Bybelverspreiding/Sending
Deur : Skriba / December 14th, 2014
Ons is geskok deur die dood van die Groenewalds in Afghanistan. Dit is waarvan die Here Jesus gepraat het toe Hy gesê het: “In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” Hierna het Hy gebid vir sy dissipels en vir ons. Kom ons volg sy voorbeeld en bid vir die verspreiding van Bybels en ander geestelike literatuur en dat sy oorwinning oor die hele aarde sigbaar sal word. “En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor.” Matt 24:14