Deur : Skriba / November 23rd, 2018
BEROEPING VAN MEDELERAAR
Lidmate kan ook predikante nomineer by die kerkkantoor.
Gee naam en besonderhede (gemeente, selfoon,eposadres ens)
en u naam deur aan die kerkkantoor of aan margaux@ulumahr.co.za
NG GEMEENTE WELLINGTON–OOS
VAKATURE : VOLTYDSE MEDELERAAR
Die NG Gemeente Wellington-Oos stel hiermee, in biddende afhanklikheid van God, ‘n vakature bekend vir ’n geskikte aansoeker om as voltydse medeleraar in die gemeente te kom dien.
Gemeenteprofiel: Die gemeente is geleë in die skilderagtige en vinnig groeiende Bolandse dorp Wellington. Die gemeente is 45 jaar oud en bestaan uit ongeveer 1400 belydende lidmate en 400 dooplidmate. Twee voltydse leraars, bygestaan deur ʼn vastetermyn-leraar(internskap) verantwoordelik vir kinder- en jeugbediening, sien om na die geloofsgemeenskap. ‘n Sterk familie en missionêre gerigtheid, ondersteun deur die visie en missie, dring lidmate om ‘n verskil in die wêreld te maak. Die gemeente is in ʼn proses van bedieningsvernuwing waar dissipelmakende kleingroepe die kern vorm van geestelike formasie asook missionale betrokkenheid binne die gemeenskap en in die res van die wêreld.
Ons visie: Wellington-Oos is ʼn Geesvervulde gemeente wat, saam met ander, vir Jesus in die wêreld volg.
Ons missie: Om mense aan Jesus te bind, om mense aan mekaar te bind en om onder leiding van die Gees ‘n verskil in die wêreld te maak.
Leraarsprofiel:
Artikel 9 van die kerkorde word beskou as die vertrekpunt vir die taakomskrywing.
Verantwoordbare en aktiewe betrokkenheid binne die gemeenskap om lidmate te begelei tot hul missionale identiteit in die gemeenskap;
Dinamies en vaardig om ‘n gemeente in ‘n tyd van bedieningsvernuwing te lei;
Sterk onderleg in pastorale versorging;
Lidmate toe te rus deur die bevordering van dissipelmakende prosesse;
Ywerig om saam met ander God se koninkryk in Wellington te dien;
Passievol oor Christus, sy kerk en dinamiese woordverkondiging;
Spanspeler wat gemaklik met mense van verskillende ouderdomsgroepe kan omgaan.
Vergoeding: Pakket volgens sinodale aanbeveling. Verkieslik kerf 6-8. Pastorie is beskikbaar.
Aansoeke: U aansoek moet ʼn volledige CV en minstens 3 referente met kontaknommers insluit. Stuur asseblief u aansoek per e-pos aan: Margaux Reitsma by margaux@ulumahr.co.za
Sluitingsdatum: 4 Januarie 2019
Diensaanvaarding: Verkieslik 1 April 2019
Navrae: Mnr Pé Marais (voorsitter van Pre-advies) – Selnommer 078 710 1353
(Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak uit die beskikbare aansoeke nie.)