ARBEID IN SUID-AFRIKA

Deur : Skriba  /  August 27th, 2014

Die langdurige onrus op arbeidsgebied het die ekonomie van ons land ernstig geknou.  Derduisende werksure het verlore gegaan, die voorsiening van staal vir groot en belangrike projekte het groot tekorte en verliese voortgebring.  Ons bid:  “Here, Almagtige en ontsagwekkende God, u dade is groot en wat U doen getuig van trou en reg, al u voorskrifte is gegee in trou en regverdigheid.  Laat u dade ook rustigheid bring op arbeidsgebied in Suid-Afrika.  Handel asb so dat u Naam geëer sal word.”

In die Nuus