Auto Draft

Deur : Skriba  /  February 22nd, 2019

JEUG

Gr.4-7 Kategese Kamp 1-3 Maart @ Wemmershoek

Merk solank die datum! Leer solank vooruit! Maak seker dat jy daardie naweek oophou, want jy wil beslis nie die Gr.4-7 kategese kamp mis nie. Kostes beloop R400p/p en ons gaan heerlik saam kuier by Wemmershoek. Inskrywingsvorms is op Facebook of die kerkkantoor beskikbaar. Kontak gerus vir Ds. Annelet vir navrae.

 

#Imagine 29-31 Maart Bredasdorp

Kan julle dit voel? Die #imagine brander is op ons, en hierdie jaar gaan ons dit vang met groot gees. 4 Feeste oor Suid-Afrika, 10 000 jong mense met ‘n hart wat Jesus wil volg, is jy ook deel van hierdie groep wat ‘n verskil wil maak in Suid-Afrika? Kom sluit aan by die samekoms van duisende Suid-Afrikaanse tieners vir ‘n naweek van lofprysing, lewensverrykende toerusting, en die opbou van ’n beter Suid-Afrika vir almal!

Enige iemand van enige gemeente is welkom. Kostes is R450 p/p. Dit sluit kos en toegang in. Bring jou tent saam of deel met vriende.

#Imagine is ook nie net ‘n beweging vir jonger mense nie, maar ‘n beweging wat fokus om die hele gemeente in te sluit en saam die pad te laat stap. Vir elke 10 tieners wat gaan, moet daar een groepleier, ouer as 18, saam gaan. Volwassenes kan inskakel as groepsleiers, vrywilligers of omgeespan. Kostes is R450 p/p.

Kontak gerus vir Annelet by 082 337 2161 as jy wil saam kom, of as die Here dit op jou hart druk om iemand vir hierdie fees te borg.

 

Fliekaand vir die Jong Klomp 8 Maart 

Geniet ‘n aandjie uit saam met jou geliefde en kom laai die kinders af by die fliekaand. Kostes is R50 p/p en dit sluit Pizza en koeldrank in.

Bespreek jou plek teen 7 Maart by Annelet deur haar te whatsapp by 082 337 2161 met die naam, ouderdom en allergieë van jou kind(ers).

Hoe werk dit:

2jaar – Gr.6/7: 18:00-20:00

Gr.7/8 – Gr.12: 20:00-22:00

Daar sal hierdie keer spesiale voorsiening getref word vir die jonger klomp vanaf 2 jaar.

Bring jou vriende en kom kuier lekker saam.  

 

In die Nuus