Auto Draft

Deur : Skriba  /  September 14th, 2018

JEUG

Gr.1-3 Oorslaap Kamp 19-20 Oktober

Is jy reg vir baie lag, speel en gesels? Skryf dan in vir die Gr.1-3 oorslaap 19-20 Oktober by die kerksaal. Bring jou tent, matras en beddegoed en kom kuier lekker saam. Kostes beloop R50 per kind. Inskrywingsvorms is beskikbaar by Ds. Annelet of by die

kerkkantoor

Middelburg Tiener Uitreik 1-6 Oktober

Snoekfees en Wildsfees is al bekende terme in die gemeente. Hierdie jaar neem ons dit ‘n stappie verder en gaan op ‘n Jeuguitreik na Middelburg. Het jy ‘n hart vir kinders en wil ander jongmense ook bemagtig om die kinders in hulle dorp te bedien? Kom dan saam op die uitreik! Dis 6 dae van ver pad, baie eet, lekker lag, min slaap, groot verskil maak en Jesus se liefde deel!  Kostes beloop R 550 per persoon (Borgvorms en Donasies is beskikbaar) Vir vorms en meer inligting, kontak Ds. Annelet.

 

In die Nuus