Auto Draft

Deur : Skriba  /  January 18th, 2019

BAIE DANKIE

Ons wil net graag baie dankie sê vir al die kategete wat bereid  is om ons die jaar te help ons waardeer dit opreg baie. Ons het genoeg kategete vir die jaar en ons sien vreeslik baie uit daarna om die jaar saam met julle te werk.

BYBELSTUDIE KONSISTORIE

Ons is ‘n klein groupie gelowiges wat dit geniet om die Bybel te bestudeer. Tans is ons besig met ide boek Daniël. Ons nooi ander gelowiges om by ons aan te sluit. Almal is welkom. Ons leier is Dr Eddie Orsmond.

NUWE INTREKKERS / LIDMATE

Baie welkom aan al die nuwe lidmate en intrekkers. Skryf asb u naam in die nuwe

intrekkersboek in die voorportaal sodat ons u kan besoek. Ons nooi u om saam met die predikante , ander nuwe lidmate en kerkraadslede te kuier in Die Sentrum op 28 Januarie om 19:00

VAT 5 ERS

Ons wil graag al die vat 5ers aan die gemeente bekendstel met die Oggenddiens op

27 Januarie. Na die diens drink die vat 5ers saam sap in die Sentrum.

JONGVOLWASSENE KLEINGROEP

Kleingroepe is veilige ruimtes waar mens groei, saam gesels oor jou uitdagings en sommer net ‘n tuiste vind saam ou en nuwe vriende. Ons nooi graag alle jong volwassenes om vir Annelet te whatsapp (082 337 2161) as hulle by so ‘n groep wil aansluit.

 DOOPKURSUS

‘n Doopkursus word aangebied op Dinsdagaande om 18:00 vanaf 19 Februarie – 5 Maart in die ou jeuglokaal (lokaal vir peuters) in die binnehof vir voornemende doopouers(ook die wat net swanger is) en wat in die verlede nie die kursus kon bywoon nie.

BYBELSKOOL (MOEDER)

Daar is Woensdag 6 Feb 10:00 die oggend en 18:30 die aand ‘n Bybelskool in die

Gemeentesentrum van Moedergemeente. Die Tema : Die boek Daniël. Almal welkom.

DISSIPELSKAPKURSUS

Van 14 Februarie gaan ons  Donderdagaande om 19:00 wandel in die Woord n.a.v. tekste wat vir ons meer vertel oor hoe ons Jesus kan volg. Vandaar ons tema:

Volg Jesus

 

 

 

In die Nuus