ARBEIDSBEDIENING
Deur : Skriba / October 23rd, 2011
Ons dink aan die kosbare werk wat Arbeidsbediening in ons dorp en nasionaal doen en bid vir hulle werk. Bid vir Johan Crous hier in Wellington wat die werk koördineer – daar is meer as vyftig besighede wat een of meer kere per maand besoek word. Bid ook vir arbeidsverhoudinge tussen bestuur en werkers sodat dit hartlik en in ‘n gees van samewerking sal wees. Die tweede deel van ons aanhefteks lui ” ….. want Hy (die Here) wou ‘n geleentheid skep.”
Nota: Kom ons sê net iets oor gebed – 1 Tim 2:1-7 “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, ….” Gebed is ‘n gees tot gees gesprek en smeking is ‘n emosionele soebat – onthou dit asb wanneer u bid (vir alle mense).