DWELMHANDEL IN WELLINGTON
Deur : Skriba / March 12th, 2014
Dwelmhandel neem kommerwekkend toe in Wellington en omgewing. Die onlangse suksesse in die opsporing van versteekte dwelms is te danke aan publieke samewerking. Kom ons bid dat die gemeenskap hierdie praktyke nie verder sal duld nie en dat die polisie groter sukses sal hê in die bekamping van dié euwel. “Nie een van ons nie, U Majesteit, maar die profeet Elia daar in Israel kan vir die koning in Israel vertel selfs wat u in u slaapkamer sê.” 2 Kon 6:12