Deur : Skriba / April 5th, 2019
#IMAGINE TERUGVOERING
#imagine is nie net sommer nog ‘n kamp nie. Dis ‘n beweging wat die jong mense van Suid-Afrika inspireer en bemagtig om te droom, glo en doen. Die afgelope naweek het
ongeveer 6500 tieners regoor Suid-Afrika bymekaar gekom vir die jaarlikse #imagine fees. 35 Tieners uit Wellington het die Wes-Kaapse fees bygewoon. Tydens die fees het ons weereens ontdek hoe elkeen van ons ‘n unieke geloof, lewe en stryd – storie het en hoe God IN ons storie is en DEUR ons storie werk. Ons uitdaging is om saam met ander gelowiges ‘n NUWE storie te skryf en so God se Koninkryk uit te brei. Wellington, hou hierdie spasie dop, want hierdie jong mense is reg om ‘n groot verskil te maak in Suid-Afrika. Baie dankie vir elkeen wat op ‘n manier bygedra het tot hierdie fees, finansieĆ«l,
met gebed of deur dinge te leen vir die feesgangers.