Deur : Skriba / March 2nd, 2018
BYBELSTAP
WOENSDAG 7 MAART 2018
Ons begin 17:30 regoor Hugenote Laerskool stap om die perdeskoen ten bate van
Bybelverspreiding. Koste is R25 om ’n Bybel te borg. ’n Paar mense kan ook saam ’n Bybel borg. Mense wat die roete voltooi het, kry ’n medalje. Die tekkies stap ook saam. Tekkies kry
mekaar regoor Hugenote of 17:15 by die Sentrum.
SPELETJIES: GROEP 5
Indien u enige ou speelgoed en klere het wat nie meer in gebruik is nie ,sal ons dit so vreeslik waardeer indien u dit aan ons kan skenk ten bate van die basaar. U kan vir Lara Smith kontak by 0725996840
POEDINGTAFEL: GROEP 6
Ons wil graag n verkoping van tweedehandse klere en huisraad hou ten bate van die basaar se poedingtafel. As jy dalk enige iets het wat jy nie gebruik nie en kan afstaan, bring dit asseblief na die kerkkantoor of kontak Amanda Anker by 0823271102 of 021 873 7263.
Byvoorbaat baie dankie.
JEUG
#Imagine Kamp 6-8 April @ Bredasdorp
#Imagine is ‘n landswye beweging met die missie om jongmense (Gr.7-12) te bemagtig om hulle roeping in Suid-Afrika uit te leef. Hierdie jaar se mikpunt is om 3000 tieners by die feesgeleentheid
6-8 April in Bredasdorp bymekaar te kry om saam as jongmense ‘n verskil in die wêreld te maak.
Kostes: Tieners = R 570 en Volwassenes/groepleiers = R600
Meer inligting sal volg nader aan die tyd. Besoek gerus die webtuiste imaginemovement.co.za of kontak vir Annelet vir meer inligting.
NB: Ons wil graag volwassenes saamneem wat ons kan help. Indien u wil saamgaan, skakel vir Annelet of Ds NJ Van As.
Makhathini-uitreik:
Ons het ‘n uitreik na Makhathini 23-30 Junie 2018. Ons gaan fokus op die versorging van sendelinge, tentveldtog by Ophansi (Jeuguitreik), kraalbesoeke in namiddae, instandhoudingswerk en begeleiding van Sorgwerkers (fisies en emosioneel). Enige
persoon is welkom om saam te kom. Kostes is R1500-00 per persoon. Kontak vir Ds Jan.
JONG VOLWASSENES
Ons hou Woensdagaand, 7 Maart ’n sosiale byeenkoms met ’n speletjies aand. Almal is baie welkom.
Plek: Wellington Oos jeug sentrum
Tyd:19:00 vir 19:30
Kontak persoon: Nicole Rautenbach / 082 761 7192