Deur : Skriba / September 7th, 2018
Gebedsbulletin 9 September 2018
“Hy wat nie sy kruis dra en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie. Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind”. Matt. 10:38 & 39
Sondag: Verootmoediging: Dink maar net bietjie na oor die bostaande teks wat u so goed ken. Bid daaroor terwyl u u lewe opnuut aan die Here wy.
Maandag: Aktualiteite van die dag: Grondkwessies kom dadelik in die gedagte
op – natuurlik is dit aktueel en vir sommige angswekkend. Lees eers Ps. 24: “Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en die wat daar woon, alles behoort aan die Here”. Na nadenke bid ons uit Ps. 25: “Maak my u wil bekend, Here, leer my u paaie”. Ja, in die kwessies, leef ons onder ons God se beskerming en leiding.
Dinsdag: Reën: Hoe bevoorreg is ons dat ons nie meer hoef te smeek vir reën nie en boonop val die reën ook op plekke waar dit nog baie droog was. Foto’s van sneeu, groen koringlande, geel canolalande en van asemrowende blommeprag doen die rondte. Ons het genoeg rede om ons God te dank vir uitkoms, vir verhoring van gebede en sommer net vir die voorreg om Hom te ken. Ps. 22: “U het my gebed verhoor! Ek sal tot eer van u Naam getuig in die gemeente, U in die volle vergadering prys”.
Woensdag: Geloofsoffers: Hierdie is ’n baie belangrike deel van ’n dankbaarheidslewe, wanneer jy die Here vertrou om jou in staat te stel om geloofoffers te bring. Lees weer opnuut die brosjure oor die getuienis projekte waarby die gemeente betrokke is en vra die Here tot watter mate Hy u sal toerus om daar betrokke te raak. “Wie op hierdie manier vir Christus dien, geniet die guns van God en die agting van mense”. Rom 14:17 – 19
Donderdag: Nuwe Bedieningstrukture: Die Kerkraad is in die proses om nuwe bedienigstrukture vir die gemeente te beplan. Dit is ’n enorme uitdaging en ons vertrou op die Here om die proses te lei, rigting te gee, toe te rus na behoefte, insig, wysheid en die krag om dit deur te voer tot verheerliking van sy Naam. Bid asseblief saam met ons! “Die Here bepaal ’n mens se koers; hoe sal ’n mens weet waarheen hy moet gaan?” Spr. 20:24
Vrydag: Geestelike Leiers: Dank die Here vir geestelike leiers wat die Woord van die Here bestudeer en dit onder die leiding van die Heilige Gees suiwer verkondig. Bid dat Jes 55:11 werklik waar sal word; “So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.”
Saterdag: Lofprysing “Groot en wonderlik is u dade, Here God, Almagtige. Reg en
betroubaar is u optrede, Koning van die nasies. Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? U alleen is heilig!” Openb 15:3
Saterdag: Lofprysing “Groot en wonderlik is u dade, Here God, Almagtige. Reg en
betroubaar is u optrede, Koning van die nasies. Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? U alleen is heilig!” Openb 15:3