GEBEDSBULLETIN
Deur : Skriba / April 20th, 2016
Woensdag: Werksoekers in Suid-Afrika. Daar is omtrent 5,3 miljoen werklose volwassenes in Suid-Afrika. 41% van hulle soek al vir 3 jaar en langer werk. Kom ons volhard in voorbidding vir werkloses, bid ook dat die wat werk het, goeie rentmeesters sal wees van wat aan hulle toevertrou word en dat werkskepping in die ekonomie sal slaag. “Ek is die Here, God van alle mense. Is iets vir My onmoontlik?” Jer. 32:26