aan te leer; oor die verhouding tussen jou en jou kind se onderwyser; en hoe om jou tiener met jou te laat praat.

Ons ondersoek hoe om depressie by bejaardes te hanteer. En kyk wat God se idee met die huwelik is.

Lees ook van hoopgewers deur die geskiedenis, en van Jesus – ons “Lewende hoop”.

JEUG

Pa & Kind Kamp: 23-25 Februarie te Jamaka in die Cederberge.

Kostes: R50 per kop. Navrae kan gedoen word by Wouter Viljoen by (0828027209)

 

#Imagine Kamp 6-8 April @ Bredasdorp

#Imagine is ‘n landswye beweging met die missie om jongmense (Gr.7-12) te bemagtig om hulle roeping in Suid-Afrika uit te leef. Hierdie jaar se mikpunt is om 3000 tieners by die feesgeleetheid 6-8 April in Bredasdorp bymekaar te kry om saam as jongmense ‘n verskil in die wêreld te maak.

Kostes: Tieners = R 570 en Volwassenes/groepleiers = R600

Meer inligting sal volg nader aan die tyd. Besoek gerus die webtuiste imaginemovement.co.za of kontak vir Annelet vir meer inligting.

Februarie, is daar geen kategese daardie Sondag nie.

 

Hulp by Midweek Kinderbediening

KIX,Tekkies en #’s is Woensdae weekliks volstoom aan die gang. Die Gr.1-3 groep kom 16:00-17:00 bymekaar en die Gr.4-7 groep vanaf 17:30-18:30. Ons kort ‘n paar hande wat om die beurt elke derde week te help om hierdie groepe aan te bied. Indien jy belangstel, kontak gerus vir Annelet by  082 337 2161 of anneletslazus@gmail.com

******************

Makhathini-uitreik:

Ons het ‘n uitreik na Makhathini 23-30 Junie 2018. Ons gaan fokus op die versorging van sendelinge, tentveldtog by Ophansi (Jeuguitreik), kraalbesoeke in namiddae, instandhoudingswerk en begeleiding van Sorgwerkers (fisies en emosioneel). Enige persoon is welkom om saam te kom. Kostes is R1500-00 per persoon. Kontak vir ds Jan.

HAM:

Huis Andrew Murray vier hulle 120ste bestaansjaar. Op Saterdag 24 Februarie 2018 om 08:00 tot 16:00 is daar ‘n verjaarsdagpartydjie op HAM se sportvelde. Ons gemeente is verantwoordelik vir hamburger verkope. As u bereid is om te kom help met die verkope kontak asb vir Suzanne Fabricius (0722443931) of die kerkkantoor.

 

KINDERHUIS INKOPIE DAG

Die jaarlikse Kinderhuis (Huis Mopanie) inkopie dag word gehou op Vrydag 2 Maart. Twaalf kinders word vergesel deur gemeentelede wat hulle bystaan met hulle aankope. Ons fondse is baie beperk en ‘n beroep word gedoen op gemeentelede vir ‘n finansiële bydrae om die fondse aan te vul. Indien u ‘n bydrae wil maak kontak asseblief vir

Ansa Oosthuizen by (082 562 3604). Baie dankie.

  HANDGEMAAK—REEKS

Die “handgemaak” reeks is op powerpoint by die kerkkantoor beskikbaar vir diegene wat dit dalk sou wou hê. Kontak Mariska by kerkkantoor. Dit is die reeks wat gehou is vanaf Sondag 11 Februarie tot en met Woensdag 7 Februarie.

 

In die Nuus