FAMILIES
Deur : Skriba / September 11th, 2013
Huishoudelike geweld is besig om drasties toe te neem in ons land. Die tragiese gesinsmoorde van die afgelope tyd gryp mense aan die hart. Dit is veral mans wat geweld pleeg en daar is baie druk op mans. Ons bid dat God deur sy Gees ‘n pad sal oopmaak en uitkoms sal gee. Bid ook vir huweliksberaders wat die situasies moet ontmoet en ontlont. “maar as julle deur die Gees ‘n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe.” Rom 8:13