Ekonomie
Deur : Skriba / October 21st, 2011
Ons hoor van besighede en instansies wat gebuk gaan onder erge ekonomiese druk. Mense verloor hul werk en baie ander kry glad nie weer werk! Kom ons bid en vra die Here om te help waar mense in nood verkeer en vir sy leiding in die verband. Kom ons lees Ps 34 in hierdie verband. “As die regverdigers om hulp roep, hoor die Here hulle en red hy Hy hulle uit al hulle benoudhede”. Ps 34 : 18